Skip to content

Glossary

Originally compiled by Anna Böeseken and Con de Wet, revised and edited by Helena Liebenberg (2004).

A

a costi, ook costi, costij: daar, by u, op die plek; waarheen die brief gerig is.

a deposito: sien deposito.

a droiture: sien adroiture 1.

aam: vogmaat met ’n inhoud van vier ankers of ongeveer 150 liter (vroeër veral as wynmaat gebruik); houtvat met ’n inhoud van ongeveer een aam.

aanbesteding: handeling van toevertrou of ter beskikking stel.

aanbesterven: deur erfenis iemand se eiendom word, erf.

aangestoken: bederf, verrot, deur insekte gesteek.

aangestokene: bedorwe, verrotte.

aangetogen: aangehaal.

aangetogene: aangehaalde.

aangieren: van die rigting waarin beweeg word afwyk en in ’n skuins rigting naderkom, met ’n draai naderkom (veral skepe en perderuiters).

aanhoogen: grond opvul en daardeur tot die vereiste hoogte bring.

aankanten: wederstrewig wees teen ’n persoon of om te probeer om sy handelinge te verhinder; ’n saak probeer verhinder.

aankleven: verbonde wees aan, vasgeheg aan; behorende tot; geheg of verknog wees aan, getrou bly aan (persone); geheg bly aan, nie afstand doen van; eie aan iemand (karaktertrekke).

aanlangen: doel bereik; aangee.

aanloden: kuslyn, sandbank of rotsrif met ’n skip nader, terwyl voortdurend peilings geneem word.

aanlopen: duur; voortgaan; in stryd wees met.

aanneemer: iemand wat homself verbind om ’n bepaalde werk te verrig of sekere goedere te lewer; iemand wat ’n bestaan maak deur openbare werk onder kontrak te verrig.

aanpart: aandeel.

aanransen: aanval.

aanschikken: laat toekom, besorg; gereed maak, toerus, inrig.

aansetter 1: sien aanzetter 1.

aansetter 2: sien aanzetter 2.

aansien: ten aansien: aangesien.

aanslaan: in besit neem, aanvaar.

aanspreeker: iemand wat die oorledene se familie en vriende na die begrafnis nooi en belas is met alle reëlings vir die begrafnis.

aanstaan: kontraktueel as besit of reg of vir gebruik aanvaar.

aanstaan: pacht aanstaan: aanhou.

aansteeken: bederf.

aanstel: aanstel maken: aanstaltes maak, voorbereidsels tref.

aantogen: iemand tot jou aantrek; iets vir jou neem, toe-eien; klere aantrek.

aantuijging: plegtige betuiging of verklaring.

aanvat: onderneming.

aanwrijven: iemand se goeie naam beswadder of beklad; iemand iets aanwrijven: iemand iets ten laste lê.

aanzetter 1, ook aansetter 1: iemand wat ’n ander tot verset opstook; opstoker, aanhitster, opruier.

aanzetter 2, ook aansetter 2: lang stok wat aan een punt van ’n silindervormige houtklos voorsien is en waarmee die lading in die kanonloop ingedruk is.

aarduijn: sien arduin.

ab- en dependentien: sien ap- en dependentien.

ab executione: uit wraak, uit weerwraak.

ab intestato: sonder testament na te laat.

abandoneeren: prysgee, afstand doen van, laat vaar, verlaat.

abbordeeren: aanklamp, aan wal kom, aanlê.

aboleeren: afskaf, ophef, intrek, tot niet maak, uitdelg.

abominabel: afskuwelik, verfoeilik.

abondance: sien abondantie.

abondantie, ook abondance, abundantie: oorvloed.

abrogeeren: ophef, afskaf.

absent: afwesig, verstrooi.

absenteeren: verwyder, wegvoer; verlaat, ontruim; zich absenteeren: wegbly van ’n plek waar jy teenwoordig behoort te wees.

absenten: afwesiges.

absentie: afwesigheid.

absolutie: kwytskelding van straf; vryspraak.

absolveeren: vryspreek, kwytskel van.

absterreren: afskrik.

absurt: ongerymd, dwaas, sot, onverstandig, onnosel.

abuijs: vergissing, dwaling, misvatting.

abundantie: sien abondantie.

abuseren: mislei.

abusive: op ’n vergissing berustende, verkeerde, onjuiste.

abusivelijk: by vergissing, per abuis.

acceptatie: aanname, aanvaarding.

accepteeren: aanneem, aanvaar; wissel accepteeren: jou tot betaling van ’n wissel verbind.

acces: toegang; toegangsweg, toegangstrook; siekte-aanval.

accijs: tol.

accioneeren: regtelik teen iemand optree.

accomodement: huisvesting, bediening.

accompagneeren: vergesel, begelei.

accoord, ook accord: korrek, juis; ooreenstemming; ooreenkoms, skikking, vergelyk, reëling.

accord: sien accoord.

accordeeren: in ooreenstemming bring met; ooreenkom; toestaan, inwillig, toestem.

accresseeren: aangroei, aanwas, toeneem, vermeerder.

accressentie: vermeerdering, toename.

accrocheeren: aanhaak, aanhang, verhindering in iets bring; waar aan dese verschillen sigh accrocheeren: waaraan hierdie verskille toegeskryf moet word.

accuratesse: noukeurigheid, stiptelikheid.

accusatie: beskuldiging, aanklag.

accuseeren: beskuldig, aankla.

achterdeel: nadeel, ongunstige omstandigheid.

acquiesceeren: inwillig, berus, toestem, goedkeur.

acquireeren: kry, verwerf, aanskaf; iets jou eie maak, in besit van iets kom.

acquit: kwitansie, bewys van ontvangs.

acquiteeren: kwytskel, voldaan.

actioneeren: geregtelik teen iemand optree.

actueel: werklik, wesenlik.

actum: aldus gedaan.

ad eodem: aan dieselfde persoon.

ad idem: tot dieselfde.

ad interim: inmiddels.

addresseeren, ook adresseeren: adresseer; iemand na ’n sekere persoon verwys; jou persoonlik of skriftelik tot iemand wend.

adelborst: onderoffisier van lae rang; jong vrywilliger wat op ’n skip diens geneem het om die seemansvak te leer.

adherent: aanhanger, medestander.

adhibeeren: byhou, bybring, aanwend.

adhorteren: aanmaan.

adij: hede, vandag.

adjude: toewysing by ’n vonnis; tot adjude van: ter ondersteuning van.

adjunctive: verbonde, verenigd.

adjungeeren: as helper toevoeg.

admissie: toelating; verlof, vergunning.

admitteeren, ook atmitteeren: toelaat, aanneem, toegang verleen.

adresseeren: sien addresseeren.

adroitture: sien adroiture 2.

adroiture 1 (s.nw.): geskiktheid, handigheid, behendigheid, sluheid.

adroiture 2 (b.nw.), ook a droicture, droicture, endroicture (van en-droiture): regstreeks, reg aan, in ’n regte lyn.

adschribeeren: sien adscribeeren.

adscribeeren, ook adschribeeren: toeskryf, toe-eien.

adsisteeren, ook assisteeren: help, hulp verleen; bywoon, teenwoordig wees by; iemand behulpsaam wees met die aflê van ’n eed, as assistent optree.

adsistent, ook assistent: ondergeskikte amptenaar.

adsistentie, ook assistentie: hulp, bystand; hulp aan skepe wat in moeilikheid verkeer.

adspect: aanskouing; uitsig; voorteken.

adstructie: toeligting, stawing.

adstrueeren: betoog met bewyse staaf of toelig.

advance: sien avance.

advanceeren: sien avanceeren.

advancement: sien avancement.

advans: sien avance.

advantagie: sien avantagie.

advenant, ook avenant: naer advenant: na omstandighede, na verhouding, in eweredigheid/ooreenstemming met voorgenoemde/daarmee.

advers: strydig, afkerig.

adversie: sien aversie.

adverteeren: aankondig, bekend maak, onder die aandag bring.

advertentie: kennisgewing, berig.

advoij: goedkeuring, magtiging.

advoijeeren, ook advoijeren, advoueeren, advoyeeren, advoyeren: bevestig, erken, goedkeur.

advoijeren: sien advoijeeren.

advoueeren: sien advoijeeren.

advoyeeren: sien advoijeeren.

advoyeren: sien advoijeeren.

afbreuk boot: boot wat uitmekaar gehaal kan word om verskeep te word, en later weer aanmekaar gesit kan word.

afbreuk: sien afbreuk boot.

affaire: saak, aangeleentheid, regsaak, handelsaak.

affictie: sien affixie.

affigeeren, ook affigueeren: aanplak, deur aanplakking bekend maak.

affigueeren: sien affigeeren.

affimeeren: beaam, bekragtig, bevestig.

affiniteijt: bloedverwantskap; ooreenkoms, samehang.

affirmeeren: bevestig, bekragtig, beaam, verseker.

affixie, ook affictie, affixtie: aanplakking, aangeplakte bekendmaking.

affixtie: sien affixie.

affligeeren: bedroef, kwel.

afflijvigheijt: sien aflijvigheijd.

afflixie: droefheid, hartseer.

affuijt: hout- of ysteronderstel van ’n kanon.

affvaeren: verslyt deur langdurige vaart.

afgieren: in ’n skuins rigting van die ankerplek af wegseil.

afhaspelen: tot die einde toe voltooi.

afleggen 1: buite gebruik stel, afbreek, verwoes, (skip) van rigting laat verander; (skip) aan land bring om te sloop.

afleggen 2: afstand doen van ’n amp of verpligting; skuld betaal, voldaan; verpligting volvoer; rekenskap gee; afdank.

aflijvigh: aflijvigh worden: sterf; af lijvigh zijn: gestorwe, oorlede.

aflijvigheijd, ook afflijvigheijt: gestorwenheid, oorlye, dood.

afloopen: gebied deurkruis om te roof, te plunder en te verwoes; (’n skip) oorweldig.

afschot: helling van ’n vlak waarteen water afvloei.

afstaen: deurstaan, uithou.

afsteeken, ook afsteken: heengaan, weggaan.

afsteken: sien afsteeken.

afstuwen: (swaar voorwerpe) met inspanning van kragte voortbeweeg en daardeur van ’n bepaalde plek of voorwerp verwyder; met ’n vinnige beweging van iets afskei; afvlieg.

afstuwing: uitlaai.

afvaardigen: vloot of skip met ’n bepaalde opdrag êrens heen stuur; skepe vir ’n reis in gereedheid bring.

afzijn: niet kunnen (willen) afzijn: nie kan (wil) nalaat nie; nie in gebreke kan (wil) bly nie.

ageeren: geregtelik optree teen, ’n eis instel; in woord of geskrif ’n agitasie voer; krygshandelinge verrig; ’n rol vervul.

aggraveren: erger maak, swaarder maak, strafwaardig maak.

aggreatie: toestemming, goedkeuring.

aggrëeer, ook aggreeeren, aggreëeren, agreeeren: goedkeur, aanvaar.

aggreeeren: sien aggrëeer.

aggreëeren: sien aggrëeer.

aggreeren (waarskynlik van aggregeren ): versamel.

aggresseeren: aantas.

agreeeren: sien aggrëeer.

agreëment: aanvaarding, bewilliging.

agresseur: iemand wat onenigheid of ’n twis begin.

agressie: aanval, aanranding.

agsterstal: agterstallige skuld, onbetaalde rente.

agterdeel: nadeel.

achterslemphout: versameling opeengestapelde houtblokke, wat dien om die agterstewe stewig met die kiel te verbind.

agterhalen: iemand op kwaad betrap.

agtertang: beweegbare klem waarmee hout wat bewerk moet word, op die werkbank vasgeskroef word.

aijuijn: ajuin, ui.

aker: akker (vrug van die eikeboom).

alcatijven, ook alcativen: tapyte van wol of sy met silwer- en gouddraad deurstik.

alcativen: sien alcatijven.

alegias, ook allegias: veelkleurige doeke van Persiese sy uit die distrik Leigan.

aliëneeren: vervreem.

alimentatie: voeding, versorging, onderhoud.

alimenteeren: onderhou, voed, lewensonderhoud verstrek.

alimenten: voedingsmiddele, lewensmiddele, versorgingsmiddele; kosgeld.

alleegeren: sien allegueeren.

allegatie: betoog, die aanvaar van argumente of bewysplase; aanhaling.

allegeeren: sien allegueeren.

allegeren: sien allegueeren.

allegias: sien alegias.

allegueeren, ook alleegeren, allegeeren: as argument of rede aanvoer, noem, betoog; aanhaal, verwys na.

allengskens: baie langsaam, trapsgewys.

allieeren: verbond sluit, jouself tot iets verbind; vermeng.

allodiaal, ook alodiaal: allodiale goederen: onsynsbare goedere; vry erfgoed, geen leengoed nie.

alloij: sien allooij.

allooij, ook alloij, alooij: wetlik voorgeskrewe verhouding van die edelmetaal tot die bymengsel van ander metale in goud- en silwervoorwerpe en munte, die innerlike waarde van fyn goud en fyn silwer; innerlike waarde, hoedanigheid, gehalte (van sake); innerlike wese, persoonlikheid, hoedanigheid, gehalte (van persone).

alodiaal: sien allodiaal.

aloe: sap van die alwynplant.

alooij: sien allooij.

alsoo: aangesien.

altemets: soms, miskien.

alteratie: skrik, ontsteltenis, onrus, ergernis.

altercatio: onenigheid, twis, tweespalt.

altereeren: verander, wysig; beskadig.

altoos: ten minste, altans (word dikwels met ontkennende woorde verbind om ’n volstrekte ontkenning aan te dui).

amaril: harde blou of bruin gesteente wat in poeiervorm gebruik word om glas of metaal te slyp.

amber de noir: swart amber.

amber: welriekende balsem wat uit die amberboom verkry word; geel amber barnsteen.

ambergrys, ook grys amber: soort stof wat in die potvis se liggaam voorkom en soms ook op die oppervlakte van die see dryf, vroeër gebruik vir reukwerk, geneesmiddels of speserye.

ambieeren: moeite doen om iets te verwerf; aanspraak maak op, begeer.

amende: boete, boetedoening.

ammonitie: sien ammunitie.

ammunitie, ook ammonitie: krygsvoorraad, krygsbehoeftes, insonderheid voorraad wat gebruik word om vuurwapens mee af te vuur.

amoveren: afweer; wegneem.

ampel: ruim, wyd, veelomvattend; breedvoerig, omstandig.

amplecteeren, ook amplecteren: aanneem, goedkeur, omhels.

amplecteren: sien amplecteeren.

ampliatie: uitbreiding, aanvulling.

amplieeren: verbreed, uitbrei.

amplissima: ten volste, heeltemal volledig.

andijvie: Oosterse plant (Cichorium endivia) waarvan die blare as groente geëet word.

animeeren: bemoedig, aanmoedig; opwek, lus maak vir.

ankerstok: hout- of ysterstok wat loodreg op die dun end van die ankerskag staan en veroorsaak dat die anker altyd so val dat een van die hande in die grond gryp.

annex: verbonde aan, aangeheg, bygevoeg; geleë aan of by, aangrensend; gevoeg of behorende by, verbonde met; gepaardgaande met, eie aan.

annexeeren: inlyf, aanhang.

anni currentis: in die lopende jaar.

anno futuro: in die komende jaar.

anno passato: verlede jaar, in die vorige jaar.

anno stantij: in die huidige jaar.

annoteeren: aanteken, opteken; opmerk.

annulleeren: vernietig, tot niet maak, ophef, herroep.

anstendig: betaamlik, passend.

antecesseur: (amps)voorganger.

anticipeeren: voorbarig genome algemene gevolgtrekking; voorskot.

ap- en dependentien, ook ab- en dependentien, ap en dependentien: alles wat daarby behoort, aanhangsels, bykomstighede.

ap en dependentien: sien ap- en dependentien.

apij: suiwer, onvermengde rysbrandewyn.

apostil, ook apostille, appostil, appostille: kanttekening of elders geskrewe aantekening op ’n dokument, dienende tot antwoord of verwysing vir diegene wat die dokument nog sal hanteer en wat ’n antwoord of verwysing vervat; kanttekening wat die antwoord op ’n rekwes behels, beskeid.

apostille: sien apostil.

apparent: duidelik, klaarblyklik, oënskynlik; aanneemlik, waarskynlik.

apparentelijk: vermoedelik, klaarblyklik.

apparentie: waarskynlikheid, moontlikheid, vooruitsig dat iets sal gebeur; aanneemlikheid.

appartement: vertrek of groep vertrekke in ’n gebou.

appendentie: aanhangsel; met alle ap- en dependentiën: met alles wat daarby hoort.

applaudissement: toejuiging, goedkeuring.

applicabel: toepaslik, van toepassing; geskik.

applicatie: toepassing, wyse waarop iets toegepas word; toewyding, ywer.

appliceeren: toepas, toedien.

appoinctement, ook appointment: regterlike uitspraak, vonnis; regterlike beskikking op ’n versoek of rekwes van partye; skikking, beslegting, reëling tussen twistende of strydende partye.

appointment: sien appoinctement.

appostil: sien apostil.

appostille: sien apostil.

apprehendeeren: gryp, vat, gevange neem; bevat; vrees.

apprehensie: gevangeneming, inhegtenisneming.

approbatie: goedkeuring deur die owerheid of hoër gesag; vergunning.

approbeeren: goedkeur.

approches: loopgrawe.

approprieeren: toeken, toe-eien; geskik maak, inrig vir ’n bepaalde doel, gereedmaak, aanbring.

appuijeeren: nadruk lê op, ondersteun.

apteeren: voeg, pas, geskik maak.

ar: arre woorden: kwaai woorde.

arack: sien arak.

aracq: sien arak.

arak, ook arack, aracq, arrak: suiwer, onvermengde rysbrandewyn wat in Oos-Indië uit rys, rietsuiker en die sap van kokosneute gestook is.

arbeijden: gestamp en geslinger/gewieg van ’n skip in ’n swaar deining of met hoogwater.

arbitraal: willekeurig; arbitrale correctie: straf volgens die regter se goeddunke.

arbitrair: willekeurig.

arbitralijk: willekeurig.

arduin, ook aarduijn: vaste blougrys kalksteen afkomstig uit die steengroewe van Henegouwen, veral gebruik vir stoepe, trappe, hoekstene, ens.

armbeurs: armbus.

armbos: sien armbus.

armbus, ook armbos: kollektebus waarin gifte vir die armes opgeneem word.

armée: leër.

armoedje, ook armoetje: geringe of skamele besittings.

armoesijn, ook armosijn, armozijn: soort systof wat gewoonlik vir voering gebruik is, genoem na die Persiese stad Ormuz.

armoetje: sien armoedje.

armosijn: sien armoesijn.

armosijnen (mv.): sien armoesijn.

armosijntjes (mv., vkw.): sien armoesijn.

armozijn: sien armoesijn.

arrak: sien arak.

arresteeren: in hegtenis neem; beslag op iemand se persoon of eiendom lê; besluit.

arriveeren: aankom; gebeur.

arrivement: aankoms, aanlanding; gebeurtenis.

arrogant: aanmatigend, verwaand, kwetsend.

arrogantie: aanmatiging, verwaandheid.

articulariter: stuk vir stuk, punt vir punt.

as 1: gewigsmaat (12 onse).

as 2: per as per wa of rytuig.

ascopieeren: sien assopieeren.

aspireeren: sterk na iets verlang, na iets streef.

assaijeur: sien essaijeur.

assignatie: skriftelike aanwysing of lasgewing, skriftelike opdrag tot betaling.

assigneeren: aanwys, toe-eien, toeskryf.

assisteeren: sien adsisteeren.

assistent: sien adsistent.

assistentie: sien adsistentie.

assopiatie: bylegging van ’n geskil.

assopieeren, ook ascopieeren: geskil bylê; stil maak, sus, aan die slaap wieg.

assumeeren: tot iets toevoeg.

assumptie: aanneming, opneming.

assumptis: daarby geneem wees, daaraan toegevoeg wees.

assurant: brutaal, astrant.

assurantelijk: astrant, onbeskof.

assurantie: astrantheid, onbeskoftheid; selfversekerdheid.

atjar: uie, agurkies, bone of selfs vis wat in asyn ingelê is.

atmitteeren: sien admitteeren.

atroce 1 (s.nw.): afgryslikheid, gruwelikheid, wreedheid.

atroce 2 (b.nw.): wrede, afskuwelike, yslike.

attacque: aanval.

attacqueeren: aanval, aanspreek.

attentaat: aanslag, skending van of aanranding op iemand se reg; poging, bedryf.

attenteren: aanslag maak op.

attestatie: getuigskrif, verklaring.

attesteeren: met ’n verklaring bekragtig, getuig.

attrapeeren: op heter daad betrap, in die vlug vang of betrap.

attribueeren: toegeskryf; toe-eien.

aufugeeren: in die geheim ontvlug.

aufugie: vlug, ontvlugting.

augmentatie: toevoegsel, vermeerdering, versterking.

augmenteeren: vermeerder, byvoeg, versterk.

auteur: skrywer, opsteller.

authenticq: eg, werklik; betroubaar, geloofwaardig; regsgeldig.

authentiseeren: geloofwaardig maak.

authorisatie: magtiging, vergunning, verlening van bevoegdheid.

authoriseeren: magtig, volmag verleen, vergun, veroorloof, toestem.

authoriteijt: gesag, mag; owerheid.

avance, ook advance, advans: voordeel, wins; voorskot.

avanceeren, ook advanceeren: vooruit gaan, vorder; bevorder, in rang bevorder word; vooruitkom, opskiet; op voorskot gee.

avancement, ook advancement: vordering, bevordering.

avans, ook advance, avance: wins, gewin, voordeel; voorskot.

avantagie, ook advantagie: voordeel, nut, verbetering, voorreg.

avantagien (mv.): sien avantagie.

avegaar: groot boor wat met ’n dwarsstang rondgedraai word, gebruik om groot of wye gate mee te boor.

avenant: sien advenant.

aversie, ook adversie: afkeer, teësin, walging.

axioma: erkende en onbetwiste stelling wat geen bewys nodig het nie, onomstootlike waarheid.

B

baarblijkelijk: sien baarblijklijck.

baarblijklijck, ook baarblijkelijk: duidelik blykende, blykbaar, klaarblyklik.

baars 1: kuipersbyl, holmes.

baars 2: soort riviervis.

babtiseeren: sien baptiseeren.

baftas: growwe doek uit katoen geweef, afkomstig uit Oos-Indië.

bageijnerhaa: onderste ra aan die besaanmas, waaraan meestal geen seile gehys word nie.

baillen: sien balien.

bak: voorkasteel van ’n skip, gedeelte van die bodek voor die fokkemas.

bakboort: linkerkant van ’n skip wanneer ’n mens van die agterstewe vorentoe kyk.

baksen: geskut op ’n skip in posisie bring.

balais: robyn met ’n sag rooskleurige tint.

balien, ook baillen: met ’n balie water uit ’n vaartuig skep en oorboord gooi.

balijn: benaming vir die buigbare en veerkragtige stof verkry uit walvisbaard.

balkweger: plank waar dekplanke op rus.

ballast: sand, klippe, yster, ens. wat onder in ’n skip gelaai word om te verhoed dat die skip omkantel selfs al het dit geen vrag in nie.

ballasten: skip van ballas voorsien.

ballastpoort: poort of vierkantige opening in die buik van ’n skip, waardeur die ballas ingeneem kan word.

bancqueroet: bankroetier, insolvente persoon.

band: ysterhoepel om mas.

bandana: helderrooi of -geel sydoek met wit patrone daarop wat in Indië geweef en later deur die Engelse nageboots is.

bandanoesen: sien bandana.

banken, ook bankken: skip uit die water lig om dit van onder skoon te maak of te herstel.

bankken: sien banken.

bankvast: bankvast maken: iemand binne bereik van die gereg hou.

bannisement: sien bannissement.

bannissement, ook bannisement: straf van verbanning, ballingskap.

baptiseeren, ook babtiseeren: doop.

bar: ru, onstuimig, koud.

barakan, ook barkaan: weefstof van wol of bokhaar.

barbette: verhewe posisie waarop ’n kanon geplaas word om daarmee oor ’n vestingmuur te skiet.

barbier: chirurgyn, heelmeester.

barcas: sien barkas.

barcoen: sien barkoen.

bardezaan, ook bardisaan, bardizaan: kort steekwapen met ’n breë punt, dikwels met weerhake daaraan.

bardisaan: sien bardezaan.

bardizaan: sien bardezaan.

barghout, ook barrighout: vorm die band of gordel van die buitekant van die skip tussen die kiel en die buik, wat teen die kimme aangebring word en soos ’n gordel rondom die skip loop.

barkaan: sien barakan.

barkas, ook barcas: swaarste sloep of boot aan boord ’n skip.

barkentein, ook bregantijn, berkentijn, brigantijn: ligte vinnige roei- of seilskip met ’n lae boord, sonder dek, met twee maste en 10–15 roeibanke; vroeër ’n Italiaanse vaartuig wat as roofvaartuig in die Middellandse See gebruik is.

barkoen, ook barcoen: dwarsbalk, stut.

barm, ook berm: versterkingswal tussen die voet van die borswering van ’n fort of vestingwerk en die gang of sloot daaromheen.

barrighout: sien barghout.

bas: klein skeepskanon wat dikwels op skepe gebruik is.

basaen: sien bezaan.

basaensmast: sien bezaansmast.

basaensrae: stok waaraan die agterste mas bevestig is.

basement: voetstuk of grondstuk (boukunde).

basje: sien bas.

baskamer: los, kort agterste gedeelte van die bas waarin die lading aan die loop vasgeheg is om afgevuur te word.

bassen 1 (mv.): sien bas.

bassen 2 (ww.): blaf; skreeu.

bastant: bastant sijn: in staat wees; bastant genoeg: sterk genoeg.

bastineeren, ook bastoneeren: met ’n stok slaan, afransel.

bastoneeren: sien bastineeren.

becken: sien bekken.

bedenckelijk: denkbaar; bedenklik, sorgbarend; nadenklik, twyfelagtig, onseker.

bedingen: saak bepleit; deur onderhandeling ’n skikking verkry; deur onderhandeling ’n aanspraak op iets verwerf.

bedisputeeren: redeneer; betwis, ’n voorwerp of gebied voor iemand anders in besit probeer neem.

bedleegerig: bedlêend as gevolg van siekte.

bedoven: bedek onder.

bedraaijen: iemand in moeilikheid verwikkel.

bedugt: bevrees wees vir iets.

bedugting: vrees vir iets.

bedwanc, ook bedwanck: dwang, noodsaaklikheid, wetlike verpligting.

bedwanck: sien bedwanc.

beer: stuwal van hout of stene om water te keer.

beestiaal: vee, veestapel.

begost (verlede tyd van beginnen ): begin.

behouwd: sien behuwd.

behuwd, ook behouwd: aangetroud.

behuwde broeder: swaer.

beijds, ook beijts: beide.

beijts: sien beijds.

bejegenen: ontmoet.

bejuin: sien benuin.

bekallen: ompraat, oorreed.

bekeuren: beboet.

bekken, ook becken: bak, skottel; breë, oop bak waarin water gehou word; doopbekken: doopbak.

beklijven: gedy, groei.

bekreunen: bekommer, kla; zich bekreunen om: jou bekommer oor; zich nergens om bekreunen: jou oor niks bekommer nie, jou aan niks steur nie.

bekroon: buijten iemands bekroon: sonder dat iemand die reg het om te kla, sonder dat iemand hom daaroor bekommer of bekreun.

belend: grens aan, geleë aan.

belendende: aangrensende.

belgsugt: liggeraaktheid.

believen: goedkeur, goedvind.

benaarstigen: naarstig trag om iets uit te voer of tot stand te bring; beywer.

beneficeeren: bevoordeel, begiftig.

beneficie, ook benefitie: weldaad, guns, begunstiging, voorreg; voordeel, nut, gewin.

benefitie: sien beneficie.

benefitiën (mv.): sien beneficie.

benevolentie: welwillendheid, toegeneëntheid, guns.

benuin, ook bejuin: welriekende gomhars, gebruik vir medisyne en reukwerk.

benzoin: welriekende gomhars wat in opgeloste vorm in medisyne en wierook gebruik is en verkry is uit die Styrax benzoin Dryander wat in Oos-Indië groei.

berberij, ook beriberij, beriberi: tropiese siekte wat verlamming veroorsaak.

bergwerker: delwer.

beriberij: sien berberij.

berkentijn: sien barkentein.

berkhout: sien barghout.

berm: sien barm.

berooit: ontbloot van geld en goed, arm; radeloos, verbysterd.

besaan: sien bezaan.

besaansmast: sien bezaansmast.

besaansroede: sien bezaansroede.

besaen: sien bezaan.

bescheijd, ook bescheijt: toegewese deel; uitspraak, getuienis, inligting, verslag; antwoord; bewys gelewer deur ’n geskrewe stuk.

bescheijden: iemand aanwys vir ’n bepaalde taak of op ’n bepaalde pos plaas.

bescheijplaats: aangewese bymekaarkomplek, plek waarheen iemand opgeroep word.

bescheijt: sien bescheijd.

beschieten: waarde hê, voordeel behaal.

besetten: sien bezetten.

beslager: persoon wat iemand in ’n boete doet beslaen, dit wil sê die boete oplê.

beslommering: sorg, las, bekommernis, vermoeiende taak.

besoetelen: besoedel, bevuil, besmet.

besognéren: sien besoigneeren.

besoigne: werk, arbeid; beraadslaging, bespreking.

besoigneeren, ook besognéren, besoigneren, besonijeeren: arbei, werk; beraadslaag; amptelik behandel, reël; sorg of aandag aan iets wy.

besoigneren: sien besoigneeren.

besolding: soldy.

besonijeeren: sien besoigneeren.

besteeven: stewe van ’n vaartuig na ’n bepaalde plek rig; êrens heen vaar; aankom by die plek waarheen gevaar is.

bestek: bepaalde afmeting, maat, skets of plan van ’n bouwerk; plan vir die omvang en uitvoering van ’n onderneming; benaming, plan, opset; bepaling van gegewens waaruit afgelei kan word waar ’n skip hom ter see bevind.

bethille: doek van fyn moeselien, fyn sluieragtige doek; bethilles allegias: gemaak van legia-sy; ander soorte bethilles is gewoonlik onderskei deur die plek van herkoms, byvoorbeeld Burhampoerse, Cammanse, Sesterganti- en Callewaphoe-bethilles.

bethilles (mv.): sien bethille.

betiel: plat metaal- of erdeskottel.

beting: toestel bestaande uit twee sterk staanders wat met ’n swaar balk verbind is en wat voor die fokkemas geplaas is om die ankertou of -ketting aan vas te maak.

beugel: band, hoepel, ring; voetboei, kluister.

beurston: sien beursvat.

beursvat: vaatjie wat met ’n leerdeksel afgesluit is en waarin ammunisie vir grof- en kleingeskut bewaar is.

beuselingen: onbenullighede, nietighede.

bevallen: aan land kom, aan land geraak.

bevoirderen: bevorder, voortsit, byvoorbeeld ’n reis.

bevreemding: verwondering.

bevroeden: iemand omtrent iets onderrig; inlig; besef, begryp, insien.

bewassen, ook bewossen: begroei.

bewoelen: iets daaromheen draai, vaswoel.

bewossen: sien bewassen.

bezaan, ook basaen, besaan, besaen: agterste gaffelseil op ’n driemas-skip wat aan die kruis- of besaanmas gevoer word.

bezaansmast, ook basaensmast, besaansmast: agterste mas op ’n skip met drie maste.

bezaansroede, ook besaansroede: ra van die besaansmas, later deur die gaffel vervang.

bezetten, ook besetten: (skeepsterm) teëgehou word deur ys of in gevaar verkeer om te strand.

bijleggen: skip by stormweer so na moontlik aan die wind hou.

bikken: klip in die regte vorm kap.

bil: boud.

biljoeneeren: (munte) uit omloop onttrek, as nie-gangbaar verklaar.

billiet: dokument waarin iets aan ’n bepaalde persoon of die algemene publiek bekendgemaak word; dokument wat aan die houer daarvan sekere regte verleen.

blaasbalg: sien blaasbalk.

blaasbalk, ook blaasbalg: hout waarmee die ruimte tussen die slooiknie en buitewand van ’n skip gevul word om te verhoed dat die see te veel krag daarop uitoefen.

blakhol: sien blakkelhok (Eng. black hole ).

blakkelhok: skeepsterm vir ’n donker gevangenis aan boord ’n skip.

blend: verbinding van ’n metaal met swawel.

blijven: bestaan; (persone) sterf, sneuwel; (skepe) vergaan.

blinde 1: blinde anker: anker wat nie deur ’n boei gemerk is nie.

blinde 2: vensterluik, los luik wat gedurende stormweer van buite teen die kajuitrame van ’n skip geplaas word; seil wat onder aan die boegspriet gehys word.

blinding: koeëlvaste muur.

blink: glans, skittering; oop kol in bewolkte lug; onbegroeide sandduin.

bloedmaagen: bloedverwante.

bloedvrind: bloedverwant.

blok, ook bloks, blox: takelblok.

blokemaker: doodkismaker.

bloknagel: hout- of ysterpen wat as spil vir die skyf van ’n skeepskatrol dien.

bloks: sien blok.

blox: sien blok.

bocht: buiging, kromming; inham, riviermonding; opgerolde tou; zich in alle bochten wringen/krommen: alle pogings aanwend en jouself van alle middele bedien om iemand te oorreed of te oortuig; jouself in jou handelswyse en spreke na omstandighede of persone skik, met ’n bybedoeling van trouloosheid of geveinsdheid.

bock: rondhout wat opgestel is om die mas ens. te kan oplig.

boeganker: derde anker van ’n skip wat laat sak of uitgewerp word as die eerste twee ankers nie hou nie (indien ’n skip sy ankers sleep).

boegen: stuur, seil, vaar; van boeg verander, oor ’n ander boeg wend.

boegseeren, ook boegseren: skip met behulp van sloepe van plek laat verander; ’n ander vaartuig met ’n roeiboot sleep, op sleeptou neem.

boegseren: sien boegseeren.

boegspriet: masboom op ’n skip wat van die voorstewe skuins boontoe uitsteek as steun vir die fokmas en waaraan die stagseile gehys word.

boegtouw: tou van die voorste anker wanneer ’n skip met ’n anker voor en agter geanker lê.

boeien: rand of sy van die skip met planke hoër maak.

boeij: sien theeboeij.

boeijens: boeie.

boek: benaming vir ’n hoeveelheid papier (24–25 velle) wat inmekaar gevou is.

boelang, ook boelong: hoofdoek, kopdoek.

boelijn, ook boeling: tou waarmee die seile van ’n skip reggestel is wanneer daar saam met die wind gevaar word.

boeling: sien boelijn.

boelong: sien boelang.

boesem: deel van skoorsteen wat in die kamer is.

boeten: visnette herstel.

bogt: gekromde sy van ’n skip, veral die voorstewe; inham; buiging, kromming; kromming van ’n opgerolde tou.

bok: hystoestel met twee houtpale as bene wat op skepe gebruik is om maste en ander voorwerpe mee op te hys.

bolkvanger: kort, dik oorkleed van geteerde seildoek, wat vissers en seelui tydens onstuimige weer gedra het om hulle teen die reën te beskerm.

bombasijn, ook bomesijn: geweefde stof vir voering, oorspronklik bestaande uit sy, of uit sy, kameelhaar en katoen.

bomesijn: sien bombasijn.

bonis: in bonis wees: welgesteld wees.

boom: bodem.

bootsman: aanvoerder van die bemanning en hoogste onderoffisier op koopvaartdyskepe, aan wie die sorg van die takel, toue, kabels, vlae, wimpels en ander toebehore van die skip opgedra is.

bootsmansmaat: staan onder toesig van die bootsman en moet die ankers uitgooi.

bootspoeljeerder: plunderaar, berower van bote.

borat, ook bourat, burat: growwe weefstof, gewoonlik van wol.

borgen: iemand of iets na veiligheid bring, red, berg.

borgh: tou, gewoonlik dubbeld geneem, wat moet voorkom dat enige deel van die skeepstuig loswerk.

borgwal: wal van grag.

borse: geldbeurs, geldsakkie.

borst: gas, gesél, maat, jonkman.

borsten: bars.

borstweer, ook borstweers: wal of muur ter beveiliging; verhoogde gedeelte bo-op ’n vestingmuur waaragter persone veilig kan beweeg; muur wat as heining om ’n stuk grond dien, muur tot op vensterhoogte.

borstweers: sien borstweer.

bospoeder: buskruit.

bosschieter: kanonnier, ook ’n soldaat met ’n draagbare vuurwapen, in rang gelykstaande aan ’n konstabelsmaat.

bot: end van die ankertou wat buite boord is as die skip voor anker lê; bot raaken: aan die einde van die voorraad kom; ten einde bot: aan die einde van sy voorraad.

bottelier: onderoffisier op ’n skip wat toesig hou oor die lewensmiddele en die verskaffing daarvan aan die kok en skeepsvolk.

bouagie: bouery, bouwerk.

boug: boeg, voorste buiging, ook voorste gedeelte van skip.

bourat: sien borat.

bout: twee halwe koeëls met ’n ysterbout aanmekaar verbind, gebruik om die maste, toue en seile van die vyand se skepe te verniel; ysterstaaf wat as verbindingsmiddel dien.

bouteille: fles.

boutkogel: bout.

bouwen: om zee te connen bouwen: om seewaardig te wees.

boxhoorns: ysterhake aan weerskante van die geskutpoort.

braadspit 1: lang degen; puntige ysterstaaf wat deur die vleis gesteek en in die rondte gedraai word terwyl dit braai.

braadspit 2: windas op ’n skip waarmee die anker opgehaal word.

braamstengh: mas waaraan die braamseil vasgeheg word.

braauwen, ook braeuwen, breeuwen: nate, rete, splete en voeë tussen die planke van die buitewand of dek van ’n skip met uitgepluisde tou en pik verseël, kalfater.

braeuwen: sien braauwen.

brak: persoon wat gebruik word om iets op te spoor.

bramseijl: sien bramzeijl.

bramsteng: verlenging van die stang waaraan die bramseil gehys word.

bramzeijl, ook bramseijl: vierkantige seil wat bo-op die marsseil gehys en tydens windstiltes gespan word.

brandam: katoenstof uit Koromandel.

braspenningh: klein, silwer muntstuk met die waarde van ’n halwe stoter of tien duite. Een stoter was 2 1/2 stuiwer.

breegang, ook bregang: gang van planke in die middelste deel van die buitekant van die skip, tussen die kuil- en die tussendek. Daar was openinge in die breegang waardeur die mond van ’n kanon kon steek.

breeuwen: sien braauwen.

bregang: sien breegang.

bregantijn: sien berkenteijn.

breuke: oortreding, vergryp, misdryf; boete.

brigantijn: sien berkenteijn.

broederpan: pan waarin poffertjies gebak is.

broek: benaming vir ’n houtbalk in die kiel van ’n skip.

broekstuk: broek.

bruijen: gooi, smyt.

brusque: heftig, onstuimig; gewelddadig, hewig, fel; onbedagsaam, roekeloos; nors, onvriendelik, kortaf.

brutaal: beesagtig, onbeskof.

brutaliseeren: iemand geweld aandoen.

brutaliteijt: onhebbelikheid, onbeskofdheid, onbeskaafdheid; vrypostigheid.

bubo venereus: sien bubonis veneris.

bubonis veneris, ook bubo venereus: kliergeswel in die lieste.

buijckdelling, ook buijddelling, buikdelling: beplanking binne ’n skip, kalfaat.

buijddelling: sien buijckdelling.

buijdel: geldsakkie, beurs, sakkie waarin die kollekte in die kerk opgeneem word.

buijk: de buijk van een schip: ronding van ’n skip.

buijkdelling: sien buijckdelling.

buijlen: sif.

buijlkist: kis waarin die meulenaar die meel opvang wat deur die buil of sif van die semels geskei word.

buijtengeregt: galg buitekant die stad.

buijtenmoeder: vrou wat met die bestuur van ’n inrigting belas is, maar nie self daar inwoon nie.

buijtenparol: sien buijtenparool.

buijtenparool, ook buijtenparol: buitewagwoord (vergelyk contrasigne ).

bul: ope brief van die Pous; oorkonde wat veral deur ’n vors uitgegee is.

bulle: sien bul.

bultsack: sien bultzak.

bultsak: sien bultzak.

bultzak, ook bultsack, bultsak: sak met strooi gevul; bed van kaf deur vissers gebruik; skeepsmatras.

burat: sien borat.

burgwal: vestingwal aan buitekant, grag.

burrie: draagbaar.

buysman: seeman wat op ’n buis of oorlogskip diens gedoen het.

C

caapstander: vertikale spil wat gebruik is om swaar laste mee te beweeg.

caatje 1, ook caetje, kaatje: doek van katoen.

caatje 2: sien katje.

cabaleeren: arglistig te werk gaan, slu berekende aanslag doen, intriges smee.

cachet: seël, afdruk van ’n wapen of naamsyfer op die lak van ’n brief of dokument.

cacheteeren: verseël.

cadjang: sien cadjangh.

cadjangh, ook cadjang, cajangh: boontjie, ertjie, peulvrug.

caduck: wankelbare toestand ten opsigte van gesondheid of finansiële posisie, bouvallig, vervalle.

caetje: sien caatje 1.

caffer, ook kaffer: swart slaaf, oppasser, dienaar (veral geregsdienaar).

cajangh: sien cadjangh.

cajaten hout: hout van die djati-boom (vergelyk jatij ).

cajuijt: verblyfplek van die offisiere op ’n skip.

calangabel: strafbaar.

calange, ook calangie: geskil, twis; beskuldiging, aanklag, aantyging, aanhaal/aanbring van smokkelware; kwelling, oorlas.

calangeeren, ook calangeren, calangiëeren, kalangeeren: aankla, betig; van ’n oortreding beskuldig, aan die kaak stel.

calangeren: sien calangeeren.

calangie: sien calange.

calangiëeren: sien calangeeren.

calculatie: berekening.

calculeeren: bereken.

calfaaten: sien calfaten.

calfaten, ook calfaaten, callefaten, kalfaten: nate, rete en splete van ’n skip met pik dig maak.

caliatoer-hout: rooi sandelhout afkomstig uit Koromandel wat gebruik is vir inlêwerk en ook om verf van te maak, genoem na die stad Calitour.

callefaten: sien calfaten.

calumnie: laster, valse beskuldiging; skandvlek.

calumniëren: laster, beskuldig.

calumnieuse: lasterlike.

cambaja: soort geruite stof van katoen, genoem na die stad Cambay (vergelyk negros, guinees ).

camer, ook kamer: outydse kanon wat uit twee dele bestaan, te wete ’n kort los agterstuk waarin die lading geplaas word en dan aan die lang voorstuk vasgeheg word om afgevuur te word; camerbasje: die agterstuk van ’n camer wat afsonderlik as kanon gebruik word; kanon met ’n kort loop wat hoofsaaklik vir saluut- of vreugdeskote gebruik is.

camisool: kort kledingstuk tot bedekking van die bolyf, onderhemp.

campanje: sien kampanje.

canaille: gepeupel, gespuis; gemene persoon, skelm, ellendeling.

canasser: sien kanasser.

candeur: openhartigheid, redelikheid, opregtheid, ongeveinsdheid.

candijzuijker: suiker in die vorm van kristalle of klontjies, klontjiesuiker.

cangan mouri: tjalie van katoen, afkomstig van die kus Koromandel.

cannasser: sien kanasser.

capabel: bekwaam, geskik, tot ’n besondere taak in staat.

capitaal: sien kapitaal.

capittel: hoofstuk.

caprice: gril, luim, eiesinnigheid.

carabijn: kort handvuurwapen waarmee die ruitery uitgerus was.

caracter: sien karakter.

carbas: mandjie, korf.

carbeel, ook karbeel, karveel: balk of stang wat dien tot versterking of verbinding van die geraamte van die skip.

carbijn: kort vuurwapen.

cardamom: soort spesery.

cardeel: sien kardeel.

cardoes cooker, ook cardoes kooker, cardoeskoker, cardoeskooker, kardoeskoker: hout- of leerkoker met ’n deksel waarin die lading na die kanon gedra word.

cardoes kooker: sien cardoes cooker.

cardoeskoker: sien cardoes cooker.

cardoeskooker: sien cardoes cooker.

cardoezen: papiersak waarin kruit bewaar word.

carelleus: kosbaar.

carga: vrag, skeepslading; laaibrief, faktuur van die lading.

cargasoen, ook carguasoen, cargazoen: skeepslading; vragware, gewoonlik deur ’n koopman aan die skipper saamgegee om vir sy rekening verkoop te word.

cargazoen: sien cargasoen.

carguasoen: sien cargasoen.

caritate: liefdadigheid.

Caroli guldens, ook caroligulden, carolusgulden: oorspronklik goue munte met die beeld van Karel die Stoute daarop, goue of silwer munte van gelyke waarde as dié wat deur Karel die Stoute gemunt is (ongeveer 12 1/2 guldens), maar later is die naam ook van toepassing gemaak op goue, silwer- of rekenmunte van dieselfde waarde.

caroligulden: sien Caroli guldens.

carolusgulden: sien Caroli guldens.

carsaai: sien karsaai.

carsaij: sien karsaai.

cartabel: klein geskrif, brosjure, traktaatjie, versameling los aantekeninge.

carteeren: in kaart bring, op skrif stel.

carveelplank: verbindingsplank; balk wat onder die geraamte van die skip deur loop.

cas: geval, voorval, geleentheid; lot; opsig; in cas van: in geval van.

casemat: skuilkelder.

casijn: dik balk.

casimatteeren: (van) skuilkelders voorsien.

cassatie: afskaffing; ontslag uit die diens.

casseeren: afskaf.

casus: geval.

cat: sien kat 1.

catar: sien catarrh.

catarn: sien catarrh.

catarrh, ook catar, catarn, cater: ontsteking van ’n slymvlies, sinkings, verkoue.

cater: sien catarrh.

cathagoris: kategories, regstreeks, beslis.

catti: sien cattij 1.

cattij 1, ook catti: 6 ons, honderdste deel van ’n pikol.

cattij 2: sien katje.

caurits, ook kauri: skulpe as munt gangbaar.

causarius miles: gewonde soldaat.

causeeren: veroorsaak, aanleiding gee tot.

cautie: borgtog, borgstelling; vergoeding, geldelike sekerheidstelling, waarborg vir die nakoming van ’n verpligting; cautie juratoir: beëdigde borgstelling.

cavallerij: berede afdeling van ’n leër, ruitery.

caveeren, ook caveren: borgtog gee; vergoed; voor iemand caveren:

caveren: sien caveeren.

cavilcatien: sien cavillatie.

cavillatie, ook cavilcatien: haarklowery, woordetwis, dikwels luidrugtig.

cavilleeren: kibbel, hare kloof.

cedeeren: afstaan, afstand doen van.

cedel, ook cedul, cedule, cedulle: brief, geskrif, skriftelike kennis- of lasgewing, bewysstuk, rekening, kwitansie, deklarasie rapport cedel: verslagdokument.

cedul: sien cedel.

cedule: sien cedel.

cedulle: sien cedel.

censurabel: bestrafbaar, wraakbaar, verwerplik.

cergie: sien sargie.

certificatie: bewysstuk, getuigskrif, skriftelike verklaring.

cesseeren: ophou, eindig, ’n einde maak.

ceur: keuse.

cevet: sien civet.

chagrin: sien sagreijn.

chairgie: sien sargie.

chaloup: klein vaartuig, sloep; oorlogsvaartuig met skoenertuig; roeiboot wat aan boord gehou word vir gebruik op die see of ree.

changeeren: verander, verwissel, verruil.

changeering: verwisseling, omruiling.

changement: verwisseling, verandering.

chapiter: hoofstuk, onderwerp van ’n gesprek.

charche, ook charge: amp, bediening.

charge 1: sien charche.

charge 2: sarsie met ’n vuurwapen.

chargie: sien sargie.

charter 1, ook chartre: bestek waarvolgens ’n skip gebou is, soort skip.

charter 2: geskrewe stuk, bewysstuk, akte, oorkonde wat sekere vryhede of regte verleen.

chartre: sien charter 1.

chauw: sien sjouw.

chef d’esquadre: sien chef-d’escadre.

chef-d’escadre, ook chef d’esquadre: aanvoerder van ’n eskader skepe, skout-by-nag.

chelas: doeke van katoen, meestal rooi.

chiapperen: ontvlug.

chiauw: sien sjouw.

chicane: kleingeestige aanmerkings, haarklowery.

chimeriek: ingebeeld, ongerymd, gedrogtelik; hersenskimmig.

chits, ook chitsen, chitz, sits: sis, fyn, bont doek, gewoonlik van katoen met blomme en figure wat met die hand daarop geskilder is, oorspronklik in Oos-Indië gemaak.

chitsen: sien chits.

chitz: sien chits.

choccante, ook chokante: skokkende, aanstootlike, beledigende.

chokante: sien choccante.

cimpelijk: eenvoudig.

circa: ongeveer, omstreeks.

circumcirca: omtrent, ongeveer.

circumstantie: gesteldheid, omstandigheid.

circumstantieeren: met volle besonderhede gewag maak van.

citatie: dagvaarding.

citatien (mv.): sien citatie.

citeeren: dagvaar, daag; aanhaal; geciteerde: gemelde, genoemde, bogenoemde, bovermelde.

citrine: wyngeel bergkristal.

civet, ook cevet: sivet van die muskeljaatkat.

civiel, ook civil, siviel: burgerlik; wellewend, behoorlik; (ten opsigte van geldeise) redelik, billik, matig.

civil: sien civiel.

civiliteijt, ook civitliteijt: hoflikheid, beleefdheid.

civitliteijt: sien civiliteijt.

clandestien: heimlik, geheim, verbode.

clandestine: heimlike, geheime, verbode.

clapbekken: soort edelsteen.

clappus olij: olie verkry van die kokosneut.

classicale: betrekking hebbende op ’n classis vergelyk classis.

classis: kerklike vergadering wat onder andere die verhouding tussen die betrokke gemeentes in oënskou neem.

clawier: toetsbord van ’n musiekinstrument.

clima: klimaat.

clos: houtblok, stut tussen verbindingstukke.

cnevelarijen: afpersing van geld of goed deur magsmisbruik van die amptenare.

cnie: sien knie.

coebrug: sien koebrug.

coebrugh: sien koebrug.

coele wijn: alle wyn, behalwe brandewyn.

coelte: sien koelte.

coffijhuijs: plek waar mense aanvanklik slegs koffie, maar later ook alle soorte drank en voedsel kon nuttig.

cognoscement, ook cognossement: vragbrief van ’n skipper; bewysbrief van die afsender se reg op goedere in ’n skeepslading, wat deur die skipper afgegee en onderteken is as bewys dat hy die vraggeld ontvang het.

cognossement: sien cognoscement.

colair: haastig, opvlieënd.

collateraal: onregstreeks.

collegialiter: in vergadering van al die ampsbroeders.

colligeeren 1 (s.nw.): besluit, gevolgtrekkings maak.

colligeeren 2 (ww.): saambind, besluit.

collusie: heimlike verstandhouding, insonderheid om strafbare feite te verdoesel.

colsem: swaar balk wat aan die binnekant van ’n skeepskiel gelê word en waaraan die ribbe en maste vasgeheg word.

combatant: stryder, kampvegter, weerbare man.

combuijs: sien kombuijs.

commandeeren: beveel, gelas; die bevel voer, gesag voer.

commando: militêre gesag; militêre order, bevel; afdeling troepe.

commater, ook commère: peettante.

commenij: sien komenij.

commentarieeren: van verklarende aantekeninge of kommentaar voorsien.

commercie: handel.

commère: sien commater.

commies, ook commijs, commis: amptenaar belas met ’n bepaalde toesig of verantwoordelikheid, rekenpligtige amptenaar; amptenaar op ’n skip belas met handelsake, koopman; klerk.

commijs: sien commies.

commis: sien commies.

commisseratie: erbarming, deernis, mededoë.

commissie: opdrag deur ’n openbare gesag of liggaam verleen, instruksie.

commissoriaal: iets met betrekking tot, afkomstig van of onderworpe aan ’n kommissie.

committeeren: van ’n opdrag of volmag voorsien, afvaardig, stuur; vir ’n taak aanwys, tot ’n amp benoem.

committent: afgevaardigde of verteenwoordiger wat van ’n opdrag voorsien is.

commode: gemaklik, geskik.

commodieus: gemaklik, gerieflik.

commoditeijd, ook commoditeijt: bekwaamheid, gemak, geleentheid, gerief, gedienstigheid.

commoditeijt: sien commoditeijd.

commood: gemaklik, geskik.

communicatie: mededeling, kennisgewing; beraad, beraadslaging.

communicatief: mededeelsaam, tot mededeling geneig.

communiceeren: meedeel, kennis gee; oorleg pleeg, onderhandel; deelneem aan die heilige sakramente.

compagnon, ook companjon: kameraad, makker, gesèl; handelsvennoot.

companjon: sien compagnon.

comparant: iemand wat ’n akte voor ’n notaris opmaak.

compararie: byeenkoms; verskyning.

comparatie: vergelyking.

compareeren, ook compareren: saamkom; op ’n bepaalde plek verskyn, veral voor ’n notaris of regter.

compareren: sien compareeren.

comparuit: verlof van die hof om heen te gaan wanneer die gedaagde voor die regter verskyn en die dagvaarder nie.

compater, ook compère: doopvader, peetvader.

compatibel: ooreenkomende; verenigbaar.

compendium, ook conpendium: kort oorsig.

compère: sien compater.

competeeren, ook competeren: wettiglik, regtens/regmatig toekom.

competent: tot handeling of oordeel bevoeg.

competenten: bevoegde, wettige.

competeren: sien competeeren.

complaceren: geliewe.

complice: medepligtige.

comploicteren: sameswering smee, saamspan.

complot: sameswering teen ’n bepaalde persoon of gesag; persone wat by ’n komplot betrokke is, kliek, geselskap, troep.

comporteeren: gedra.

comportement: gedrag, handel en wandel, handelswyse, lewenswyse.

comprehendeeren: saamvat, omvat, begryp, verstaan.

compromis: toesegging, verblyfsbelofte.

comptabel: aanspreeklik, verantwoordelik, rekenpligtig.

comptoir, ook comtoirtie: rekenkamer, skryfkamer, kantoor.

comtetent: tot handeling of oordeel bevoeg.

comtoirtie: sien comptoir.

concedeeren: inwillig, toegee, toestaan, veroorloof, bewillig, verleen.

concept: plan, ontwerp.

concerneeren: betref, aangaan.

concipieeren: ontwerp, volgens ’n sekere plan skets.

concludeeren: besluit, ’n gevolgtrekking maak, tot ’n slotsom kom/geraak.

concordance: ooreenstemming.

concurrentie: samekoming; mededinging, wedywering.

condemnatie: veroordeling.

condemneeren: veroordeel, verdoem.

condescendeeren: inwillig, toestem, laat welgeval; neerbuig.

condescendence: neerbuigendheid.

condigne: gelykwaardig.

conditie: toestand, staat; geaardheid, aard; voorwaarde.

conditioneeren: as voorwaarde stel, beding; in ’n sekere toestand verkeer of hou.

conduiseeren: gedra, handel; begelei, lei.

conduite, ook conduites: gedrag; lewenswyse, handelswyse.

conduites: sien conduite.

confertiefje: grap, klugtige geskiedenis, gebeurtenis wat opskudding wek.

confessant: belyer, bekenner.

confesseeren: bely, beken, bieg.

confessie: skulderkentenis; geloofsbelydenis.

confirmatie: bevestiging, bekragtiging.

confirmeeren: bevestig, bekragtig, deur ondertekening bekragtig.

confiscabel: verbeurdverklaarbaar, intrekbaar.

conform: ooreenstemmend, in ooreenstemming met, gelykluidend; in orde.

conformatie: gelykvormig.

conformeeren, ook conformeren: ooreenkom, ooreenstem, instem, skik, voeg.

conformeren: sien conformeeren.

conformité, ook conformite: ooreenkoms, ooreenstemming.

conformite: sien conformité.

conformiteijt: gelykvormigheid, ooreenstemming; in conformiteijt met: in ooreenstemming met.

confraters: amp- of vakgenote, kollegas.

confronteeren: vergelyk, teenoor mekaar stel, getuienis vergelyk.

confusie: verwarring, verwardheid, verleentheid.

conjuncgatie: vereniging van magte, byvoorbeeld wanneer in ’n vloot al die skepe saam uitvaar.

conjuncture: tydsgesteldheid, tydsgewrig; sameloop van sekere omstandighede, byvoorbeeld in die handel die verhouding tussen vraag en aanbod wat die prys bepaal.

conjungeeren: verenig, saamvoeg.

conniventie: oogluiking, toegewendheid, toegeeflikheid; sameswering, verstandhouding by misdrywe.

conniveren: deur die vingers sien, oor die hoof sien, toegee.

conpendium: sien compendium.

conquisitionis: ondersoek.

conscientie, ook consientie: gewete.

consecutief: opeenvolgend, agtereenvolgens.

consenant, ook consonant: eenstemmig, eendersklinkend; consenante getuijgen: eenstemmige getuies.

consent: toestemming, verlof, vergunning; verlofbrief, bewys van vergunning.

consenteeren: toestem, inwillig, vergun.

consequentelijk: gevolglik.

consequentie: handel of redeneer soos logies vereis word deur voorafgaande handelings of redenasies; logiese uitvloeisel of voortsetting van ’n handeling of redenasie, gevolg, gevolgtrekking.

consequenties: sien consequentie; consequenties trekken: logiese gevolgtrekking maak en daarvolgens handel.

consequeren: consequeren van boete: boete wat voortvloei uit.

conservatie: bewaring, behoud, beveiliging.

conserveeren: bewaar, behou, beskut, behoed, onderhou, in stand hou.

considerabel: aanmerklik, aansienlik, gewigtig, belangrik.

consideratie: oorweging; toegeeflikheid, inskiklikheid; aansien, hoogagting.

considereeren: insien, beskou, in oorweging of in aanmerking neem, bedink; hoogag, eer.

consientie: sien conscientie.

consigneeren: teken, opteken, beskryf, opskryf; verseël; in bewaring gee as waarborg of om van die verantwoording onthef te wees; goedere aan iemand oorgee om verkoop te word of vir bewaring.

consipieeren: begryp, ontwerp.

consistorie, ook consistorium: kerkraad van ’n gemeente; raadsaal, raadkamer.

consistorium: sien consistorie.

consonant: sien consenant.

consonantelijk: sien konsenant; consonantelijk verstaan: eenparig verstaan.

conspiratie: sameswering, muitery.

constabel, ook constapel, konstabel, konstapel: offisier of onderoffisier op ’n skip aan wie die toesig oor die geskut en ammunisie toevertrou is; opsigter oor die kanonniers, kanonnier.

constapel: sien constabel.

constapelspoort: vierkantige opening in oorlogskip om die mond van ’n kanon deur te laat.

consteeren, ook consteren: vasstaan, standhou, bly staan, blyk.

consterende: standhoudende; bestaande.

constituant: lasgewer.

constitueeren: vasstel, verorden; benoem; jouself verbind, beloof; instel, belê; tot ’n geheel maak.

constitutie: die wyse waarop iets saamgestel is, samestelling; grondwet; liggaamsgesteldheid, gesondheidstoestand; aard, aanleg.

constringeeren: bind, dwing, noodsaak, saamtrek.

construeeren: saamstel, uiteensit, bou.

consuleeren, ook consuleren: beraadslaag, raadpleeg, raadgee.

consuleren: sien consuleeren.

consumeeren: verteer, verbruik, deurbring.

consumptibele: verbruikbare, verteerbare; bederfbare.

consumptie, ook comsumtie: verbruik van goedere of lewensmiddele.

consumtie: sien consumptie.

contagieuse: besmetlike, aansteeklike.

contantement: sien contentement.

contenteeren: bevredig, tevrede stel, vergenoeg.

contentement, ook contantement, kontentement: tevredenheid, vergenoegdheid.

contenue: inhoud.

conterscherp: buiteboord van ’n vestinggrag; bedekte weg langs die buitesy van ’n grag.

contineeren: bevat, begryp, inhou.

contineerende: inhoudende, bevattende.

continuatie: voortduring, volharding, voortsetting.

continueel: voortdurend, aanhoudend, gestadig, bestendig, onophoudelik.

continueeren: voortduur, voortgaan, aanhou, volhard, vervolg, voortsit.

contra guarde: buitewerk van ’n vesting.

contrabande: handelsware.

contradiceeren: teëspreek, weerlê.

contradictie: teëspraak, teenstrydigheid.

contraheeren: ooreenkoms sluit; kontrak aangaan.

contraincten (mv.): sien contrainte.

contrainte: geweld; dwang, dwangmiddel.

contramandeeren: teenwerk, afsê.

contraponeeren: pos (amp) wat verkeerd geboek is, deur by- of afskrif herstel.

contrarie: teenstelling.

contrarieeren: teenwerk, dwarsboom, versit teen.

contrasigne: wagwoord buite die kasteel (vergelyk buijteparool ).

contravenieeren: oortree, strydig met die wet handel.

contraventeur: oortreder.

contribueeren: bydra tot, meewerk aan.

contumacie: weerbarstigheid, veragting van die gereg.

convenabel: gepas, paslik, geskik, behoorlik, raadsaam, welvoeglik, betaamlik.

convenabele: geskikte, passende, betaamlike.

convenibel: aanspreeklik.

convenieeren: geleë wees, pas.

conventie: zo in conventie als reconventie geëischt is: eis en wedereis.

converseeren: omgaan met, verkeer met; gesprek voer.

convocatie: sameroeping, byeenroeping.

convoceeren: saamroep, (vergadering) byeenroep.

coopmanschappen: handelsware, koopware.

copia authenticq: ware afskrif, gewaarmerkte afskrif.

copieelijk: in kopie, in afskrif.

coraal: veekraal.

coram, ook quoram, quorum: in teenwoordigheid van; coram de vergaderinge: staande die vergadering; coram de Politique vergadering: in teenwoordigheid van die Politieke Raad.

corl: sien korl.

corporeel: liggaamlik.

correctie: verbetering, straf; arbitrale correctie: straf na die goeddunke van die regter; onder correctie: met voorbehoud van verbetering, met alle beskeidenheid.

correspondentie: verstandhouding, onderlinge verband tussen persone; briefwisseling.

corrigeeren: verbeter, herstel; straf.

corroboreeren: versterk, krag gee; bekragtig.

cortijn, ook countine, gordijn, guardijn: belangrikste muur of hoofwal wat twee bolwerke of punthoeke/bastions van ’n vesting verbind.

costgeld: geld wat iemand aan ’n ander persoon gee om daaruit vir sy lewensonderhoud en inwoning te betaal; losiesgeld.

costi: sien a costi.

costij: sien a costi.

costuijme: sien costume.

costume, ook costuijme, coustuijme, coustume: algemene gebruik, ou gewoonte; gebruik wat die krag van wet verkry het, gewoontereg.

costumen (mv.): sien costume.

coucheeren: te boek stel, neerskryf, inskryf, vaslê; lig; vasstel.

couleur: kleur.

coupe: geslote rytuig met een sitbank.

coupeeren: afsny; verhinder, voorkom.

courageus: fier, flink; trots, hoogmoedig; vol goeie moed.

courageuselijk: op ’n fier, hooggestemde wyse.

couragie: moed, moedigheid, dapperheid.

courant: gereed, in omloop wees, gangbaar, lopend, geldig; de courante prijs: die op die oomblik geldende prys; rekening courant: lopende rekening.

courtine: sien cortijn (vergelyk hornwerk ).

courtoisie: hoflikheid.

coustuijme: sien costume.

coustume: sien costume.

couvre face: militêre beskutting, beskermwal.

coxluijck: vierkantige opening, tussendeks, wat toegang gee tot die kombuis.

coxpoort: beteken waarskynlik dieselfde as koksplaats; sien koksplaats.

crablaken: rooi lakenstof.

crasser: koeëltrekker om geweer skoon te maak.

credentialen: geloofsbriewe.

crediteeren: borg, leen; vertrou, toevertrou.

creëren: skep, instel, benoem, aanstel, ontwerp.

crepeeren: sterf van gebrek, vergaan, gebrek ly.

crimen: misdaad.

croos: sien kroos.

cruijsseeren: in ’n bepaalde gebied ter see heen en weer vaar om aldaar skepe in te wag wat beskerm, bygestaan of aangeval moet word.

cruijsseijl: sien kruiszeijl.

cuijl: sien kuijl.

cultiveeren: bebou, aanbou, aankweek; beskaaf, vorm, ontwikkel.

curateel: voogdy ten opsigte van die beheer oor geld aan iemand opgelê uit ander oorwegings as minderjarigheid, meestal as gevolg van geestesgebreke of verkwisting.

curator ad lites: regsvoorspraak, ’n persoon deur die owerheid aangestel om met die skuldeisers te onderhandel.

cureeren: genees; versorg.

custingbrief: sien custinghbrief.

custingbrieven (mv.): sien custinghbrief.

custingh brief: sien custinghbrief.

custinghbrief, ook custingbrief, custingh brief, kustingbrief: verbandbrief; akte waarby ’n ooreenkoms aangegaan word om vir oordrag van onroerende goedere in bepaalde termyne te betaal; ook genoem hipoteekbrief (vergelyk hipoteecq ).

D

dagelijx anker: skip se anker wat gereeld gebruik word.

dagelijx touw: skip se ankertou wat gereeld gebruik word.

dangereus: gevaarlik.

dangier: gevaar; leed, druk.

dansiereteijt: gevaar.

dapper: flink, ywerig, baie.

darren: durf, waag.

de dato heri: onder gister se datum.

de dato: van die datum.

de facto: feitelik.

de novo: opnuut, van voor af.

de restituendo: sekerheidstelling van teruggawe.

de venia aetatis: sien veniam aetatis.

debat contra debat: weerlegging en teenweerlegging.

debauche, ook debausche: uitspattigheid, buitensporigheid, losbandigheid, ongebondenheid.

debaucheeren: verwilder, verlei, los en uitspattig lewe.

debausche: sien debauche.

debet: bedrag wat verskuldig is.

debiet: verkope op klein skaal, afset.

debijl, ook debil: swak, krank, magteloos.

debil: sien debijl.

debiliteijt: swakheid, krankheid.

debiteeren: iemand se rekening belas; by klein maat verkoop, opdis, vertel.

debvoir: sien devoir.

decaderen: in verval raak.

decampeeren: ’n leër laat kamp opbreek en voorttrek.

decerneeren, ook decerneren: onderskei, bestem, besluit, keur, voorneem, toeken, beslis.

decerneren: sien decerneeren.

decharge 1, ook dechargé, dechergie: ontlading, ontlasting; ontslag, bevryding, verligting; kwytskelding van ’n skuld.

decharge 2, ook dechargé, dechergie: gelyktydige afvuur van ’n aantal vuurwapens, salvo.

dechargé: sien decharge 1, decharge 2.

dechergie: sien decharge 1, decharge 2.

decideeren: beslis, uitmaak; uitsluitsel gee, besluit.

decisie: beslissing.

declaratoir: verklaring (veral ’n geneeskundige verklaring).

declareeren: verklaar, bekendmaak; ophelder, uitmaak.

declin: agteruitgang; tot declin van: tot nadeel van.

declineeren: van die hand wys, nie erken nie, vermy, afwend, afkeer.

decoct, ook decoctum: afkooksel (veral van plantaardige stowwe).

decoctum: sien decoct.

deduceeren, ook deduceren: aflei, verhaal, berig, betoog, bewys.

deduceren: sien deduceeren.

deegen, ook degen: smal puntige stootwapen, langer as ’n dolk, ongeveer die lengte van ’n sabel.

deegh: deegh doen: help, laat baat vind by; geen deegh: geen nut.

deemoedig: met nederige onderworpenheid, op nederige wyse.

defailleeren: sien defaljeeren.

defalcatie: aftrekking, afkorting.

defalceren: aftrek.

defaljeeren, ook defailleeren: te kort skiet; gedefaljeert schip: vermiste of verongelukte skip.

default 1: boete wat opgelê word aan ’n persoon wat voor die gereg gedaag is maar versuim om te verskyn.

default 2: gebrek as gevolg van tekort of beskadiging waardeur goeie werkverrigting verhoed word.

defect: sien default 2.

defendeeren, ook deffendeeren: verdedig, verweer, beskerm, beskut.

defensie, ook defentie: verdediging (veral landsverdediging), verweer; verweerskrif.

defentie: sien defensie.

defereeren, ook defereren: aanbring, verklik; oordra, opdra; toegee; aantoon; verleen, toeken; eed oplê of vorder; bewillig, inwillig, toestem; voorrang gee aan; jouself onderwerp.

deferentie, ook defference: inskiklikheid, toegewendheid, goedwilligheid, gehoorsaamheid.

defereren: sien defereeren.

deffendeeren: sien defendeeren.

defference: sien deferentie.

deficieeren: ontbreek; in gebreke bly; verlaat, afwyk.

definitief, ook definitive: beslissend, bepaald, onveranderlik, onherroeplik.

definitive: sien definitief.

defraijeeren: koste vergoed.

defroijement: dekking, vergoeding (van koste).

degen: sien deegen.

degradeeren: verneder, in rang verlaag, uit ’n amp ontslaan.

deguisseeren: vermom.

deijsig: nie helder nie, wasig.

delaij, ook dilaij: uitstel.

delatie: opdrag.

deliberatie: samespreking, beraadslaging, oorleg; genome besluit.

delibereeren: beraadslaag, oorleg pleeg, redeneer, besin, oorweeg.

delice: iets kosteliks, heerlik, aangenaam.

delicten: oortredings, misdrywe.

delinquent: oortreder, boosdoener, misdadiger.

demandeeren: beveel, opdra, toevertrou, aanbeveel.

demang: titel van ’n distrikshoof in Nederlands-Oos-Indië.

deme: in deme: daar, deurdat.

demêlé: twis, geskil, stryd, onenigheid, tweedrag.

demissie: ontslag uit diens.

demitteeren, ook dimitteeren: afskeid neem; laat gaan, wegstuur; ontslaan, afdank.

demolieeren: omverwerp, afbreek, sloop.

demonstreeren: betoog, aanwys, aantoon.

demonteeren: uitmekaar haal, onbruikbaar of onskadelik maak.

demotie: sien dimotie.

demoveeren, ook dimoveeren: verwyder, wegruim; verdryf, verplaas, beweeg, versit, afsit.

demptis: sien dempto.

dempto, ook demptis: uitgesonderd.

denninghtjen: dek van skip.

denoteeren: te kenne gee, aanwys.

depances (mv.): sien depense.

depart: skeiding, vertrek.

depecheeren: bespoedig; vinnig wegstuur, met spoed afstuur; afvaardig.

dependeeren: afhang, aanhang, aankleef.

dependentie 1: afhanklikheid, onderworpenheid, ondergeskiktheid.

dependentie 2: bybehore.

depense: uitgawe.

depesche: ampsberig, staatsbrief, spoedberig.

depescheeren: afvaardig; verhaas, bespoedig; vinnig wegstuur, met spoed afstuur.

deplorabel: jammerlik, betreurenswaardig.

deponeeren: in bewaring gee; geregtelik getuig.

deporteeren: afsit, ontslaan uit ’n amp; as straf wegstuur na ’n afgeleë plek, verban.

deportement: afsetting, verbanning, deportasie, ontslag.

deposant: iemand wat ’n verklaring of getuienis aflê.

deposeeren, ook deposeren: getuig, verklaar.

deposeren: sien deposeeren.

depositie: getuienis, afgelegde verklaring, verklaring onder eed afgelê.

deposito, ook a deposito: in bewaring gegewe geld; a deposito: geld op rente in bewaring gegee.

derdewaak, ook derdewaeck: jongste offisier aan boord ’n skip van die VOC; derde stuurman, wat in rang onder die stuurman en die opperstuurman gestaan het.

derdewaeck: sien derdewaak.

deren: skade berokken, kwaad aandoen, letsel toebring; leed aandoen, verdriet besorg; medelye inboesem; kla oor, bekla.

derogatie: vernietiging, herroeping.

derogeeren: afkeur, afskaf, onttrek, ophef, buite werking stel; krenk, benadeel.

desapprobatie: sien disapprobatie.

desaster, ook desastre: rampspoed, onheil, ongeluk, ongeval.

desastre: sien desaster.

descendent: nakomeling.

describeeren: beskryf.

desert: verlate, woes, onbewoon, onbebou.

deserteeren: wegloop, dros.

deserteur: soldaat of matroos wat weggeloop het, droster.

desertie: drossery, verlating.

desideeren: begeer, vereis.

designatie: aanwysing.

designeeren: aantoon, aanwys, iemand tot iets benoem.

desisteeren, ook desisteren: afsien van, intrek, afstand doen van, ophou met.

desisteren: sien desisteeren.

desolaat: troosteloos, diep bedroef, teneergedruk; in ’n ontredderde en verwaarloosde toestand.

despicieeren, ook dispicieeren: versmaai, verag, bestem, benoem.

desseijn: sien dessein.

dessein, ook desseijn, dessijn: opset, oogmerk, doel, plan, voorneme; a dessein: volgens voorneme.

dessijn: sien dessein.

destineeren, ook distineeren: bestem, beskik, wy.

destitueeren: ontset, beroof, verlaat, versteek.

destituijt: beroofd, verstoke.

detacheeren: afsonder, wegstuur, losmaak; (soldate) tydelik indeel, tydelik in garnisoen lê.

detachement: troepeafdeling wat vir ’n besondere taak tydelik van die hoofmag afgesonder is.

detentie: opsluiting, gevangehouding.

determinatie: bepaling, besluit, verordening.

determineeren: bepaal, beslis, vasstel.

deterreeren: opgrawe, uitgrawe; opspoor, ontdek; afskrik.

deun: spoedig, dadelik.

deurwaerder: geregsbode.

deuvel, ook deuvik 2: houtpen wat die planke van die boom van ’n vat bymekaar hou.

deuvik 1: houtpen waarmee die opening van ’n vat gesluit word.

deuvik 2: sien deuvel.

deuvikkraan: sien deuvik 1.

devaliseeren: plunder, uitskud, beroof; in ’n slegte toestand wees.

devoir, ook debvoir, devoor: plig, pligsbetragting, naarstigheid, vlyt, ywer, plig, toewyding; verskuldigde moeite.

devolveeren: toeval, oorgaan.

devolveerende: oorgaande, oordragende.

devoor: sien devoir.

diameter: middellyn.

dictamen: voorskrywinge, voorsegginge.

dicteeren: voorskryf, gelas.

dictum: slotsom, beslissing.

diefleijer: sien racker.

dienstelijck vallen: van nut wees.

diffameeren: opspraak verwek, belaster, skend, verdag maak.

differeeren: verskil, afwyk, uitstel, verskuif.

different, ook diffirent: verskillend, onderskeidend, ongelyk.

differentie: verskil, onderskeid, afwyking, verskeidenheid.

difficiel: swaar, moeilik.

difficiliteijt: moeilikheid, hindernis.

difficulteeren: bemoeilik.

difficulteijt: moeilikheid, bedenklikheid, hindernis.

diffirent: sien different.

digniteijt: waardigheid, hoogheid; ere-amp.

dijsigh: dynserig, newelagtig, bewolk.

dikmalen: dikwels, menigmaal.

dilaij: sien delaij.

diligentie: sorgvuldigheid, vlyt, naarstigheid, wakkerheid.

diminueeren: verklein, verminder.

dimitteeren: sien demitteeren.

dimotie, ook demotie: opruiming, verwydering.

dimoveeren: sien demoveeren.

dingtalen: pleidooie, beredenerings.

directie: leiding, beheer, bestuur.

dirigeeren: lei, beheer, bestuur, rig.

disapprobatie, ook desapprobatie: verwyder, wegruim; verdryf.

disapprobeeren: afkeur.

discourageeren: ontmoedig.

discoureeren: met mekaar praat, ’n gesprek voer; redeneer, redekawel.

discours: betoog, vertoog, beredenering; beskouing, verhandeling; gesprek.

discrepantie: onderlinge afwyking, verskil, meningsverskil.

discreperende: verskillende, afwykende.

disobedient: ongehoorsaam.

disobedientie: ongehoorsaamheid.

disorde, ook disordre: wanordelikheid.

disordre: sien disorde.

dispascheeren: sien dispescheeren.

dispencier: iemand wat iets, veral lewensmiddele, uitdeel.

dispens: provisiekas, -kamer, -pakhuis.

dispenseeren: vrystel, onthef.

dispensier: iemand wat voorrade, veral lewensmiddele, uitreik.

disperaad: sien disperaat.

disperaat, ook disperaad: wanhopig, radeloos, hopeloos.

dispescheeren, ook dispascheeren: awery of seeskade bereken.

dispicieeren: sien despicieeren.

disponeeren: beskik, reël; beskik oor, ’n beslissing neem; in die vereiste stemming of gesindheid bring.

dispositie: stemming, gesindheid; liggaamlike welstand, gesondheid; beslissing, beskikking.

dispositief, ook dispositiff: uitlegging van ’n wet of besluit, duidelik omskrewe besluit.

dispositiff: sien dispositief.

disreputatie: slegte naam, skande, oneer, veragting.

disreputatieus: veragtend, minagtend.

disrespect: veragting, slegte naam.

disrespectieus, ook disrespectueus: veragtend.

disrespectueus: sien disrespectieus.

dissel 1: soort byl deur kuipers, timmermans en wamakers gebruik, waarmee hout gelyk gekap of gepunt word.

dissel 2: disselboom van ’n wa.

disside: sien dissidie.

dissidie, ook disside: tweedrag, twis, onenigheid.

dissimulatie: vermomming; veinsery, huigelary.

dissolveeren: oplos, smelt, verdeel; ophef, uiteengaan, ontbind.

distinct: onderskeidend, duidelik, verstaanbaar.

distinctelijk: duidelik, verstaanbaar.

distinctie: onderskeiding, voortreflikheid, verdienste, voorreg, rang, stand.

distineeren: sien destineeren.

distingueeren: onderskei.

distraheeren: aftrek, skei, verstrooi, verkoop.

distribitionis: verdeling.

distructie: verwoesting, vernieling.

divulgeeren: bekendmaak, rugbaar maak, versprei, verbrei.

doceren: bewys lewer; voorsien van ’n talud of skuinste (vergelyk talud ).

doceur: ekstra salaris, fooitjie.

doen: te doen hebben: benodig, nodig hê.

doenmaals: op dáárdie tydstip, toentertyd, toe.

doldriftig: uiters driftig.

doleantie: klag, klagskrif, beswaarskrif.

doleeren: ly, leed ondergaan, kla, treur.

doloreuse: smartlike.

domaines, ook domeinen: staatsinkomste.

domeinen: sien domaines.

domesticques: huisbediendes.

domestique: huishoudelike, private.

domiciliaal: huislik.

domicilie: sien domicilium.

domicilien: sien domicilium.

domicilium, ook domicilie, domicilien: woonplek, woning, huisvesting, verblyf.

donataris: begiftigde.

dongrij: growwe katoenstof van minderwaardige gehalte wat gebruik is vir kleding deur die mindergegoedes of as verpakkingsmateriaal.

doodshoofd: byna sirkelvormige houtblok waardeur die hooftoue van ’n skip gaan.

dooppan: souspan.

doordreggen: (ankers) oor die seebodem sleep sonder dat dit vat.

doordrillen: deurboor.

doortasten: (verskynsels, elemente) wat hulle met krag laat voel.

doorwaarden: deur water loop.

dorst 1, ook dorsten: dors hê; begeerte hê na, dors na.

dorst 2: onvoltooide verlede tyd van durven, dus durfden.

dorsten: sien dorst 1.

douceur: fooi, geldgeskenk; byverdienste.

draaijreep: tou waarmee die ra teen die mas van ’n seilskip opgehys word.

draf, ook drof: draf zuijker: onsuiwer neerslag wat gevorm word wanneer suiker geraffineer word.

dragonder: ruiterysoldaat/kavalleris met die wapentuig van ’n voetsoldaat en wat oorspronklik onder die voetsoldate geressorteer het.

drakenbloet: donkerrooi hars wat vroeër onder andere as kleurmiddel gebruik is en verkry is van ’n rietsoort ( Calanius Draco W. ) wat in Borneo en Sumatra voorgekom het.

drassig: deurweek, troebel.

dreg, ook dregh: anker sonder stok en met drie of vier hande wat gebruik is om iets uit die see mee op te pik of ook deur seerowers om aan boord ander skepe te kom; ronde ysterbout deur klein skepe as anker gebruik.

dreggen: ronde ysterballe met vyf arms wat gebruik word om klein vaartuie te anker.

dregh: sien dreg.

dresseeren: opstel, opmaak; orden; regmaak, gelyk maak; afrig.

drijfhout: werktuig waarmee hoepels vasgeslaan is.

drilboog: boog met ’n snaar waarmee ’n boor in die rondte gedraai word.

drof: sien draf.

droget, ook droguet: materiaal uit Haarlem afkomstig, wat half van wol was en as roumateriaal gebruik is.

droguet: sien droget.

droicture: adroiture 1.

dromgam: sien drongam.

drongam, ook dromgam: doek van katoen, rooibruin van kleur.

droog: droog water: vlak water.

droogte: plek in die vaarwater wat baie min of glad geen water het nie, sandbank, rotsplaat in die see.

druijf, ook druijff: silindervormige ysterskyf met ’n ysterstaaf daarop aangebring, waaromheen koeëls wat deur ’n linnesak of toue vasgehou is, gestapel is, vroeër as kartets gebruik.

druijff: sien druijf.

dubbeltje: silwermuntstuk ter waarde van twee stuiwers, die waarde van so ’n muntstuk; geringe waarde, klein bedraggie.

dubieus: twyfelagtig, onseker.

ducaton: ou Hollandse silwermunt ter waarde van 63 stuiwers.

ducdalven: paalwerk, langs die kant van die water, aan mekaar vasgemaak.

duchten: sien dugten.

duffeltje: winterjas gemaak van dik, growwe wolstof, afkomstig uit Duffel, naby Antwerpen in België.

dugten, ook duchten: vrees vir iets wat mag gebeur, aarsel; bekommerd wees.

duijg: geboë hout waarmee die wand van ’n vat of kuip gemaak word.

duijgen (mv.): sien duijg.

duijmdraaijer: iemand wat geheel en al onder die mag of invloed van ’n ander persoon is; vleier.

duijmsteek: diepte wat bereik word wanneer die duim in ’n vat gesteek word.

duijt: kopermunt ter waarde van 1/8 stuiwer, die waarde van so ’n munt; geldstuk in die algemeen; kleinste denkbare bedrag.

Duijtsman: Nederlander, en ook Duitser.

durabel: duursaam, blywend, duur.

durk: plek waar die kielwater onder in die skip inloop; ook bekend as zoo (vergelyk zoo ).

dussigh: wasig, newelig.

duuwen: sien toeduwen.

E

eadem dië praesentibus ijodem: dieselfde dag, almal teenwoordig.

eblouisseeren: verblind; verbaas; verlei.

echappade: ontsnapping, ontduiking, ontvlugting.

echappeeren, ook schiapperen: wegloop, vlug; uitbreek, ontsnap, ontvlug, ontkom.

eclariseeren: ophelder, verklaar.

eclat, ook éclat: glans, luister; knal, slag, geruis, geraas; rugbaarheid; eclat maken: opsienbaar.

éclat: sien eclat.

eclatant: skitterend, opsienbarend.

edictaal: edictale indaginge: openbare dagvaarding kragtens verlof van die regbank van afwesige en onbekende belanghebbers.

edoch, ook edog: dog, maar; egter, ewenwel.

edog: sien edoch.

educatie: opvoeding.

eekehout: eikehout.

eenhellig: eenparig.

eest: droogplek, droogvloer vir graan.

effect: uitwerking, gevolg; indruk; daad, werking; besitting.

effecten (mv.): sien effect.

effectief: werklik, daadwerklik; inderdaad, metterdaad.

effectivelijk: werklik, daadwerklik.

effectueeren: ten uitvoer bring, verrig, verwesenlik.

effen reekening: rekening met geen uitstaande skulde nie.

efficace: kragtige.

efter: daarna, later.

egaal: sonder verskil, gelyk; sonder onderskeid; onveranderlik.

egaliseeren: gelyk of glad maak, vereffen.

egeen, ook egheen: geen.

egeene: niemand, geen.

eggewerker: maker van snywerktuie; wapensmid.

egheen: sien egeen.

eguaal: sonder verskil, gelyk, sonder onderskeid; onveranderlik.

el: lengte-eenheid, maat waarmee die eenheid gemeet word.

elaberen: wegglip, wegsluip, ontsnap, deurglip.

elargeeren: in vrijdom elargeeren: in vryheid stel.

electie: verkiesing, keuse.

elefant, ook elephant: olifant.

elephant: sien elefant.

eligeeren: uitkies, verkies.

eloigneeren: verwyder, vervreem.

elpenbeen: ivoor.

elucidatie: opheldering, toeligting.

elucideeren: verklaar, ophelder, toelig, inlig.

emancipeeren: vrystel.

emaneeren, ook emaneren: voortvloei, uitgaan van, uitvloei, afkomstig wees van; uitgee, uitvaardig; openbaar maak, afkondig.

emaneren: sien emaneeren.

embaleeren, ook emballeeren, enbaleeren: verpak, inpak, baal.

emballaadje: sien emballagie.

emballage: pakgoedere.

emballagie, ook emballaadje: verpakking van goedere.

emballeeren: sien embaleeren.

emfileeren, ook enfileeren: met kanonne beskiet.

eminent: uitstekend, voortreflik.

emolument: ongereelde bykomstige verdienste bo en behalwe die vaste besoldiging/salaris aan ’n amp verbonde.

empassant (van Frans en passant ): in die verbygaan.

empechement: beletsel, verhindering, hindernis.

empediment: sien impediment.

empeschement: beletsel, verhindering, hindernis.

empleo (Spaans): sien emploi.

emploi (Frans), ook empleo (Spaans): gebruik, aanwend.

emploij, ook emplooij: bedienig, amp, betrekking; besteding, aanwending; gebruik.

emploijabel: bruikbaar.

emploijeeren, ook emplojeeren: gebruik, gebruik maak van, aanwend.

emplojabel: bruikbaar.

emplojeeren: sien emploijeeren.

emplooij: sien emploij.

emporteeren: ontvoer.

enbaleeren: sien embaleeren.

enckeltje: muntstukkie met die waarde van ongeveer die helfte van ’n dubbeltje (vergelyk dubbeltje ).

endroicture: sien adroiture 1.

enerveeren: ontsenu, verswak, uitmergel, kragteloos maak.

enfileeren: sien emfileeren.

engels: gewigseenheid gebruik vir die weeg van goud en silwer, ter waarde van 1/20 ou Hollandse ons.

enorm: buitensporig, van ernstige aard; baie groot, geweldig, reusagtig; buitengewoon, geweldig.

enormiteijt: buitensporigheid, afskuwelikheid; ongewone grootte.

enqueste: ondersoek (meer bepaald ’n ondersoek na ’n saak van openbare belang, waarvan die uitslag bekendgemaak word); voorlopige verhoor.

entameeren, ook intameeren: begin maak met, aanvang, in behandeling neem.

enteren: aan boord van ’n vyandelike skip gaan om dit te verower.

entreloper: koopman wat met sy eie skip handel dryf en dus inbreuk maak op die Kompanjie se monopolie.

entreprinse: aanslag, aanval, stoutmoedige onderneming.

entreprise: onderneming, voorneme, bestaan.

eodem die: op dieselfde dag.

epée: swaard.

equipagie: alle toerusting vir ’n reis; uitrusting van ’n skip of vloot.

equipagiemeester: amptenaar met die beheer oor en belas met die uitrusting van skepe.

equipant: skeepsbemanning.

equipeeren: uitrus, toerus.

equitabel: billik.

equiteijt: billikheid.

erlangen: verwerf, verkry; kry, ontvang.

erneeren: voed, onderhou, aan die lewe hou; red, omgaan met.

errata: lys foute.

erreur: dwaling, vergissing.

erweeten, ook erweten: ertjies.

erweten: sien erweeten.

eschapeeren: ontsnap, ontvlug, wegloop.

esmarand, ook esmerand: smarag.

esmerand: sien esmarand.

esquader: vlootafdeling onder ’n vlagoffisier.

essaijeur, ook assaijeur, essajeur: kontroleur van die gehalte van goud- en silwervoorwerpe en munte, keurmeester.

essajeur: sien essaijeur.

esse, ook essen: in esse brengen: in goeie staat, in orde, tot stand bring.

essen: sien esse; in essen te sien: te sien soos dit behoort te wees.

etabileeren: vestig, stig, tot stand bring.

etableeren, ook etablisseeren: vasstel, grondves, aanlê, oprig, tot stand bring; zich etablisseeren: jouself vestig, jou woonplek maak.

etablisseeren: sien etableeren.

etablissement: vestiging, nedersetting.

etmaal: tyd perk van 24 uur.

euvelmoed: kwaadwilligheid.

everdoek: soort seildoek, soos van Vlaamse linne, wat gebruik is om sloepseile, tente, ens. van te maak en om seile te lap.

evertueeren, ook evertueren: jou bes doen, jou beywer, deur oefening meer geskiktheid of vaardigheid verwerf.

evertueren: sien evertueeren.

evident: duidelik, klaarblyklik, oënskynlik.

evitatie: vermyding.

eviteeren: vermy, ontwyk, sku.

ex officio: ampshalwe.

ex professo: opsetlik, voorbedagtelik; ampshalwe.

exact: noukeurig, presies.

exactitude: noukeurigheid, stiptheid.

examinatie: ondersoek; geregtelike ondersoek, verhoor.

examineeren: ondersoek; geregtelik ondersoek, verhoor; iemand ondersoek met betrekking tot sy kundigheid oor ’n bepaalde saak.

excedeeren: oorskry, te bowe gaan, te buite gaan, oortree.

exceptie: uitsondering; reg van verweer.

exceptis: sien excepto.

excepto, ook exceptis: uitgesonderd.

excerceeren: sien exerceeren.

excercitie: sien exercitie.

exces: oordaad, oormaat, buitensporigheid, ongebondenheid, uitspattigheid; gewelddadigheid, mishandeling.

excessief: oordadig, oormatig, oordrewe, uitspattig.

excluderen: uitsluit, afsonder.

excogiteeren: besin, versin, oordink, verdig.

excusabel: verskoonbaar.

excuseeren: verontskuldig, verskoon; onthef van ’n verpligting, vrystel; onttrek aan.

executabel: uitvoerbaar.

executeeren: ten uitvoer bring; vonnis ten uitvoer bring; deur middel van beslaglegging op goedere verhaal.

executie: uitvoering, voltrekking, beslaglegging op en verkoop van goedere; teregstelling; parate executie: vonnis of beslaglegging wat sonder meer uitgevoer kan word.

exempel: voorbeeld, voorskrif, model.

exemplair: voorbeeldig, tot voorbeeld of waarskuwing strekkende.

exemplairlijk: sien exemplair.

exempt: bevry, vry; uitgenome.

exerceeren, ook excerceeren: oefen; (beroep, amp) beoefen, uitoefen; (godsdiens) beoefen; ten uitvoer bring, bewerkstellig, laat plaasvind; wapens hanteer, met wapens omgaan.

exercitie, ook excercitie: geestelike, liggaamlike of godsdienstige oefening; beoefening van godsdiens; uitoefening van ’n beroep; wapens hanteer, militêre oefening uitvoer.

exhibeeren: voorlê, vertoon; ten toon stel, uitstal.

exhibitum: ingelewerde skriftelike voorstel, voorlegging; stempel op ’n dokument wat die datum van ontvangs aandui.

exhortatie: aanmaning, vermaning, opwekking.

exhorteeren: aanmaan, vermaan, opwek.

exigeeren: opeis, vorder.

exigentie: eis, vereiste, behoefte; naar exigentie van saken: na behoefte, na die gang van sake vereis, na gelang van sake.

eximeeren: uitkoop, vrykoop, bevry, vrystel, verskoon, uitsonder.

exorbitant: buitensporig, oordrewe, uitermate, buitengewoon.

exorbiteeren: oorskry, oortree; oordryf.

expedieeren, ook expediëren: afsend, versend, wegstuur, afhandel, afdoen, tot stand bring.

expedient: redmiddel, uitweg; vaardig, voordelig.

expediëren: sien expedieeren.

expeditiaal: afdoende, vlot, vlug.

expeditie: afdoening; tog van ’n militêre mag.

expert: ervare, deskundig; beproef.

expieeren: versoen, boete doen.

expiratie: dood, einde, sterfte; verloop, afloop (van ’n termyn).

expireeren, ook expireren: sterf; afloop, verval; eindig, verstryk.

expireeren: afloop, verval, eindig, verstryk.

expireren: sien expireren.

expliceeren: ophelder, uiteensit, verklaar, duidelik maak.

exploict, ook exploit: gerugmakende daad of onderneming, onderneming op die gebied van oorlogvoering; verrigting, tog.

exploicteeren: verrig.

exploicten: optrede, aktes van dagvaarding.

exploit: sien exploict.

exploiteur: ontginner, bebouer, bewerker; delwer; iemand wat voordeel of wins najaag.

exploteeren: amptelik bekend maak.

exponeeren: blootstel, verklaar, uitlê, uiteensit, ophelder.

expostulatie: klag, twis, woordewisseling, gekyf.

expres: met ’n bepaalde doel of bestemming, vir ’n bepaalde geleentheid; uitdruklik, nadruklik.

expresseeren: sien exprimeren.

expresselijk: uitdruklik.

expressie: uitdrukking.

exprimenteerde: exprimenteerde bouwlieden: waarskynlik geoefende bouliede.

exprimeren: uitdruk.

expurgeeren: suiwer, reinig.

exteeren: bestaan, voor hande wees, te vinde wees.

extendeeren: uitbrei, uitstrek.

extensie: uitbreiding, omvang.

extirpeeren: uitroei, wegneem.

extorsie: afpersing.

extract: uittreksel, aftreksel.

extraheeren: uittreksel maak, uitbrei, wegneem van.

extremiteijt: uiterste.

extrueeren: timmer, opbou.

eyndelingh: eindelik, ten slotte, ten laaste.

ezelshoofd: halfronde, plat hout aan die bopunt van ’n skeepsmas waaraan die katrolle waarmee die stenge opgehys word, hang.

F

fabricq, ook fabriek, fabrijk: werkmeester, rooimeester, boumeester, stadsboumeester, artigek; vervaardiger.

fabriek: sien fabricq.

fabrijk: sien fabricq.

face, ook faces: na die vyand gekeerde front, voorsy, vooraansig van ’n vesting of bolwerk.

facen (mv.): sien face.

faces: sien face.

facheus: ongemaklik, moeilik, verdrietig lastig.

faciel, ook facil: gemaklik, inskiklik, gewillig, gedienstig.

facielder: makliker.

facil: sien faciel.

faciliteeren, ook faciliteren: verlig, lig maak, gemaklik maak, moeilikhede uit die weg ruim.

faciliteering: bevordering.

faciliteren: sien faciliteeren.

factorij: kantoor van ’n handelsmaatskappy se verteenwoordiger in ’n vreemde land.

factura: sien factuur.

factuur, ook factura, faktuur: opgaaf van gelewerde goedere met die pryse wat die verkoper vir die goedere vra; rekening wat die een koopman aan die ander stuur.

faculteijt: bevoegdheid.

failleeren: sien falleeren.

fait: feit, daad.

faktuur: sien factuur.

falleeren, ook failleeren: feil, ontbreek; mislei; ontgaan.

falqueeren: te kort wees; aftrek.

fameus: berug.

fantasie: verbeelding, verbeeldingskrag, voortbrengsel van die verbeelding; welbehae, willekeur, gril.

farinhawortel: wortel van maniok (vergelyk maniok ).

fartel: baal kaneel wat gemiddeld 80 Ib. geweeg het.

fastidiën, ook fastidien: moeite.

fastidien: sien fastidiën.

fatalia appellationis: bepaalde termyn waarin appèl aangeteken kan word.

fataliteijt: onvermydelike noodlot, noodlottige voorval, ongeluk, ramp.

fatigue: vermoeidheid, vermoeienis, vermoeiende inspanning.

fatsoen: voorkoms, uiterlike; voorbeeld, ontwerp, model; manier van doen, wyse; drukte; aansien, waardigheid, posisie.

fatuiques: swaar arbeid.

faulse braaij, ook fausebraye, fosse braij: walgang, walvoet, lae voormuur voor die hoofwal van ’n vesting.

fausebraye: sien faulse braaij.

faveur, ook faveure: guns, begunstiging, welwillendheid; hulp, voordeel; genade, vergiffenis; beleefdheid.

faveure: sien faveur.

favorabel: voordelig, gunstig.

favoriseeren: begunstig, bevoordeel.

feijt: daad, handeling; heldedaad, krygsdaad; laakbare daad, misdaad.

feijtelijkheijd, ook feitelijkheijt: daad van geweld, vyandige of strafbare daad; botsing.

feitelijkheijt: sien feijtelijkheijd.

feliciteeren, ook filiciteeren: gelukwens.

felp, ook fulp, phelp: fluweel.

ferosse: ferosse koussen: kouse afkomstig van die Fëröer (eilande ten noorde van Skotland). In oorlogstyd het die skepe van die VOC verby hierdie eilande gevaar.

fexeren: sien vexeeren.

fiamente: fiamente storm:

fiatteeren: goedkeur.

fiel: skooier.

fiks: strak; presies soos dit behoort; op bekwame wyse, op flinke, kragtige, stewige wyse.

filiciteeren: sien feliciteeren.

fine: ten fine: ten einde; ten dien fine: ten dien einde; ten selven fine: tot dieselfde einde, tot dieselfde doel.

fingeeren: versin, verdig.

fixeeren: vasstel.

fixum domicilium: vaste woonplek.

flancqueeren: van ’n sykant af storm of veg.

flapkan: drinkkan met ’n flapdeksel wat ruim tien mutsjes inhou (vergelyk mutsje ).

flattere: vlei, na die mond praat, iets gunstiger voorstel as wat dit werklik is.

flerecijn: jig, rumatiek.

fleskelder: kis waarin flesse regop vervoer kan word.

floret, ook florette: sy gespin van die harde binnekant van ’n kokon.

florette: sien floret.

fluijt: transportskip (seilskip) met drie maste, lank en smal soos ’n fluit.

fock: sien fok.

focquemast: sien fokkemast.

foelij 1: dun omhulsel, sluier; bladtin, ’n mengsel van tin en kwik, wat agter spieëls of edelstene geplaas word om die terugkaatsing te versterk.

foelij 2: dop van die muskaatneut wat as spesery gebruik is.

fok, ook fock, fokke: op klein vaartuie ’n driehoekige seil wat tussen die fokkemas en boegspriet gehys word.

fokke: sien fok; fokke zaling: dwarshout aan die top van die fokkemas; fokke hals: tou van die fokkemas.

fokkemast, ook focquemast: voorste mas op ’n seilskip waaraan die fok gehys word.

fokkerust: steunpunt vir die toue van die fokkemas.

fokkerusten: breë, met ysterband beslane planke op sy van die fokke- of voormas.

fondeeren: sien fundeeren.

force: krag, geweld, mag.

forma, ook forme: vorm.

formalien: sien formaliteijten.

formaliteijten: gewoontes, gebruike, die reëls en vorms van die regspleging.

forme: sien forma; sonder forme van proces: sonder verhoor, sonder formaliteit.

formeeren: vorm, saamstel, tot stand bring; gedaante gee aan, skep; opstel.

formidabel: gedug, geweldig, ontsaglik.

fortres: vesting.

fosse braij: sien faulse braaij.

fotas, ook photas: geruite doek van sterk weefsel.

fourneeren: opbring, lewer, verskaf; geld of kapitaal verskaf, stort.

fraude: valsheid, bedrog.

fraudeerder: bedrieër, smokkelaar.

fraudeeren: bedrieg, mislei, smokkel; ’n verpligting ontduik.

fraudes: bedrieërye, smokkelarye.

frauduleus: bedrieglik, met bedrog gepaardgaande; op bedrieglike wyse, met ontduiking van ’n verbod.

frauduleuse: valse, bedrieglike.

freguat: fregat, oorlogsvaartuig met een dek en meer as 20, maar minder as 60 kanonne.

frequenteeren: dikwels besoek; omgaan, verkeer met.

fret, ook freth: soort handboor.

freth: sien fret.

frivole: sien frivool.

frivool, ook frivole, vrivool: ongegrond, uit die lug gegryp; waardeloos; niksseggend, ydel.

frontier: grens; grensvesting, grensstad.

frustreren: teleurstel, mislei.

fugeeren: vlug.

fugitief 1 (s.nw.): voortvlugtige.

fugitief 2 (b.nw): voortvlugtig.

fulp: sien felp.

fundeeren, ook fondeeren: grondves, grond; stig, oprig.

furie: onstuimigheid, opwinding; wilde uitbarsting van ’n natuurkrag.

furieus: woedend, rasend, heftig.

fust: sien fustagie.

fustaadje: sien fustagie.

fustagie, ook fustaadje: vat waarin handelsware verpak of geberg word; vaatwerk, verpakking van enige soort, alle verpakking in hout- of metaalvate.

fustick: geelhout.

G

gaarne: met genoeë, met lus; sonder moeite, sonder beswaar, bereidwillig.

gaat: dat ’t schip ergens gaat: tot niet gaan.

gaats, ook gat: oop vaarwater waarlangs ’n skip van ’n rivier of rede na die oop see kan vaar; binnen gaats, buiten gaats: binne, buite die seegat.

gaatschijf: ysterplaat met gate daarin wat smede, blikslaers en so meer gebruik het om gate van die vereiste groote in yster, blik, ens. te slaan.

gading: neiging, behae, genoeë, lus.

gaffel: rondhout, in skuins opwaartsgaande rigting aan die agterkant van ’n mas wat uitsteek en waaraan ’n basaan of ander seil gevoer word; so genoem na die gaffelvormige klou waarmee die onderste punt teen die mas steun (vergelyk basaensrae ).

gage: sien gagie.

gageeren: besoldig, beloon.

gagement: soldy van soldate; vorm van pensioen vir die manskappe in die Oos-Indiese leër.

gagie, ook gage: gasie, loon, besoldiging (veral van soldate en skeepsvolk).

gaijole: in hare winkels of gaijole: kooi, hier ’n uitstalkas met tralies (vergelyk kooi ).

galderij: sien galerij.

galeij: lang, smal vaartuig wat met roeispane of seile voortbeweeg word.

galerij, ook galderij, gaulderij: timmerwerk wat dien tot verbreding en versiering van die agterstewe van ’n skip.

galioen, ook galjoen 2: ou naam vir die voorste punt, snuit (sneb) of rostrum van ’n seilskip; in die galjoen was ’n klein sel, waarin matrose opgesluit kon word.

galjoen 1: groot seilskip met drie of vier maste.

galjoen 2: sien galioen.

galjoot: platboomseilskip met twee of drie maste, as vragskip sowel as oorlogskip gebruik.

ganingh: slytasie, verrotheid.

gantings: Javaanse gewigsmaat van wisselende gewig (3–6 kilogram), inhoudsmaat.

garande: sien guarant.

garandeeren: borg staan, borgtog stel, waarborg.

garant: sien guarant.

garbaleur, ook gerbaleur: sorteerder van speserye en ander goedere.

garbeleeren, ook garboleeren: uitsonder, sif, gewoonlik gebruik van peper.

garboleeren: sien garbeleeren.

gardijn: sien cortijn.

garioffel: heeltemal gaaf, gebruik vir beste gehalte naeltjie.

garneeren 1, ook garnieren 1, genieren, gnieren: skeepslading met los planke bedek om dit te beskerm of om andere goedere bo-op te pak.

garneeren 2, ook garnieren 2: kledingstuk of versiersel met ’n fyner en kosbaarder materiaal omsoom.

garnieren 1: sien garneeren 1.

garnieren 2: sien garneeren 2.

garras: sien gerras.

gast: flinke jongman.

gasteren: geld uitgee.

gastos (Portugees): onkoste.

gat: sien gaats.

gaudeeren, ook gauderen: bly maak, jou verbly, verlustig, geniet, ontvang.

gauderen: sien gaudeeren.

gaulderij: sien galderij.

gauw: vlug, behendig, vaardig; spoedig, snel, fluks, ylings.

gebindt, ook gebint: samestel van dwarsbalke wat die mure van ’n gebou met mekaar verbind.

gebint: sien gebindt.

gebleevene: vertoewende, nagelate.

geblijf, ook gebliven: agterweë bly, vertoef.

gebliven: sien geblijf.

gebuijld, ook gebuijlt: gebuijld meel: gesifte meel.

gebuijlt: sien gebuijld; gebuijlt broodt: brood gemaak van gesifte meel.

gebuuren: bure.

gecontumaseerdens: hardnekkige wederspanniges.

gecreërde: aangestelde, benoemde.

gedoente: gewone wyse van doen, bedrywighede waaraan iemand gewoond is; drukte, opskudding, getier, beweging; iemand se saak, nering of bedryf, met inbegrip van alle eiendom wat daarmee saamgaan.

gedoentjens: bedrywighede, sake, nering, bedryf (vergelyk gedoente ).

gedragen: bedra, beloop.

geenderhande: hoegenaamd geen.

gegadigden: almal wat neiging het of lus voel om iets te koop of te pag, belangstellendes.

gegeten: geëet.

gehengen: toelaat.

gehou: iemand gehou en getrouw zijn: iemand met trou aanhang en dit laat blyk.

geijlheijd: wellustigheid.

geijt, ook geijtje: bokooi, bok.

geijtje: sien geijt.

geinblox, ook gijnblok, gijnblox, jeinblox: gynblok, skeepskatrol met twee of drie skywe, waardeur die toue van ’n skip loop en waarmee groot trekkrag uitgeoefen kan word.

gelaag, ook gelagen: gelaag setten: ’n kroeg aanhou, drank verkoop.

gelagen: sien gelaag; gelagen setten/zetten: kroeg aanhou, geleentheid tot drankverkoop verskaf.

gelandens: bure, eienaars van aangrensende grond.

geledeerd: gekwets (vergelyk ledeeren ).

geliefte: welgevalle, welbehae.

gelijen: sigh gelij[d]en met iets: geduldig verdra.

gellich: galagtig, galsiek.

gemack: gemack ende gerack: alles wat ’n mens nodig het, alles wat gerieflik is.

gemeen 1 (s.nw): krygsliede of skeepsvolk wat tot die gewone manskappe behoort, in teenstelling met die offisiere.

gemeen 2 (b.nw.): algemeen.

gemoede: met gemoede: sonder dwang.

gemoet: in ’t gemoet komen: hulpvaardig wees, tegemoet kom.

gemotteert: bedorwe.

genecessiteert: genoodsaak.

geneeren: brood verdien, kos win, besig hou om brood te verdien.

generaal: algemeen.

generalaat: opperbevel.

generaliter: in die algemeen.

generen: in die lewe hou, staande hou.

genereus: edelmoedig, grootmoedig, groothartig, onbekrompe.

genereusite: edelmoedigheid, grootmoedigheid, groothartigheid.

genero: van dito genero: van genoemde soort, van genoemde artikel.

generositeit: edelmoedigheid, grootmoedigheid.

genieren: sien garneeren.

geniering: onderlading wat ligter moet wees as die res van die lading om die swaartepunt van die skip by stormweer nie te laag te laat lê nie.

genouchsaem: nagenoeg, vrywel, omtrent.

geprefigeerde tijt: vasgestelde tyd.

gerack: gerief, veral met betrekking tot lewensbehoeftes.

gerbaleur: sien garbaleur.

gereed: klaar; gereden penningen: geld wat dadelik beskikbaar is.

gereefde: gereefde marszeilskoelte: harde wind.

geregt: reg, geregtigheid; geregverdig, gewettig.

geregtigheeden (mv.): sien geregtigheijd.

geregtigheijd: belasting.

gerelegeerde: verbanne.

gereven: sien reven.

gerras, ook garras: katoendoek uit Bengale.

gespan: span trekdiere.

geus: vlag wat van die boegspriet waai.

gevoeglijk: op betaamlike manier, behoorlik.

gevordert: bevorder.

geweer: voorwerp van verweer; van toepassing op alle wapentuig (was in 17de eeu nog nie op vuurwapens van toepassing nie); wanneer ’n vuurwapen bedoel is, is byvoorbeeld schietgeweer gebruik; in 18de eeu word die woord al as die naam vir één wapen gebruik (vergelyk sijdgeweer ).

geweldiger: polisiebeampte by ’n garnisoen belas met die handhawing van tug, arrestasies en toesig oor gevangenes.

gewijsde: uitspraak, vonnis.

gieren: gedurig heen en weer beweeg, van rigting verander.

gijnblok: sien geinblox.

gijnblox: sien geinblox.

gijnloper: tou wat deur die geijnblok loop (vergelyk geijnblok ).

gilang: Persiese sy, afkomstig uit die distrik Gilan.

gillingh: waar een dek oorgaan in ’n dek wat op ’n laer vlak geleë is.

ginder, ook gunter: daar.

gingam: sien gingang.

gingams: sien gingang.

gingang, ook gingam, gingams: fyn, gekleurde katoenstof (geruit of gestreep), waarskynlik afskomstig uit Indonesië.

glans: glanserts, silwererts.

glas: sandloper; (skeepsterm) tydsduur van ’n halfuur, elke etmaal aan boord ’n skip is in ses wagte van vier uur elk ingedeel, terwyl elke wag weer in agt glase van ’n halfuur onderverdeel is.

glasemaker: ambagsman wat vensterruite insit of vervang.

glasroede: dun kruishoutjie waarmee ’n venster in reghoeke verdeel word.

glimmer: benaming vir ’n groep delfstowwe wat maklik splytbaar is.

glimp: gloed, gloor, glans; luister, glorie; skyn, sweem; een glimp aan iets geeven: ’n goeie aansien aan iets gee, iets beter of anders voordoen.

glimpig: bedrieglik.

gnieren: sien garneeren 1.

goede maanden: aan die einde van Februarie en Augustus wanneer die Kompanjie se soldate en matrose twee maande se salaris ontvang het.

goenies: sien gonnij.

goenij: sien gonnij.

goetje: kollektiewe aanduiding vir lewende hawe.

golgassen: ligte wolstof uit Turkye afkomstig.

gonje: sien gonnij.

gonjes: sien gonnij.

gonnij, ook goenies, goenij, gonje, gonjes: goiing, jut, growwe stof geweef van lndiese hennep, gebruik vir velerlei doeleindes onder andere vir die maak van sakke.

goot: geut of kanaal waarlangs vloeistof gelei word.

gordens: sien gording 2.

gordijn: sien cortijn.

gording 1: tou waarmee seile teen die skeepsmas opgehaal, opgekort word.

gording 2, ook gordens, gordingh, gordings: dwarsbalk/-lat van ’n dak om die dakbalke te bind.

gording 3: tuig van ’n saal.

gordingh: sien gording 2.

gordings: sien gording 2.

gordingsblok: katrol waardeur die gording loop (vergelyk gording 1 ).

goteling: soort ligte kanon, baie op skepe gebruik.

gouverno: aanwysing, reël, rigsnoer, narigting; tot u gouverno: om u daarna te rig.

grafsteede: graf; die plek waar iemand begrawe lê; gedenkteken op ’n graf.

grammoedig: toornig, vertoornd, verstoord.

granaat: projektiel vir kanon.

graseeren, ook grasseeren: voortgaan, versprei, heers, veral met betrekking tot ’n siekte wat woed.

grasseeren: sien graseeren.

gratieus: bekoorlik, innemend, beleefd; goedgunstig, genadig.

gratieuselijk: beleefd.

gratificeeren: genade skenk; vereer, begunstig, vergoed.

gravamina: besware.

graveel: niersteen, blaassteen.

graveeren: druk, knel; belas.

greene deel: dennehout, veral in die skeepsbou gebruik, greinhoutplank.

greene deelen (mv.): sien greene deel.

greene: van dennehout.

greenhout, ook greinenhout, grenenhout: dennehout.

greijn: weefsel waarvan die grondstof van die sywurm afkomstig was.

greinenhout: sien greenhout.

grenen: dennehout.

grenenhout: sien greenhout.

grieven, ook grieven: iemand bekommernis veroorsaak of verdriet aandoen; iemand se gevoelens krenk; iemand vertoorn of boos maak; iemand kwel, pla, pynig; iemand beseer; iemand met ’n vuurwapen verwond.

grijpen: stad grijpen: van krag word.

grijven: sien grieven.

grip: voor of sloot in die grond, droë sloot.

grom: ingewande van vis, visafval.

grond: vuile gronden: water wat gevaarlik is om te bevaar of in te anker.

gros, ook grosse: afskrif van ’n amptelike dokument; afskrif in die net.

grosse: sien gros.

grosseeren: stuk (akte, vonnis, ens.) oorskryf, in besonder in die vorm skryf waarin ’n akte uitgegee mag word, ’n vonnis ten uitvoer gebring mag word; netjies skryf, oorskryf.

grut: gruis, graan wat fyngemaal is.

grutter: meulenaar.

grys amber: sien ambergrys.

guarande: sien guarant.

guarant, ook garande, garant, guarande: waarborg.

guardijn: sien cortijn.

guinea: sien guinee.

guinee, ook guinea: blou katoenstof uit Voor-/Oos-Indië wat meestal as ruilmiddel gebruik is.

guinees: uit Guinee (Guinea) afkomstig; guinese linne (vergelyk negros, cambaja ).

gul: droog, bar, dor, onvrugbaar.

gunter: sien ginder.

gynlooper: tou wat deur twee gynblokke geskuif is om meer krag te kan uitoefen.

H

haaf, ook have: besittings, eiendom.

haakbus, ook harquebus: 15de-eeuse handvuurwapen met ’n haak waarmee dit aan die een muur of borswering vasgesit kon word ten einde die hewige terugslag op te vang.

haalkan: kan waarin drank gehou is; bij de haalkan verkopen: by klein maat verkoop.

haalmes: krom mes met twee hewwe wat deur wamakers, kuipers en ander ambagsmanne gebruik is, trekmes.

haam: houtband om die nek van ’n dier om dit te bedwing, trektuig van ’n perd.

Haantjes bier: bekende soort bier uit die brouery van De Haan en Sleutels, met ’n haan op die etiket.

habiel, ook habijl, habil: bekwaam, behendig, vaardig, bedrewe, geskik.

habijl: sien habiel.

habil: sien habiel.

habilder: geskikter, bekwamer, behendiger.

hacquet: twis, stryery.

haekkeper, ook hoekkeeper: latte gebruik vir die raamwerk van ’n dak.

haesitatie: versuim; besluiteloosheid.

half uurs glasen: uurglas; die tyd aan boord ’n skip is bereken volgens glase van ’n halfuur.

halfdek: gedeelte van die bodek/opperdek agter die hoofmas wat slegs vir offisiere toeganklik is.

halfje: benaming vir die helfte van ’n bepaalde inhoudsmaat, hoeveelheid of bedrag, en vervolgens ook ’n houer, beker of glas wat die inhoud van ’n halfje kan bevat.

halfverwegen: halfpad.

hals: tou waarmee skeepseile gespan of gestryk word; om hals raaken: sterf.

halsterk: hardnekkig, weerspannig.

halsterrigheijd: hardnekkigheid, onversetlikheid, weerspannigheid.

halta: sien halte.

halte, ook halta: halte houden: stilhou, die reis of mars onderbreek om te rus.

halverdek: ruimte agter die groot mas.

halvering: halvering van gagie: volgens art. 46 van die algemene artikelbrief is die lone van sekere amptenare wat bevorder is voordat hul dienstyd verstreke was, vasgestel op die helfte van hul vorige loon plus die helfte van die loon wat aan die nuwe amp/werkkring verbonde was.

haman, ook hamman: doek van digte weefsel, gebruik as omslagdoek in die winter, maar ook as handdoek.

hamman: sien haman.

hand 1: aan de betere hand zijn: van ’n siekte herstel.

hand 2: hand van anker: driehoekige blaaie of lepels aan die punt van die ankerarm.

handreijking: hulp, bystand, ondersteuning.

handsaam, ook handsaem, handtsaem, handzaam, hantsaam, hantsaem: onderworpe, gedweë, gemaklik, geskik (van persone); gewillig, mak (van diere); buigsaam, lenig; nie onstuimig of ru nie, aangenaam (van die weer); handsaam weer: gunstige weer, mooiweer.

handsaem: sien handsaam.

handtastelijk: tasbaar, duidelik, onmiskenbaar.

handtsaem: sien handsaam.

handvulling: voldoening, betaling van ’n skuldeiser.

handzaam: sien handsaam; handzaam weer en wind: aangename weer en wind, nie onstuimig nie.

hanebalk: balk in die kapwerk of solder van ’n huis.

hangel: hengel.

hanger: tou om die top van ’n skeepsmas waaraan ’n katrol of hangerblok vasgemaak word (vergelyk hangerblok ).

hangerblok: blok (katrol) waardeur ’n hanger loop.

hantsaam: sien handsaam.

hantsaem: sien handsaam.

hantspaak: kort houthefboom, gebruik om goedere mee op te lig of om te draai.

hapje: bries, windstoot.

harangue: deftige toespraak, plegtige redevoering; harangue doen: ’n toespraak hou.

harden: uithou, uitstaan, verduur, verdra; niet om te harden: ondraaglik.

hardiesse: vermetelheid, vrypostigheid, onverskrokkenheid.

harpen: harpen van graan: sif van graan.

harpuijsen: insmeer met harpuijs, ’n mengsel van was, lynolie en vet, soms ook swawel, waarmee dele van die skip besmeer is om dit teen houtwurm en verwering te beskerm.

harquebus: sien haakbus.

harquebusade: die doodskiet met die harquebus of haakbus (vergelyk haakbus ).

hart: in die middel van die skip waar die romp die dikste is of die grootste omtrek het.

hartje: werktuig wat in houtpomp gebruik word.

hasard, ook hazard: gevaar, waagstuk, kans.

hasardeeren, ook hazardeeren: in gevaar stel, waag, in die weegskaal plaas.

have: sien haaf.

haven: behouden haven: buite gevaar.

hazard: sien hasard.

hazardeeren: sien hasardeeren.

heeresaaij: wolstof.

heester: lae, boomagtige struik of gewas.

heij: heide.

heijpaal: paal wat in die grond gedryf word.

hekbalk: gedeelte van die wand wat die twee sye van ’n skip verbind.

hekel: prikkel.

hel: voorste gedeelte van die skeepsruim onder die koebrug, waar olie en ander behoeftes vir daaglikse gebruik bewaar is (vergelyk koebrug ).

helbart: sien hellebaard.

hellebaard, ook helbart: slaan- of stootwapen met ’n houtsteel waaraan ’n skerp, bylvormige blad vasgeheg is en wat deur onderoffisiere as teken van hulle rang gedra is.

heller: oorspronklik ’n Duitse muntstuk; geen heller ontvang: geen duit ontvang.

helm 1: duinplant, soort rietgras.

helm 2: glas- of koperkap op ’n distilleerkolf of -ketel.

hengen: toelaat, gedoog.

hennep: tweelobbige plant ( Cannabis sative L.) waarvan die basvesels as grondstof vir die maak van toue en die weef van seile gebruik is.

herederen: erf.

hertigen: behartig.

heusch: hoflik.

hijpaal: paal wat in die grond gedryf word.

hijpoteecq: onderpand, teenpand, grondpand; geldlening met onroerende goedere as pand wat in besit van die pandgewer bly solank hy sy verpligtinge nakom.

hinc inde: van hier en daar, van die een en ander party.

hobitser: sien houwitser.

hoed: inhoudsmaat vir steenkool, kalk en graan wat van plek tot plek verskil het (byvoorbeeld vir steenkool, ongeveer 1172 liter).

hoefslag: aangewese versamelplek.

hoeker: klein platboomvaartuig, gewoonlik met twee maste, maar altyd met ’n kajuit wat bo die dek uitsteek.

hoekkeeper: sien haekkeper.

hofmeester: hoof van die huisbediendes van ’n belangrike persoon; hoof van die kombuispersoneel; tafelmeester.

hol: hol over bol: halsoorkop, vooroor, onderstebo.

holle zee: onstuimige see met hoë golwe.

holmes: soort trek- of haalmes met ’n gekromde lem.

homicidie: doodslag.

honck: tuiste.

honderd: ten honderd: op elke honderd, persent.

hondewacht, ook hondewagt: die wag aan boord ’n skip wat van middernag tot vieruur in die oggend strek, so genoem omdat, op land altans, almal gaan rus en die bewaking van die huis aan die honde oorlaat.

hondewagt: sien hondewacht.

honereeren: eer, vereer.

honigdauw: swamme of bladluise op plante.

honneurs: eerbewyse.

honorabel: eervol, belangrik.

honoreeren: eer, vereer; (’n wissel) aanneem, (skuld) betaal.

hoogbootsman: skeepsoffisier wat toesig moes hou oor die seile en touwerk van die groot mas.

hoogteij: hooggety.

hooploper: jongmatroos, matroos tussen 16 en 18 jaar wat reeds die werk van ’n volwasse matroos gedoen het, maar nog weinig betaal is.

hoornwerk: sien hornwerk.

hoosen: kouse.

hoosvat: langwerpige, uitgeholde skepper om water uit ’n skip te gooi.

hopman: bevelvoerder oor ’n afdeling soldate.

hornwerk, ook hoornwerk: versterking van ’n vestingwerk, bestaande uit ’n aantal bastions, verenig deur ’n courtine of wal (vergelyk courtine ).

hortus medicus: tuin waarin plante ten dienste van die mediese wetenskap gekweek word.

hospes: herbergier, losieshuishouer.

hostiliteijt: vyandigheid, vyandelikheid.

houtvester: persoon belas met die toesig oor die bosse in ’n sekere gebied.

houw: ter houw komen/koomen: êrens teregkom, sukses behaal; veilig aankom, behoue aankom.

houweel: landbou-implement om die bogrond mee los te maak; werktuig om gate in harde grond mee te maak; gereedskap om bome mee te snoei.

houwen: iets met skerp gereedskap in vorm kap; klip in vorm kap.

houwer: houtkapper, klipkapper, beeldhouer; steekwapen (sabel, degen, hakmes).

houwerriem: draagband, waaraan die houwer of handgeweer van soldate gehang het.

houwers: sien houwitser.

houwitser, ook hobitser, houwers: kort geskut wat granate en kartetse afvuur.

huijsenblas: vislym.

huijsing: dun skeepstou.

huijvellint: lint gebruik om die huif of mus van ’n dame mee te versier.

hut: woonplek vir die offisiere of stuurlui op ’n skip.

I

ignorantie: onkunde, onwetendheid.

ijetwes: iets.

ijsengrim: brombeer.

ijsertros, ook ijzertros: tou van die beste gehalte.

ijservercken: ystervark.

ijzertros: sien ijsertros.

ilico: onmiddellik, op staande voet, regstreeks.

illusoir: bespotlik, belaglik; tevergeefs, denkbeeldig, nie werklik bestaande; illusoir maken: van alle betekenis ontneem, ontduik.

illustre: skitterend, voortreflik, aansienlik, vernaam, uitstekend, beroemd, deurlugtig.

imboel: inboedel, huisraad.

immediaat, ook inmediaat: onmiddellik, oombliklik, dadelik, regstreeks.

immuniteijt: onaantasbaarheid, onskendbaarheid.

impediment, ook empediment: belet (verhindering ten opsigte van besoek), verhindering, belemmering.

imperieuse: gebiedende.

impertinent, ook inpertinent: onbehoorlik, brutaal, onbeskaamd.

impertinentie, ook inpertinentie: onbetaamlikheid, onbeskofdheid, brutaliteit.

impetrant: verwerwer, verkryger.

impetreeren: afsmeek, afvorder; verkry, bekom.

imploreeren: aanroep, bid, hulp afsmeek, iets versoek.

importabel: ondraaglik.

important: gewigtig, belangrik, van belang.

importantie: gewig, belang, aansien, waarde, invloed.

importeeren: uitmaak, bedra; van belang wees.

imposeeren: oplê, ten laste lê.

impositie: sien impost.

impost: heffing deur die owerheid opgelê, belasting (veral aksynsbelasting, skatting).

impotent 1 (s.nw.): invalide, sieke.

impotent 2 (b.nw.): deur liggaamsgebreke nie in staat om ’n beroep te beoefen nie.

impotenten (mv.), ook inpotenten: sien impotent 1.

impracticabel, ook inpracticabel, inpractijckabel: onuitvoerbaar, ondoenlik.

impressie: indruk, invloed.

improbeeren: afkeur.

imprudent: onbesonne, onbedagsaam.

imputeeren: toereken, ten laste lê, skuld gee, verwyt.

in bonis: in vermoë.

in dorso: op die keersy.

in loco: ter plaatse; hier, alhier.

inbueren: inprent.

incapabel: onbekwaam, ongeskik.

incarsereren: in die gevangenis opsluit.

inclementie: ongenade, onvriendelikheid, hardheid, ruheid, strengheid.

inclinatie: geneigdheid, neiging, gesindheid.

inclineeren: neig, oorhel, neiging of lus tot iets hê.

inclusief, ook inclusive: ingeslote, met inbegrip van.

inclusive: sien inclusief.

incommodeeren: lastig val, hinder, ongeleë tydstip tref.

incommoditeijt: ongeleentheid, ongemak, ongerief, las, oorlas.

incompatibel: onverenigbaar, onbestaanbaar.

inconvenient: beswaar, ongemak, ongerief.

incorrigibles: onverbeterlikes.

incumbeeren: oplig, steun, jouself op iets toelê of jou daaraan toewy, iets ter harte neem.

indagtig: iemand iets indagtig maken: iemand se aandag op iets vestig, iemand aan iets herinner.

indemneeren: iemand skadeloos hou.

independent: onafhanklik, selfstandig, ongebonde.

inderhaest: binnekort.

indifferent: onverskillig, neutraal; sonder onderskeid.

indignatie: verontwaardiging, misnoeë.

indiscretie: onbeskeidenheid.

indispoost: ongesteld, ongesond.

indispositie: ongesteldheid; ontsteldheid, ontsteltenis.

indistincte: verwarde.

inditie: aanwysing, aanduiding.

inditien (mv.): sien inditie.

indubitabel: ontwyfelbaar, sonder twyfel.

inductie: aansporing, oorreding, drang, invloed; tydelike vrystelling aan ’n skuldenaar om sy skuldeisers te voldoen.

indulgentie: toegewendheid, verskoning.

industrie: ywer.

inexcusabel: verpligtend.

infaam: skandelik, veragtelik.

infecteeren: besmet, aansteek.

infectie: die besmetting of bevuiling van iets deur iets anders.

inferieur: minder, ondergeskik, laer in waarde.

influeeren, ook influeren: invloed hê of uitoefen op; invloei, byvoeg.

influeren: sien influeeren.

informatie: navorsing, ondersoek.

informeeren: onderrig, inlig, kennis gee van; inligting inwin, navraag doen na.

infractie: inbreuk, skending, oortreding, afwyking.

infructueus: vrugteloos.

ingelanden: grondeienaars.

ingesloken: sien insluiken.

inhaereeren: sien inhereeren.

inhereeren, ook inhaereeren: aankleef, aanhang, behorende tot, eie wees aan, in iets volhard.

inhijen: stutpale in die grond dryf of slaan.

inhout (gewoonlik inhouten (mv.)): de inhouten: benaming vir die gesamentlike stukke hout wat die geraamte van ’n houtskip uitgemaak het.

inique: onbillik, onregverdig, slinks.

injungeeren: invoeg, toevoeg; beveel, aanbeveel, voorskryf.

injuria: onregtelik, onbillik.

injurie: onreg, belediging, mishandeling, skade.

injurieeren: beledig, hoon, skel, benadeel.

injurieus: beledigend, lasterlik, smadelik, eerrowend.

injurieusen: sien injurieus.

inlanderen: inboorlinge van ’n bepaalde gebied.

inmediaat: sien immediaat.

inmeijnen: inkoop, aankoop; by ’n openbare veiling iets koop.

inmeublen: onroerende goedere.

inmiddens: inmiddels, intussen.

inmijnen: inkoop, aankoop; by openbare veiling iets koop.

inpertinent: sien impertinent.

inpertinentie: sien impertinentie.

inpotenten: sien impotenten.

inpracticabel: sien impracticabel.

inpractijckabel: sien impracticabel.

inquireeren: ondersoek, navors; geregtelik ondersoek, verhoor.

inquisitie: geregtelike ondersoek, ondersoek van owerheidsweë ingestel.

inreparabel: sien irreparabel.

insereeren: inlas, invoeg, laat opneem in, plek gee in.

insertie: inlassing, invoeging.

insgelijx: ewe so, ewe seer, eweneens; desgelyks; bowendien, daarenbowe.

insinuatie: amptelike bekendmaking of vordering; bedekte aantyging.

insinueeren: iemand geregtelik beveel om iets te doen, geregtelik opvorder; te kenne gee, bekend maak.

insisteeren: aandring, volhard, op iets staan.

inslaan: in voorraad neem, inkoop, aanskaf.

insluiken: inlas.

insolent: onbeskaamd, brutaal, vermetel, hoogmoedig.

insolentie: onbeskaamdheid, brutaliteit, onbetaamlikheid, onbeskeidenheid.

instal: tot een instal geraaken: depresieer, waardeloos word; ten instal brengen: pag sy waarde laat verloor.

installig: verpagtingen installig maken: maak dat dit nie verkoop kan word nie.

instantelijck, ook instantelijk, instantiglijk: nadruklik, aanhoudend; aanstonds, onverwyld, oombliklik, terstond; instantelijck versoecken: dringend vra.

instantelijk: sien instantelijck.

instantie: dringende versoek of aansoek; versoek of vordering wat in die loop van ’n regsgeding gedoen word.

instantig: dringend.

instantiglijk: sien instantelijck.

insteeren: op iets aandring.

instigatie: aanprikkeling, aan- of ophitsing.

institueeren: instel, oprig, stig; (voog) aanstel, aanwys; (regsaksie) instel, begin; (handeling) begin, onderneem.

institutie: burgerlike of staatsinstelling; bevestiging in ’n amp.

instrueeren: onderwys, onderrig; voorberei vir ’n geding.

instrument 1: bewyskragtige dokument, oorkonde, akte, verbandbrief.

instrument 2: ongewensde persoon, deugniet.

instrumenten (mv.): sien instrument 1.

insult: belediging, hoon.

intameeren: sien entameeren.

intenderen: iets beoog, begin, onderneem, in die sin kry, oorweeg, besluit.

intentie: bedoeling, mening, oogmerk, voorneme; plan; aanklag, eis.

intentioneeren: beoog, bedoel: geintentioneerd zijn: sodanig gesind wees; van sodanige voorneme wees.

interdiceeren, ook interdiceren: verbied, belet.

interdiceren: sien interdiceeren.

interdict, ook interdictie: geregtelike verbod om met ’n sekere handeling voort te gaan.

interdictie: sien interdict.

interesseeren, ook intresseeren: belang hê by, belangstel in, jouself met ’n saak bemoei.

interessen: sien interest.

interest, ook intres, intrest, interessen: skade, verlies; skadevergoeding, skadeloosstelling; rente; belang, belangstelling; voorwerp van belangstelling.

interjectie: tussenwerpsel.

interpallatie: onderbreking.

interponeeren: jouself as bemiddelaar aanbied; bemiddeling oorneem; iets bemiddel, tussenbeide kom.

interpositie: tussenstelling, tussenkoms.

interrogatoria: sien interrogatorie.

interrogatorie, ook interrogatorium, interrogatoria: geregtelike ondervraging; verhoor.

interrogatorium: sien interrogatorie.

interrumpeeren: in die rede val, onderbreek.

interruptie: onderbreking, stoornis.

intervallen: ongewenste voorvalle.

inteugelingh: beteueling, bedwang, beperking.

inthimatie: aansegging, bekendmaking.

intrageren, ook intreegeeren: oorhandig.

intreegeeren: sien intrageren.

intres: sien interest.

intresseeren: sien interesseeren.

intrest: sien interest; verscheenen intresten: gedeelte van die rente wat aan die krediteur uitbetaal is.

intrinsique: innerlike, wesenlike.

introduceeren: iemand plegtig binnelei, inbring; in gebruik stel, in werking stel, invoer.

introductie: voorstelling van iemand aan ’n vergadering of genootskap.

inutiel: nutteloos.

invadeeren: inval, oorval.

invasie: vyandelike inval in ’n land of gebied.

invectief: skelwoord, smaadwoord; uitbarsting van misnoeë, beledigende rede.

invendibel: onomkoopbaar.

inventariseeren: inventaris van iets opmaak.

inventeeren: bedink, versin; uitvind.

inviolabel: onskendbaar.

invougen: sodat.

invuuren: vervuuren.

inzaam: insameling.

ipso jure: van regsweë.

irregulier: onreëlmatig, ongereeld; ongeskik, onordelik.

irreparabel, inreparabel: onherstelbaar, onvergoedbaar.

irreverent: oneerbiedig.

iteratief, ook iterative, iterratief: herhaaldelik, meermale, herhalend, herhaald.

iterative: sien iteratief.

iterativelijk: herhaaldelik, meermale.

iterratief: sien iteratief.

J

jacht: skip met seilmaste wat vinniger gevaar het as die ander seilskepe.

jaeger: sien jager.

jager, ook jaeger: jager suycker/bollen: suiker of bolle van jagra, dit is suiker van die lontarpalm (jagerboom) gemaak (vergelyk jagerboom ).

jagerboom: tans verouderde benaming van ’n Oos-Indiese boom van die palmfamilie: die lontar ( Borassus flabelliformis L. ); jager is ontleen aan die vreemde naam van die bruin of ‘swart’ suiker wat gemaak is uit die vog wat uit die blomkelke van hierdie boomsoort versamel word; bruinsuiker is van die sap gekook; die mense van Malabaar het dit jagara en die Portugese jagre genoem.

jarig: een jaar oud; jarig goedje: jong goed, jong klomp.

jatij: Indiese teakboom (Tectona grandis), Oosterse kiaat, met uitstekende timmer- en sierhout; jatij planken: planke gemaak van djati of teakhout.

jegenwoordig: teenwoordig, teenswoordig.

jeinblox: sien geinblox.

jol, ook jolletie, jolletje: klein, ligte roei- of seilboot wat veral gebruik is om boodskappe oor te bring of drenkelinge te red.

jolletje: sien jol.

Jopenbier: bier, afkomstig uit Danzig.

jouisseeren, ook jouisseren, joviseeren, joviseren: geniet, gebruik, genot hê van, die vruggebruik hê van.

jouisseren: sien jouisseeren.

joviseeren: sien jouisseeren.

joviseren: sien jouisseeren.

juchten (b.nw.): van juchtleer vervaardig (vergelyk juchtleer ).

juchtleer: soort baie sagte, soepel, waterdigte, sterkriekende leer (vroeër veral in Rusland van die huide van halfvolwasse beeste berei ( jucht van Nieu-Persies juft ‘paar’, omdat die huide paarsgewys gelooi is).

judicature: vonnis.

judicio: in judicio: terwyl ’n regsaak hangende is.

juffer: vierkantige dennebalk, solderbalk, blok met ysterbeslag en drie of vier gate, waaraan die hooftoue van ’n skip vasgemaak word.

jugeeren: uitspraak gee/lewer, vonnis, veroordeel, beslis, oordeel, besluit.

jugement: regterlike uitspraak, vonnis, veroordeling, regspraak.

jure: volgens reg.

justificatie: regverdiging, verdediging.

justitieeren: reg spreek, bereg.

K

kaafijzer: groot skeepsboor.

kaatje: sien caatje 1.

kaffer: sien caffer.

kalangeeren: sien calangeeren.

kales, ook kalesch: vierwielige rytuig (koets) met of sonder opslaande kap.

kalesch: sien kales.

kalfaten: sien calfaten.

kamer: sien camer.

kampanje, ook campanje: hut of kajuit agter op ’n skip; hoë agterste gedeelte van ’n skip; boonste skeepsdek op ’n seilskip.

kanasser, ook canasser, cannasser, kanaster, knasser: mandjie of houer van rottang gevleg, wat in Oos-Indië gebruik is om suiker in te vervoer.

kanaster: sien kanasser.

kapitaal, ook capitaal: kapitaal schip: tegniese benaming vir die grootste soort skip.

kapstijl: bindstyl.

karakter, ook caracter: merkteken, kenteken; kenmerk; kenmerkende sedelike en geestelike hoedanighede van ’n persoon; rang, status, posisie; aard, natuur, wese, vorm, gedaante.

karbeel: sien carbeel.

kardeel, ook cardeel: traanvat; soort skeepstou wat gebruik word om seil, vlag of wimpel op die regte hoogte te hou; hystou waarmee skeepseile gehys of gestryk word.

kardoeskoker: sien cardoes koker.

kargeren: belas wees, belaai, debiteer.

karsaai, ook carsaai, carsaij: growwe wolstof/-materiaal, waarskynlik in Kersey, Engeland gemaak; kledingstuk wat van karsaai gemaak is.

karveel: sien carbeel.

karveelhout: carveelplank.

kat 1, ook cat: hoë wal of muur in ’n fort wat as versterking dien en waarvandaan die omliggende terrein verken en deur die geskut bestryk kan word.

kat 2: ligte anker wat aan die arms van ’n skeepsanker vasgeheg word om te help om die skip geanker te hou.

katje, ook caatje, cattij: teeblik van lood.

katskop: soort klip wat soos die kop van ’n kat lyk; sekere soort koraalsteen.

kattespoor: versterking binne die wand van ’n skip.

kauri: sien caurits (Eng. cowries ).

kavelen: nagaan, bereken.

keelen 1 (s.nw.): sy van ’n bastion waarmee dit met die binnekant van die vesting verbind word.

keelen 2 (ww.), ook kilen: maak van die smal toelopende strook van ’n plank, wat bedoel is om in die haaklas van ’n ander plank te pas.

keep: kerf.

keer: te keer gaan: iemand te lyf gaan of aanval; met ’n leër uittrek; die vyand afweer, stuit.

keisteen: rivierklip.

kelder: kissie met 15 afdelings, waarin bottels wyn of ander drank regop kan staan om vervoer te word; het omtrent 200 mutsjes bevat.

kermisschepen: skepe wat omstreeks teen die tyd van die Amsterdamse kermis na Indië vertrek het (“Onse Hollandtsche kermissen beginnen voor de meest deel in de maand van Mey” (1672), WNT).

kervel: ’n groentesoort wat ook as geneesmiddel gebruik is.

keurnadel, ook keurnadels, keurnagel: kornael.

keurnadels: sien keurnadel.

keurnagel: sien keurnadel.

keursaat, ook keurzaat: saad van die beste gehalte.

keurzaat: sien keursaat.

kielen: skip op sy sy omkeer om die onderkant te herstel of na te sien.

kielhalen: (van ’n skip) ’n skip word op sy kant gelê om dit skoon te maak; (van ’n persoon) iemand onder ’n skip deurhaal as straf.

kiez: deur slyting en skuring afgeronde stukkies kwarts.

kil: smal kanaal, stroomkuil, rivierbedding.

kilen: sien keelen 2.

kim 1: opwaarts geronde gedeelte van die skeepswand, buitehuid van die skip tussen die kiel en die ronding: de kimmen: rondings van die skeepswand aan albei kante van die skip.

kim 2: wit, skimmelagtige stof wat uit die selle van die gisswam gevorm word en op die oppervlakte van bier, wyn en ander vloeistowwe ontstaan.

kinnebaksblok: skeepskatrol wat aan die een kant oop is sodat die tou oor die skyf geplaas kan word sonder om dit geheel en al deur te ryg.

kip: kip lont: 18 1/2 kilo lont.

kit: hout-, metaal- of klipvat waarin vloeistowwe gehou word.

kitserij: Indiese gereg waarvan gesplete boontjies of ertjies die hoofbestanddeel vorm.

kleinagting: geringskatting.

klinker: baie harde baksteen wat gebruik is vir plaveisel.

klisteer: hoeveelheid vloeistof wat in die dermkanaal gespuit word om die stoelgang te bevorder of as genees- of voedingsmiddel.

kloek: (van persone en diere) groot en sterk gebou; sterk, kragtig, stewig; fiks, welvarend; dapper, moedig; bekwaam, knap.

kloskoort: koord met die hand gemaak.

kluijs: opening aan weerskante van die boeg van ’n skip waardeur die ankertoue gesteek word.

kluijver: driehoekige seil wat op seilskepe gehys is.

knaap: klamp waarmee iets tydelik in posisie gehou word.

knasser: sien kanasser.

kneppel: kort dik stok, knuppel.

kneppel: twee koeëls van ’n skeepskanon wat met ’n ysterbout aan mekaar vasgeheg is, en wat gebruik is om ’n vyandelike skip se tuig mee te vernietig.

knibbelarij: rusiemakery, twistery, kyfery.

knie, ook cnie: swaar gekromde stuk hout in die vorm van ’n winkelhaak wat gebruik is by die samestelling van die geraamte van ’n skip en waarmee ’n balk van die skip aan ’n vlak of aan ’n ander balk of plat oppervlakte verbind/vasgeheg word.

knok: bot, been.

koebrug, ook coebrug, coebrugh: ekstra vloer tussen twee dekke wat ’n afgeslote ruimte gevorm het, dek onder/laer as die benede- of tussendek waar die hut van die skipper is en die ankertoue opgerol is; loopplank waarmee voetgangers, voertuie of vee op- of afgelaai is.

koelte, ook coelte: sagte wind, verkoelende lugstroom; wind (seemansterm).

kognossement: vragbrief met naam van die persoon wat die vrag ingelaai het, naam en adres van die skipper, naam van die skip, beskrywing van goedere, plek waarvan die goedere gekom het en plek waarvoor hulle bestem is.

koksplaats: woon- of werkruimte van die kok aan boord ’n skip.

kolderstok: greep van ’n skip se roerpen, stok waarmee die roerpen heen en weer beweeg word.

kombuijs, ook combuijs: spys-, proviand- of voorraadkamer; stook- of kookplek op ’n skip, op groot skepe onder die bak en op kleiner skepe onder die dek.

komenij, ook commenij, kommerij: winkel waar suiwelprodukte, kruideniersware en vleis verkoop word.

kommandeur: van skip, volg in rang op skout-by-nag.

kommerij: sien komenij.

konst: kuns.

konstabel: sien constabel.

konstapel: sien constabel.

kontentement: sien contentement.

kooi: deur traliewerk omslote ruimte wat dien om bewegingsvryheid te beperk.

koopmanschappen: handelsware.

korl, ook corl, korrel: saad, graan; benaming vir ’n bepaalde graansoort, veral rys.

korn: oppervlakte oneffe maak.

korrel: sien korl.

kort: in ’t kort: weldra, binnekort.

kortelings, ook kortelinks: binnekort, spoedig, onlangs, kort gelede.

kortelinks: sien kortelings.

kous: ring van koper of yster wat die lus van ’n tou oop hou.

kraak: seilskip met dieselfde voorkoms as die galjoen; deur die Portugese en Spanjaarde gebruik, maar het teen die einde van die 17de eeu in onbruik geraak.

kraanboor: boor waarmee die gat vir die kraan in ’n vat geboor word of waarmee gate groter geboor word; sirkelboor.

kraanzaag: lang saag wat deur twee persone hanteer word en waarmee balke en planke uit boomstamme gesaag word.

krackelen: krakeel, twis, rusie maak.

krak: breuk, skeur, bars; een krak kregen: ’n slag, knak, knou kry.

krakeling: bros gebak wat kraak as dit geëet word.

kramerij: kollektiewe benaming vir allerlei artikels wat op klein skaal verkoop word.

kramsel: laag strooi of riet wat teen ’n dyk of duin aangebring word as beskerming teen die golfslag.

krap: krap water: water wat nouliks diep genoeg is om op te vaar.

kreek: inham; oewer, wal.

krengen, ook krengt: skip sywaarts te laat oorhel deur die ballas of lading na die een kant te verskuif, om sodoende iets buite boord skoon te maak of te herstel.

krengt: sien krengen.

kromstyl: stut of krombalk aan die agterskip.

kroos, oo croos: soort skaaf deur kuipers gebruik om groewe in ’n vat te maak.

kroosschaaf: kroos.

kruijssteng, ook kruijsstengh: stang waaraan die kruisseil vasgemaak word.

kruijsstengh: sien kruijssteng.

kruijszeijl, ook cruijszeijl, kruijszeil: die middelste seil aan die besaansmas van ’n seilskip.

kruijtzeef: sif waarmee kruit gesif word.

krui-staart, ook kruisteert: balke aan die agterkant van ’n meul wat die kap laat draai.

kruisteert: sien krui-staart.

kruiszeil: sien kruijszeijl.

kuijl, ook cuijl: gedeelte op ’n skip wat van onder die halfdek tot onder die bak strek.

kustingbrief: sien custinghbrief.

kwetsuur, ook quetsuur, quetsuure: liggaamlike letsel, wond.

kwispedoor, ook quispidoor: spuugbak.

kwistgoed, ook quistgoed: verkwister; iemand wat weens verkwisting onder geregtelike bestuur geplaas word.

L

l’anée: die jaar.

laadpriem: puntige ysterstaaf wat deur ’n opening (laaigat) in die kanonloop gesteek word om die kardoes oop te boor, sodat dit kan ontbrand wanneer die laaikruit aangesteek word.

laagteij: laaggety.

laarsen, ook laarsten, laersen: straf wat aan matrose uitgedeel is deur hulle met ’n stuk tou op die nat broek te slaan.

laarsten: sien laarsen.

labber: effens bewegend; labber coeltjen: sagte wind.

laboreeren: jouself inspan, jou bes doen.

laccagie, ook laxatie, leccage, leccagie: alle verlies van goedere wat tydens transport kan plaasvind, nie slegs deur die ontstaan van ’n lek nie, maar ook deur opdroging of verlies wat ontstaan deurdat die goedere oorgelaai of diefstal gepleeg word.

ladder: leer.

laegerwal: sien lagerwal.

laersen: sien laarsen.

laesie: beskadiging, kwetsing, benadeling.

lager: een bot lager, een botte lager: ’n kuslyn waar die wind reghoekig uit die see op die land aanwaai.

lagerwal, ook laegerwal: die gevaarlike kant van die kus, omdat dit die oewer is waarop die wind staan; een botte lagerwal: kus waar die wind vanuit die see in die rigting van die land waai.

laken: geweefde wolstof; katoen, linne.

lamieren: lamieren van den dag: aanbreek van die dag.

landspassaat, ook lanspassaet: onderoffisier op ’n skip, in rang net onder ’n korporaal.

landwinninge: vrygeleide.

langen, ook langhen: gee, aangee, toereik, oorhandig, skenk, verstrek.

langhen: sien langen.

lanspassaet: sien landspassaat.

lapsum, ook lapsus: lapsum des appèls: die wegval van die appèl, aangesien die fatale termyn verstreke is.

lapsus: sien lapsum.

largeeren, ook largeren: vrystel, loslaat.

largeren: sien largeeren.

largeringe: afgifte, vrystelling.

largo: breedvoerig, uitvoerig.

las: sien last.

lassiviteit: brooddronkenheid, ontug.

last, ook las: inhoudsmaat, gewigsmaat vir graan, wat wissel na gelang van tyd en land (aan die Kaap ongeveer 36 sak).

lasthaak: haak aan ’n hystoestel waaraan die las gehang word.

lastlijden: moeilikheid veroorsaak.

lastpoort: sien ballastpoort.

latireeren: skuil (hou), wegkruip.

latoen: verbinding van koper en sink, somtyds met byvoeging van lood of yster; geelkoper; latoenkoper: bladkoper.

laudeeren: prys, loof.

laveeren, ook laveren: beurtelings oor die een en dan oor die ander boeg seil ten einde teen die wind in te seil.

laveren: sien laveeren.

laxatie: sien laccagie.

laxeeren, ook laxeren: verlore gaan, minder word, soos in laxeren van salpeter.

laxeren: sien laxeeren.

laxerende goederen: verlies van goedere tydens transport deur ’n lek, opdroging, bederf, klein diefstalle, ens.

leccage: sien laccagie.

leccagie: sien laccagie.

lecture, ook lectuure: lesing, voordrag, voorlesing van stukke (veral ’n voorlesing van amptelike stukke ten behoewe van diegene wat belang het by die sake daarin vervat); naar lectuure: na voorlesing.

lectuure: sien lecture.

ledeeren, ook lederen: kwets, beledig, veronreg.

ledeerende: kwetsende, beledigende, verontregtende.

lederen: sien ledeeren.

leepel: hol koperblad met ’n steel en klos, laailepel genoem, wat gebruik is om ’n kanon van binne skoon te maak of met buskruit te laai.

leerboom: opgaande hout van ’n leer, waarin die sporte gesteek word.

leerscheijen: juk of leerskeie, dwarshout wat die juk op die nek van ’n trekdier hou.

leersen: laarsen.

leeuwendaalder: silwermuntstuk met die beeld van ’n leeu op die een sy wat sedert 1576 in die Nederlande in omloop was.

legaat: erflating.

legateeren: as erflating bemaak.

legger 1: groot, swaar watervat (bevattend ongeveer 400 liter) wat gewoonlik in die ruim van ’n skip bly lê het en gebruik is vir wyn, brandewyn, asyn en arak en waarvan die inhoudsmaat van die een dranksoort tot die ander en van plek tot plek verskil het (vergelyk vercken ).

legger 2: hout gebruik om die kiel te versterk.

legitimatie: bewys van iemand se aanspraak, bewys dat iemand is wie hy voorgee om te wees.

leijseijlspier: die stang waaraan die leiseil vasgeheg word.

lek: dit schip is lek: hierdie skip lek.

lens: leeg; lens lopen: met baie min of sonder enige seil voor die wind uitseil; (’n) schip lens houden: by stormagtige weer met min seil of sonder seil vaar; lens krijgen: water uit ’n skip pomp.

lensen, ook lenzen: met baie min of sonder enige seile voor die wind wegvaar, dikwels tydens stormagtige weer.

lenzen: sien lensen.

letter: skryfteken wat ’n taalklank of verbinding van klanke aandui; brief.

leur: vod, lap.

leverantie: die handeling of die reg om sekere koopware te lewer, lewering; die gelewerde koopware.

liber: vry, ongedwonge.

liberaal: mild, gulhartig, vrygewig, vrymoedig, openhartig, verdraagsaam, edel, onbekrompe, onbevooroordeeld; vrysinnig; liberale gift: eufemistiese naam vir ’n buitengewone heffing.

liberaliteijt: vrygewigheid, milddadigheid; onbevooroordeeldheid.

libereeren: verlos, bevry.

liberteijt, ook libertijt: vryheid, meer bepaald vryheid van optrede.

libertijt: sien liberteijt.

licentie: vryheid van handeling, die reg om in sekere gevalle na goeddunke te handel; verlof, toestemming tot ’n sekere saak verleen deur ’n bevoegde persoon; willekeur, ongebondenheid, losbandigheid.

licentieeren: verlof gee, toestemming gee.

licentieus: ongebonde, vrypostig, uitspattig, oordrewe.

lichter 1, ook ligter 1: voorwerp waarop of waarin ’n lig brand; kandelaar, skeepslantern.

lichter, ook ligter 2: klein vaartuig wat moes help om groter skepe se lading te help los.

ligter 1: sien lichter 1.

ligter 2: sien lichter 2.

ligueerde: verbondene, geallieerde.

lijfheer: eienaar van slawe.

lijfhout: dik plank wat aan weerskante van die dek langs die hele lengte van die skip aangebring is, ook watergang genoem.

lijfjongen: spesiale bediende, persoonlike bediende.

lijk: tou waarmee die rand van ’n seil omgeboor word om dit te versterk.

lijntje: met een zacht lijntje: sonder geweld.

lijnwaad: sien lijwaat.

lijseijl: smal seil wat buite die raseile gespan word om die skip se snelheid te vergroot.

lijwaat, ook lijnwaad, lijwaet, lijwaten: linne, linneweefsel, linnegoed, klere, wasgoed.

lijwaet: sien lijwaat.

lijwaten ( mv.): sien lijwaat.

lijzeijl: smal seil wat buite die raseile gespan is om die skip se spoed te verhoog.

lijzeijlspier: stang wat gebruik word om die ra mee te verleng om die leiseil daaraan op te hang.

limiet: grens.

limieten (mv.): sien limiet.

linden: linne.

linie: ewenaar.

lip: dunner gemaakte uiteinde van ’n balk, staaf en dergelike, wat pas op ’n eweneens verdunde gedeelte van ’n ander balk en met onder andere spykers aan mekaar geheg is.

liquideeren: verreken, vereffen.

litispendent: geding wat aanhangig is.

loco: plek; in loco: ter plaatse.

loef: kant van ’n skip wat na die rigting van die wind gekeer is.

loefwaard: aan die windkant, bo die wind.

loefzijde: loef.

logeeren: iemand tydelik huisves, herberg, onderdak gee; tydelik onderdak vind, gehuisves wees, verblyf hou, ingekwartier wees.

logement, ook logiment: losies, losiesplek.

logie: gebou gebruik vir kantoor en magasyn, wat koopliede in ’n vreemde land gebou het; tydelike houtgebou bestem as woon- of bergplek.

logiment: sien logement.

longie: heupdoek van katoen of sy; ook sjaals van wol of katoen met ’n rand van sy.

lood, ook loot: gewigsmaat, oorspronklik uit lood vervaardig van 1/2 ons; het nie oral dieselfde gewig gehad nie.

looden: loodlyn uitwerp om die diepte van die vaarwater te bepaal.

loodlepel: groot ysterlepel met ’n tuit waarmee die lood uit die smeltpot geskep word.

loosen: afvoer of aflei van water.

loper: die boonste bewegende meulsteen wat óf horisontaal ronddraai, óf op sy kant rondwentel op die onderste stilstaande steen.

lording: tou wat uit twee, drie of vier ingeengevlegte kabels bestaan; ineengevlegde hennep wat as verpakkingstof gebruik word.

lorrendraaijer: bedrieër, misleier; smokkelaar, sluikhandelaar; skip vir smokkelhandel gebruik.

lorrendraaijerij: smokkelhandel, sluikhandel.

losbollig: ligsinnig.

lossen: skeepsvrag aflaai, ontskeep.

luerbaaij: stof van wol wat vir luiers gebruik is.

luns: spy wat deur ’n gat gesteek word om te verhinder dat ’n voorwerp uit sy plek verskuif.

luyxbier: bier wat in Luik gebrou is.

M

maagdschap: verwantskap.

maandcedel, ook maandceel, maandcedul: opdragbrief waarin ’n bemanningslid/seeman aan die reder opdrag gee om ’n sekere gedeelte van sy salaris aan agterblywende familielede uit te betaal.

maandcedul: sien maandcedel.

maandceel: sien maandcedel.

maat: iemand wat ’n ander behulpsaam is, byvoorbeeld koksmaat, botteliersmaat.

maatschap: hoedanigheid van met iemand iets te deel.

machine: alle toestelle wat uit onderdele bestaan en in fabrieke of op skepe gebruik word; gevaartes; voorwerpe wat nie nader omskryf kan of wil word nie.

machineeren: bose plan beraam, iets vyandigs onderneem.

magistraat: owerheid, owerheidspersoon.

magistratuur: owerheid, stadsregering; regterlike mag.

maijoraal: hoof, hoofman.

maincteneren: sien mainteneeren.

mainctenue, ook maintenu, maintenue: handhawing, ondersteuning, geregtelike beskerming van besit.

mainctien, ook maintien: handhawing, behoud.

mainteneeren, ook maincteneren, mainteneren: handhaaf, beskerm, in stand hou, onderhou, bewaar, verdedig.

maintenu: sien mainctenue.

maintenue: sien mainctenue.

maintien: sien mainctien.

makelaars: regopstaande balke wat die nok van ’n dak steun.

mal, ook malle, mallen: model of patroon waarvolgens iets vervaardig word; vorm uit dun planke waarvolgens die onderdele van ’n skip gemaak word.

malheur: ongeluk, ramp, onheil.

malitie: kwaadwilligheid.

malitieus: kwaadwillig, boosaardig.

malitieuse: kwaadaardige, boosaardige.

malle: sien mal.

mallemollen: soort Indiese moeselien wat in Hindoestani as malmal bekend was.

mallen: sien mal.

mallewagen, ook mal wagen: oorspronklik ’n wa waarop lede van ’n narregilde op vasaande tydens ’n kermis rondgery het; plesiertuig; twee groot wiele en ’n as waarop bome en ander swaar laste vervoer is.

malversatie: verduistering van trustgelde/toevertroude gelde.

mal wagen: sien mallewagen.

man: de gaande en komende man: mense wat kom en gaan.

manckement: sien mancquement.

mancqueeren, ook manqueeren: mis, in gebreke bly, nalatig wees; ontbreek, nie voorhande wees nie, tekortkom.

mancquement, ook manckement: fout, gebrek, nalatigheid.

mandament, ook mandement: bevel uitgereik deur ’n owerheid, vermanende beskikking of bepaling van ’n gesagspersoon.

mandement: sien mandament.

mandoor: opsigter, meesterkneg.

mangelen: verruil, verhandel.

maniance: beheer.

manieeren: handel, behandel.

maniment: behandeling; bestuur, beheer.

maniok: taamlik hoë struik ( Manihot palmata M. utilissima ) wat in Wes-Indië en Suid-Amerika voorkom; uit die wortel word ‘cassavemeel’ berei (vergelyk farinhawortel ).

manqueeren: sien mancqueeren.

manshoofd: knop aan die roer van ’n jag of skuit.

manufactuuren: voortbrengsels van die nywerheid, en veral wol-, linne-, katoen en systowwe, asook voorwerpe wat daarvan gemaak is.

mardijker: naam vir ’n bepaalde klas inboorling in die Ooste wat vrygestel was van sekere laste.

margine: in margine: op die rand, aan die rand van ’n boek, in die kantlyn.

mark: gewigsmaat van ’n halfpond.

marlijn, ook marlingh: dun, sterk tou wat gebruik is om klein blokke mee vas te bind, swaar toue mee te versterk, of om die ente van toue te vleg om te verhoed dat dit uitrafel; ook gebruik om die seile aan die gaffels vas te maak.

marlingh: sien marlijn.

marsseijl, ook marsseil, marszeijl, marszeil: vierkantige seil van ’n skip, wat langs die steng gehys en bo die onderseile bygesit word; dit is die seil onmiddellik bo die benede- of onderseile, dus die tweede seil van onder af.

marsseil: sien marsseijl.

marsseval: tou waarmee die marsseil opgehys word.

marszeijl: sien marsseijl.

marszeil: sien marsseijl.

marszeilskoelte: vaste wind.

marzeijlsrhaa: ronde stok of stang wat ’n vierkantige seil bo die marsseil ophou.

masthout: hout geskik om maste van te maak.

mat: Spaanse mat: Spaanse silwermunt ter waarde van 8 reale.

matelijk: gering, klein.

materie: iets wat die voorwerp van behandeling, bespreking of ondersoek is; onderwerp.

matres: skoolmeesteres, houer van ’n bewaar- of kleuterskool.

maxime: stelreël, beginsel, grondstelling.

medicament: geneesmiddel.

medicinaal: genesend, geneeskragtig; geneeskundig.

medicinalia: geneeskragtige kruie.

medio: middel.

mediocre: middelmatig.

meijnen: meijnen van pagt: verklaar tot koper van pag.

melancolie: swartgalligheid, swaarmoedigheid.

meleeren, ook melleeren, mesleeren, mesleren: meng, vermeng, jou met iets bemoei of inlaat.

melioratie: verbetering van die bodem deur aanplanting van gewasse en doeltreffende bewerking.

melleeren: sien meleeren.

memorie: geheue; herinnering, heugenis; geskrewe stuk waarin bepaalde sake aangeroer word, byvoorbeeld ’n lys, opsomming, beskrywing.

menage, ook menagie, mesnagie, minage, minagie: besuiniging, suinigheid, spaarsaamheid, huishouding, huishoudelike uitgawes.

menageeren, ook menaseeren, menasgeeren, minageeren: ontsien, spaar, bespaar, suinig wees, so min as moontlik gebruik.

menagement, ook minagement: matiging, behoedsaamheid; versigtige behandeling.

menageus, ook menagieus, minagieus, mesnagieus: spaarsaam, huishoudelik.

menagie: sien menage.

menagieus: sien menageus.

menaseeren: sien menageeren.

menasgeeren: sien menageeren.

mengelen, ook mingelen: inhoudsmaat van effens meer as ’n liter of 8 mutsjes.

mentie: mentie maken: melding maak, gewag maak van iets.

mentioneeren: vermeld, melding maak van.

meriteeren: verdien, waardig wees; jouself verdienstelik maak of verdienste verwerf.

mesleeren: sien meleeren.

mesleren: sien meleeren.

mesnageant: spaarsaam, besuinigend.

mesnagie: sien menage.

mesnagieus: sien menagieus.

mesure: maatreël, voorsorg.

mesures (mv.): sien mesure.

mesus, ook mesuus: misbruik, versuim, misslag, oordaad.

mesusen (mv.): sien mesus.

mesuus: sien mesus.

met eenen: terselfdertyd.

met lief: indien daar geen teenspoed kom nie.

metselhamer: sien metshamer.

metshamer, ook metselhamer: hamer gebruik om kalk van steen los te kap.

metten anderen: met mekaar, tesame.

meubel, ook meubil, meubile: huisraad; van toepassing op ’n persoon wat met ’n stuk huisraad vergelyk word.

meubelare: huisraad.

meubil: sien meubel.

meubile: sien meubel.

meublen: roerende goedere, inboedel, huisraad.

meug: vermoë, neiging, begeerte (veral van toepassing op eet en drink).

meuge: mag.

middelen: tussenbeide kom, bemiddel; teenstrydighede met mekaar versoen.

mier edick: mierikswortel, peperwortel, gebruik as middel teen skeurbuik.

mijl: sien myl.

mijnen: iets op ’n openbare veiling koop.

mijteren: deur die miet aangetas, verrot.

militeeren: as soldaat diens doen, veg.

mille: duisend; per mille: per duisend.

minage: sien menage.

minageeren: sien menageeren.

minagement: sien menagement.

minagie: sien menage.

minagieus: sien menagieus.

mindering: vermindering.

mineeren, ook mineren: myn, delf; ondermyn.

mineren: sien mineeren.

mineuer, ook mineur: mynwerker/myngrawer, benaming vir sekere soldate in die genie.

mineur: sien mineuer.

mingelen: sien mengelen.

minister: iemand in diens van ’n openbare gesag of belangrike liggaam; staatsamptenaar; predikant.

ministerie: bediening; staatsbestuur, regering.

minuten: konsep, soos byvoorbeeld kladnotule.

minuut: oorspronklike, outentieke akte; oorspronklike inhoud van enige stuk.

mise: in costen en mise[n] van Justitie: net bepaling wie die geregskoste, óók die vooruitbetaalbare koste, moet dra.

misgang: verkeerde afloop van ’n gebeurtenis; misstap in iemand se gedrag.

misnoegen: misnoeë, ontevredenheid.

missive: brief, veral ’n amptelike brief.

misslag: vergissing, dwaling, versuim.

misteren: inmeng.

mitigeren: versag, matig, bevredig.

mits: voorwaarde; op een mits: op voorwaarde.

mitsgaders: asook, benewens.

moderatie: gematigdheid, besadigdheid.

modique: matige, beskeie, geringe.

moede: in koele moede: in verbolgenheid, in drif.

moeij: tante; vrou van ’n sekere leeftyd; onderwyseres.

moeris: sien mouris.

moeskruijden: groente, kruid of gewas as groente geëet.

moesthuijn, ook moestuijn: groentetuin.

moestuijn: sien moesthuijn.

mole, ook moulle: seewering, seehoof, golfbreker.

mom: baie gewilde soort bier uit Brunswyk afkomstig, genoem na die brouwer C. Mumme.

momentelijk: oombliklik, dadelik.

monstering: inspeksie van soldate om te sien of almal aanwesig is; inspeksie van die bemanningslede van ’n skip en die opstel en ondertekening van die skeepsmonsterrol.

montant: bedrag, beloop van ’n rekening, skuld; ter montant van: ten bedrae van.

monteeren, ook monteren: beloop, bedra, opklim tot; (soldate, skepe) uitrus.

monteerende: bedragende, belopende.

monteering, ook monteringe: uitrusting van ’n soldaat, veral sy kleding (vergelyk monture ).

monteren: sien monteeren.

monteringe: sien monteering.

montjes maat: suinig afgemete hoeveelheid.

monture, ook montuur, montuure: uitrusting en tuig van ’n skip; uitrusting van soldate en perde.

montuur: sien monture.

montuure: sien monture.

mooker: voorhamer.

mop: sien mopsteen.

moppesteen: sien mopsteen.

mopsteen, ook mop, moppesteen: groot soort baksteen.

morgenstar: wapen; knots met ysterpunte.

morshandeling: oneerlike handeling, knoeiery.

morsserij: vermorsing, knoeiery.

mortierstoel: stelling waarop ’n mortier rus terwyl dit afgevuur word.

mosch: gedroogde veenmos wat gebruik is om die nate aan die buitewand van ’n houtskip mee toe te stop.

moscovische: moscovische deelen: planke van Russiese hout gemaak.

motje: tante.

motteeringh: verrotting.

mottig: mottig weer: onhelder, vogtig as gevolg van misreën, mistig.

moulle: sien mole.

mouris, ook moeris: doek van blou katoen van Koromandel.

moveeren: beweeg, in beweging bring; voorstel, ter sprake bring.

movement: beweging, beroering.

mudgen: sien mutsje.

mulcte: boete.

mulcteeren: beboet, met geldboete straf.

mullig: los, poeieragtig.

munieeren: van iets voorsien; bevestig, versterk.

muniment: vuurwapen van groter kaliber, maar korter as musket.

muscquedon: sien musketon.

muscule: spier.

muscus: afskeiding van die muskusdier.

musketon, ook musquedon, musqueton: vuurwapen van groter kaliber maar korter as die musket.

musketterij, ook musquetterij: infanterie wat met gewere bewapen is.

musquedon: sien musketon.

musquet: ouderwetse vuurwapen met pan en lont.

musqueton: sien musketon.

musquetterij: sien musketterij.

musquettier: soldaat met ’n musket bewapen, skutter.

mutabel: veranderlik, onbestendig.

mutsje, ook mudgen: vogmaat gelyk aan 1/4 pint, veral vir brandewyn gebruik; as naam vir vloeistofhouers.

mutueel: wedersyds, wederkerig, onderling.

muylen: soort pantoffel sonder hiel.

myl, ook mijl: Rynlandse of Duitse myl, gelyk aan ongeveer 4 1/2 Engelse myl.

N

naarrigting: sien narigt.

naarstig, ook neerstig: ywerig, vlytig, sorgvuldig, nougeset.

naarstigheijd, ook naarstigheijt, neerstigheijd, neerstigheijt: erns, ywer, sorgvuldigheid, vlyt.

naarstigheijt: sien naarstigheijd.

nachthuisglazen: glas in kompaskas, waardeur die kompas gesien kan word.

nachthuislamp: lamp in kas, waarin die skeepskompas toegesluit is.

nadenkelijk: agterdogtig, besorgdheidsbarende.

nadien: daarna; nadat.

naespraak: skinderstorie, kwaadsprekery.

namptiseeren, ook namptiseren: som geld stort as sekuriteit; opbreng; ter hand stel, oorhandig, gee.

namptiseren: sien namptiseeren.

namptissement: voldoening, betaling.

narigt, ook naarrigting, narigting, narigtinge: dit waarna jy jou kan rig (veral van toepassing op inligting), voorbeeld, berig, waarskuwing.

narigting: sien narigt.

narigtinge: sien narigt.

naturel 1 (s.nw.): ingebore aard, karakter; inboorling.

naturel 2 (b.nw.): natuurlik.

natuur: geaardheid van mense met betrekking tot gees en gemoed; die aard van dinge.

navet: klein seilvaartuig.

navigeeren: vaar, bevaar.

neb: die gedeelte van die kromhout van ’n skip waar die twee arms ’n reghoek vorm, die boonste arm van ’n winkelhaak ( knie ).

necessiteeren: noodsaak, dwing.

necessiteijt: noodsaaklikheid, noodwendigheid.

neerstig: sien naarstig.

neerstigheijd: sien naarstigheijd.

neerstigheijt: sien naarstigheijt.

neetelagtig, ook netelagtig: netelig, haglik, moeilik.

neeteldoek: Oos-lndiese weefstof wat aanvanklik van die basvesel van sommige soorte netels en later van katoen geweef is.

negeeren, ook negeren: die waarheid van ’n stelling ontken.

negeren: sien negeeren.

negerij: stad, geweste, gemeente; woonplek van negers of inboorlinge.

negligeeren: versuim, verwaarloos, veronagsaam.

negligent: agteloos, slordig, nalatig, sorgloos.

negligentie: nalatigheid, onagsaamheid, sorgeloosheid, versuim, slordigheid, verwaarlosing.

negotiant: koopman, handelaar.

negotie: handel, koophandel.

negotieboeken: boeke waarin handelstransaksies aangeteken word, koopmansboeke.

negotieeren: handel dryf, sake doen, ’n lening sluit; politieke onderhandelings voer.

negros: negros kleed: ’n ander naam vir cambaja, so genoem omdat dit dikwels deur negers gekoop is (vergelyk cambaja, guinees ).

nemaar: maar.

nestelen: vestig (veral met betrekking tot vyande).

netelagtig: sien neetelagtig.

niet: nommer in ’n lotery waarop geen prys geval het nie.

nieuwers, ook nivers: nêrens; nieuwers na: volstrek nie, geheel en al nie.

niquania: blou en wit gestreepte katoendoek, afkomstig van die kus van Koromandel.

niquanias (mv.): sien niquania; Zouratse niquanias: blou en wit gestreepte kantoendoeke uit Soerat.

nivers: sien nieuwers.

nolens volens: goed- of kwaadskiks, teen wil en dank, willens of onwillens.

nombreus: talryk, veel in getal.

nominatim: by name.

nomine officii, ook nominij officij: in amptelike hoedanigheid, kragtens sy amp.

nominij officij: sien nomine officii.

nonchalance: nalatigheid, agteloosheid, onverskilligheid.

nonchalant: agteloos, onagsaam, onverskillig, nalatig.

non-paresse: nie-verskyning, wegbly.

nooddruft: dringende behoefte aan iets; behoefte, gebrek; voedsel en drank, lewensmiddele; armoede.

nooddwang, ook nooddwankt: uiterste nood, dwingende noodsaaklikheid.

nooddwankt: sien nooddwang.

noopende: aangaande, rakende, betreffende.

noord: om de noord: na die noorde, in die noorde.

noordse deelen, ook noortse deelen: planke, waarskynlik afkomstig uit Noorweë, wat dikwels as Noordland aangedui word, of uit Noord-Rusland.

noortse deelen: sien noordse deelen.

nopens: aangaande, omtrent, met betrekking tot.

notabel: belangrik, aansienlik, vernaam, merkwaardig, opmerklik.

notaire publicq: sien notaris publicus.

notariaal: behorende tot of aan ’n notaris.

notaris publicus, ook notaire publicq: notaris publiek.

noteeren: aanteken, opskryf; opmerk, kennis neem van.

notificatie: amptelike kennisgewing, aansegging of aankondiging.

notificeeren: amptelik bekend maak, aankondig.

notitie: aantekening; lys, staat; rekening, nota; kennisgewing.

notoir: openbaar, algemeen bekend, wêreldkundig, berug; kenlik, merklik.

notoirlijk: kennelik, merklik, blykbaar.

notorejietijten: de publicque notorejietijten: dit is algemeen bekend.

nova: nuus.

nulliteijt: nietigheid, ongeldigheid, waardeloosheid, ongegrondheid.

O

obedieeren: gehoorsaam, onderdanig wees.

obedientie: gehoorsaamheid, onderdanigheid.

obligatie: verpligting; skuldbekentenis, skuldbrief.

obligeeren: verbind, verplig, dwing.

obmissie: versuim, weglating.

obreptiv: tersluiks, langs slinkse weë.

obrueeren: oorlaai, oorstelp, belas.

observantie, ook opservantie: waarneming; gewoonte, gebruik.

observatie: waarneming, bespieding; opmerking, teenwerping; inagneming, opvolging.

observeeren: gadeslaan, waarneem; in ag neem; aanmerk, opmerk.

obsolêta, ook obsoleta: verouderde sake.

obsoleta: sien obsolêta.

obstacel: hindernis, teenstand.

obsteeren, ook obsteren: verhinder, in die weg staan, teenstaan.

obsteren: sien obsteeren.

obtemporeren: gehoorsaam, nakom.

obtineeren, ook optineeren: verwerf, verkry, bekom, behou, besit.

occulaire inspectie: oënskou, persoonlike besigtiging.

occupatie: inbesitname, besetting, bemagtiging; besigheid, werk, bedryf, beroep.

occupeeren: besit neem van, beset, inneem, oorval; besig hou met.

occurente: occurente saecken: voorvallende, voorkomende sake.

occurreeren: teëkom, ontmoet, bejeën; voorval, gebeur; belet, voorkom.

odieus: haatlik, walglik, afskuwelik, onuitstaanbaar, ergerlik; verdrietig.

offensie: aanval, aantasting; belediging.

offereren: aanbied, opdra.

officie: amp, pos, bediening; ampsverrigting, diensvervulling; taak, verpligting.

offresseren: aanbied.

oirbaar 1 (s.nw.): nut, voordeel, belang, baat.

oirbaar 2 (b.nw.), ook oorbre, oorbaar: nuttig, voordelig, dienstig.

oirboren, ook oorboren, orboren: gebruik, nuttig, geniet.

oirkonde: getuienis, verklaring.

olij zaat: kollektiewe naam vir koolsaad, lynsaad, raapsaad en ander waaruit olie gepers word.

ombrage, ook ombragie: ongerief, onkoste.

ombragie: sien ombrage.

omhouwer: dissel wat kuipers gebruik om die duie van ’n vat mee te bewerk.

omissie: uitlating, weglating; versuim, nalatigheid.

omitteeren: uit- of weglaat, oorslaan, nalaat, versuim.

ommeslagh: sien omslag 2.

ommissie: uitlating, weglating; versuim, nalatigheid.

omslag 1: belasting wat na verhouding van besittings, vermoë en inkomste tussen belastingpligtiges verdeel word.

omslag 2, ook ommeslagh, omslagh: beslommernis, omhaal, drukte; omvang, omtrek, uitgestrektheid; woelinge en drukte waarmee sommige handelinge gepaard gaan.

omslagh: sien omslag 2.

omstandig: breedvoerig, volledig, noukeurig.

omtogen: omtrek, omgewe, bedek.

omtrent: nog omtrent kon missen: byna, amper.

onaengesien: hoewel, nieteenstaande.

onagtsaamheijd: agtelosigheid, onoplettendheid, gebrek aan behoorlike sorg.

onapparent: onduidelik, onwaarskynlik.

onbesuijsd: doldriftig, teulloos, woes, wild; roekeloos, onberade, onbedagsaam.

oncostelijck: goedkoop.

ondercommijs: onderkoopman op skip, belas met die leiding van handelsake (vergelyk commies ).

onderlast: vrag wat onder in ’n skip gelaai is.

onderstaan, ook onderstaen: waag, durf, probeer; verstaan; verduur, ondergaan.

onderstaen: sien onderstaan.

onderstalligheijt: toestand van ’n skip wat so baie water geskep het dat dit nie meer leeggepomp kan word nie.

onderstuurman: bemanningslid wat in rang net na die opperstuurman volg.

ondertasten: ondervra.

onderwaardig: word in die resolusies gebruik op verskeie plekke waar dit onderhewig in plaas van onderwarig beteken.

onderwigt: te geringe gewig van koopware, waarmee die koper bedrieg word; verskil tussen gewig van koopware volgens die faktuur, en die werklike gewig (vergelyk laccagie ).

onderwinden: jou verstout om iets te doen wat verbode is, onderneem.

oneijgen: vreemd; onjuis, ongepas.

onereus: sien onoreus.

ongaarne: met teësin.

ongeld: allerlei onkoste wat skippers op ’n skeepsreis moet aangaan, geld wat in een of ander vorm as belasting ingebring word, allerlei onkoste bo en behalwe die koopprys van ’n artikel.

ongelden (mv.): sien ongeld.

ongemaniertheijt: lompheid, onseewaardigheid.

ongepermitteerd: onbehoorlik.

ongestuijme: onstuimig.

ongevoeglijk: ongepas, ongeskik, onbetaamlik.

onguir: onaangenaam, onaantreklik, vuil, aaklig.

onheusch: onwellewend, onbeminlik.

onheuse: onwelwillende.

onmisselijk: onfeilbaar.

onnosel: onbeduidend, onskuldig, sonder kennis, dom.

onnoselheijd: onskuld, onwetendheid.

onnut (b.nw.): ondienstig, nutteloos, vergeefs, onbruikbaar.

onordentie: gedrag wat blyk gee van gebrek aan orde en reëlmaat.

onoreus, ook onereus: drukkend, lastig, beswarend; moeilik, moeitevol; gewigtig.

onpasselijk: ongesteld.

onpasselijkheijd: ongesteldheid.

onstentenisse: nie voorhande wees nie.

ontijd, ook ontijde, ontijden: tyd in die betekenis van tydsruimte, daardie gedeelte van ’n etmaal waarin dit donker is en ’n mens vir onraad vrees; bij nacht en ontijd: gedurende die donkerte wanneer vir onraad gevrees word.

ontijde: sien ontijd; te ontijde: op ’n ongeleë tydstip.

ontijden: sien ontijd; bij nacht en ontijden: wanneer dit donker is en vir onheil gevrees word.

ontlossen: iemand of iets losmaak van iets anders; bevry; skepe, voertuie of lasdiere ontdoen van ’n lading of las.

ontlossing: ontlading (skepe).

ontramponeerd, ook ontramponeert, ontranponneert, ontrapponeerd: gehawend, beskadig (veral skepe).

ontramponeert: sien ontramponeerd.

ontramponeren: beskadig, onklaar of stukkend maak.

ontranponneert: sien ontramponeerd.

ontrapponeerd: sien ontramponeerd.

ontredderen: deur storms of vyandelike geskut in so ’n gehawende staat bring dat die skip nie meer gemaneuvreer kan word nie.

ontrent: omtrent.

ontschaken: ontroof, wegneem.

ontset, ook ontzet: van iets beroof, verhinder (van ’n persoon); wanneer onderdele losgeraak het, beskadig is (van ’n skip).

ontstentenis: die handeling waardeur jy jou van iets onthou, daarvan afwyk of dit nalaat; nie voorhande wees van iets nie.

ontzet: sien ontset.

onvertuijt: nie vasgebind nie, vry.

onverwenselijck: geseënd.

onverwylbaar: onverwyld, sonder uitstel.

oogluijking: daad van iets deur die vingers te sien; sonder oogluijking: met strengheid.

oogwit: doel, bedoeling.

oorbaar: sien oirbaar.

oorbooren: sien oirboren.

oorbre: sien oirbaar.

oort: deel van ’n ploeg.

opboeijen: boord van ’n skip hoër maak deur nog planke aan te bring.

opcieren: opsier, versier.

opdonderen: aankom.

opdraaijen: voor het anker opdraaijen: deur die uitgeworpe anker teëgehou word (skeepsterm).

opdrosser: droster.

opgeijten: ophys.

opgeld, ook opgelt: geld wat betaal word bo die nominale waarde van munte of papiergeld.

opgelt: sien opgeld.

ophaalder: hol deurslag wat smede gebruik.

opkorten: korter maak, inkrimp; (tyd) afneem, ten einde spoed; (getalle) verminder, inkrimp.

oplanger: verlengstuk van die inhout.

oplippen: hoekverbinding maak deur middel van lippen of lasse tussen twee planke (vergelyk lip ).

opperen: kalk en stene aandra vir messelaar.

opperstuurman: stuurman met die hoogste rang.

opperwal: kuslyn waar die wind van die land seewaarts waai.

opposeeren: verset, in opstand kom.

oprockenaers: opstokers.

oprokken, ook oprokkenen: aanspoor, opwek; ophits, oprui; oprakel.

oprokkenen: sien oprokken.

opschiksel: tooisel.

opservantie: sien observantie.

opslag: verhoging van die prys wat vir iets gevra word, verhoging van die bod by ’n verkoping.

opstaculen: sien obstacel.

opsteijgeren: opstyg.

opstemming: sameswering.

opstond, ook opstonds: terstond, dadelik, aanstonts.

opstonds: sien opstond.

optineeren: sien obtineeren.

optreden: betree, bestyg.

opulent: baie ryk.

opulentie: oorvloed.

orber: ten orber brengen van: nut of voordeel trek van.

orboren: sien oirboren.

ordinair: ooreenkomstig die vasgestelde reëls, reëlmatig, regmatig, wettig; gewoon, gebruiklik, alledaags; gemeen, sleg.

ordinantie: om voor contant op ordinantie te verstrekken: voorskrif wat uitgevaardig word op bevel van die owerheid.

ordinaris: gewoon, gebruiklik, alledaags.

ordineeren: sien ordonneeren.

ordonneeren, ook ordineeren: orden, rangskik; in orde bring, reël; ontwerp en inrig, tot stand bring; vasstel, bepaal, instel; gelas, beveel; aan stel, benoem.

origineel: oorspronklik, nuut; oorspronklike dokument.

orlean: geelrooi verfstof wat uit die vrug van die orleanboom berei word.

ostagier: gyselaar.

ouverture: opening.

overgeve: overgegeve boosheid: oorgegee ten kwade.

overheeren: beheer, oorheers.

overhoop: te voorskyn bring; omver, onderstebo.

overlangh: geruime tyd.

overloop: verbindingsgang, portaal; dek, bodek.

overmits: aangesien, terwyl, daar; ten gevolge van, vanweë, weens, deur middel van.

overportingh: oorbring.

overslag, ook overslagh: beraming, besluit; oorleg, beraad; skatting, berekening van koste: overslag maken: berekening of skatting van die waarde of koste van iets maak.

overslagh: sien overslag.

overstaag: het overstaag werpen: teen die wind seil.

overstaan: ten overstaan van: in teenwoordigheid van.

overstallige: overstallige wind: buitensporige wind.

overstolpen: oorstelp, oorweldig.

overstuur: agteruit.

oversulx, ook overzulx: ten gevolge van, om.

overzulx: sien oversulx.

oxhoofd: vogmaat, veral vir drank, bevattende ongeveer 6 ankers (220 liter); houtvat van ongeveer 6 ankers, veral as wynvate gebruik.

P

paaiement, ook paaijement: termynbetaling, op ’n bepaalde tyd terugkerende betaling; gangbare munt, in omloop synde munt met die waarde van tyd tot tyd daaraan toegeken.

paaijement: sien paaiement.

paardelijn, ook paardelyn: lyn, dunner as ’n tros en dikker as ’n kabeltou, waarmee vaartuie getrek is.

paardelyn: sien paardelijn.

paarlen: sien parelen.

padij: Maleise naam vir rys in die dop.

paenaliteijt: straf, boete opgelê as gevolg van oortreding van die wet.

paene, ook peene, pene, poene: boete of straf vir die oortreding van ’n verordening of die nie-nakoming van ’n aangegane verbintenis; straf in die algemeen.

paijsibel: vreedsaam.

palei: sien pleij.

palladium: iets wat die veiligheid van ’n staat, instelling of reg waarborg.

pallisade: omheining van pale om te dien as beskerming of verdediging.

palm: lengtemaat (die breedte van ’n handpalm, 1/10 meter).

pangarangh: sien pangerang.

pangerang, ook pangarangh, pangerangh: adellike titel wat op Java gebruik is vir die seuns van regerende vorste; adellike titel in Oos-Indië vir ’n inlandse prins of persoon van hoë rang.

pangerangh: sien pangerang.

paraat: vaardig, gereed; parate executie: vonnis of beslaglegging wat sonder verdere las uitgevoer kan word; parate executie doen: ’n vonnis onmiddellik voltrek.

parafeeren: met ’n paraaf waarmerk.

parantagie: sien parentage.

paraphure: kenmerkende krul of figuur by ’n handtekening ter voorkoming van vervalsing.

paratelijk: sonder verdere vorm van proses.

parcallen, ook percallen: perkal, katoendoek van ’n digte weefsel, wat uit Oos-lndië ingevoer is en later ook in Europa geweef is.

parceel: sien perceel.

pardon: vergiffenis; voorwaardelike of onvoorwaardelike kwytskelding van die wetlike gevolge van ’n misdryf.

pardonneeren: kwytskel van straf; vergiffenis skenk, vergewe.

pareeren: gehoorsaam, ’n bevel of opdrag uitvoer of nakom.

parelen, ook paarlen: van pêrels gemaak of met pêrels versier.

parentage, ook parantagie, parentagie: bloedverwantskap, persone wat tot dieselfde familie behoort.

parentagie: sien parentage.

paresce, ook paresse: verskyning, aankoms.

paresse: sien paresce.

paresseren: verskyn.

parochie, ook paroschie: kerklike gemeente; dorp, gemeente.

paroschie: sien parochie.

parrdrijs: patrys.

participant: deelhebber, deelnemmer; aandeelhouer; vennoot.

participeeren: iets deelagtig word, deel verkry van; deelneem, aandeelhouer wees in ’n geldelike onderneming.

particulier: behorende by of betrekking hebbende op ’n gedeelte van iets en nie op die geheel nie; behorende by ’n bepaalde saak of persoon; behorende aan, onderneem of verrig deur of betrekking hebbende op een of meer individuele persone; privaat.

particulieren: privaat persone.

particulierlijk: insonderheid, uitdruklik.

partinent: sien pertinent.

partisaen: hellebaard of strydbyl aan lang spies bevestig.

pasquil: geskrif waardeur iemand of iets bespotlik voorgestel word.

passabel: passeerbaar.

passado: sien passato.

passage: sien passasie.

passant: verbyganger, deurtrekkende reisiger; en passant, in passant: in die verbygaan.

passasie, ook passage: verkeer; deurtog, oortog; reisgeld; weg, waterweg, deurvaart; deurgang waar wagte opgestel word, omdat dit te gevaarlik is om daar verby te gaan.

passato, ook passado: jongslede, laaslede; anno passato: in die vorige jaar.

passeeren: deur, langs of oor iets gaan, voortbeweeg, reis, rondtrek; na ’n ander plek gaan, weggaan; sterf; verbygaan; voorval, geskied.

passelijck: betaamlik, behoorlik, redelik, taamlik.

passer 1: vernederlandsing van die Maleis-Javaanse woord pasar: mark waar mense saamkom om handel te dryf.

passer 2: werktuig wat gebruik word om klein afstande te meet.

passie: hartstog, drang, drif.

patientie: geduld.

patrocineeren: sien patroniseeren.

patrocinium: sien patrosinium.

patroniseeren, ook patrocineeren: beskerm, beskut, verdedig, in beskerming neem, behulpsaam wees.

patroon: die vroeëre eienaar van ’n vrygestelde slaaf onder wie se toesig hy nog staan.

patroonstok: palmhoutrol waarom die patroonhulsels gerol word.

patrosinium, ook patrocinium: beskerming, geregtelike bystand.

pecceeren: sien pexeeren.

pecunieel: geldelik.

peene: sien paene.

pees (van Portugees peça ): stuks.

pega-pega: omheining.

peguijn: pikkewyn.

penasse, ook pennassen: materiaal, na bewering vervaardig uit die vesels van pynappels.

pene: sien paene.

penetreeren: deurdring, toegang kry, deurgrond.

penibel: pynlik, moeitevol, onaangenaamheid medebrengende.

pennassen: sien penasse.

pennemes: klein skerp messie wat gebruik is om punte aan veerpenne mee te sny.

penning: sestiende deel van ’n stuiwer.

percallen: sien parcallen.

perceel, ook parceel, perseel: gedeelte of stuk van iets, bybehorende gedeelte van iets, sekere hoeveelheid van iets; stuk onroerende goed; verdeling, skikking.

peremptoir: beslissend, definitief.

perfectioneeren: voltooi, voltrek, vervolmaak.

perfors: met geweld.

pericul, ook perijckel, perijkel, prijckel, prijkel, pryckel: dreigende gevaar of onheil; risiko; skade as gevolg van ’n risiko wat geloop is.

periculeus: gevaarlik, haglik.

perijckel: sien pericul.

perijkel: sien pericul.

periode: gedeelte van ’n redevoering of geskrif wat ’n selfstandige geheel vorm, passasie.

perk: bedding in ’n tuin, vak; afgebakende, omheinde grond.

permitteeren: toelaat, veroorloof, vergun; verlof tot iets gee.

permoveeren: beroer, beweeg, opwek, oorreed, oorhaal.

pernicieus: verderflik, skadelik, nadelig.

pernitieuse: verderflike, skadelike, gevaarlike.

pernocteren: oornag.

perpetreeren: verrig, bedryf, begaan (veral misdade of ongeoorloofde dade).

perquireeren: ondersoek, navors.

perquisitie: deursoeking.

persecutie: vervolging.

perseel: sien perceel.

persevereeren: volhard, volhou.

persisteeren: aanhou, volhard, volhou, handhaaf.

personeel: persoonlik, behorende tot of betrekking hebbende op ’n bepaalde persoon; personele comparatie: persoonlike verskyning.

persuadeeren: oorreed, oortuig.

pertinacie: hardnekkigheid, halsstarrigheid.

pertinent, ook partinent: saakkundig, noukeurig, behoorlik, betroubaar; nadruklik.

pertuisan: partisaan, soort lans, hellebaard of spies met ’n tweesnydende byl onderaan.

perturbeeren: in verwarring bring, wanorde en beroering verwek; verwar.

petaar, ook petard: soort mortier wat met buskruit gelaai word en gebruik is om ’n gat in ’n vestingmuur te skiet.

petard: sien petaar.

petitioneeren: iets deur middel van ’n petisie versoek; ’n versoekskrif by ’n bevoegde instansie/liggaam indien.

peuren: toelê op; ter hand neem.

pexeeren, ook pecceeren: oortree.

phelp: sien felp.

photas: sien fotas.

piaster: benaming vir ’n Spaanse muntstuk met ’n waarde van 8 guldens.

picanterie: hekeling, twis oor kleinighede, plaery.

pieck: sien piek 1.

piek 1, ook pieck: agterste ruimte in die onderagterskip, wat vanweë die eienaardige vorm van die skip skerp na onder toe loop; soms ook van toepassing op ’n deel van die voorskip.

piek 2: steekwapen bestaande uit ’n lang houtsteel met ’n skerp ysterpunt; na gelang van die lengte word onderskei tussen ’n hele of ’n halwe piek.

pieuse: iets wat betrekking het op godsdienstige of liefdadigheidsaangeleenthede.

pijebroecken: broeke vervaardig uit growwe wolstof.

pijlaken: dik, growwe wolstof waarvan onderklere, vroueklere en skeepsklere gemaak is.

pijling: meet van die inhoud van iets.

pijne: ’t is de pijne (niet) waard: dit is die moeite (nie) werd (nie).

pijp: lang, smal wyn- of olievat.

pijpeduijg: duig wat gebruik is om ’n pijp mee te maak (vergelyk pijp ).

pikantigh: naywerig, afgunstig, nydig.

pikleepel: ysterlepel met ’n tuit waarmee gesmolte pik geskep word.

pimpeltje: klein glasie, waarvan die inhoudsmaat verskil het; word gestel op 1/4 of 1/8 mutsje.

pinas: klein, snelvarende seilskip.

pint: vogmaat waarvan die inhoud verskil het; meestal gelyk aan 4 mutsjes.

pintje: houer met ’n inhoudsmaat van een pint.

piraat: seerower, kaper.

pistolet 1: goue munt in die 16de eeu insonderheid van toepassing op Spaanse krone en in die 17de eeu en later ook op verskillende Franse munte.

pistolet 2: kort vuurroer met ’n min of meer geboë kolf, geskik om in die hand te hou en met een hand af te vuur; gedra in ’n gordel of bandelier, in die holster op ’n saal, en was geskik as wapen vir die ruitery.

pitsjaring: samekoms om iets te bespreek, hier skeepsraad op die skip van die vlootvoog.

plag (verlede tyd van plegen ): sien plegen.

plagten: versorg.

plantagie: aanplant van bome of struike, plantasie.

plantsoen: plante; loot, stiggie; plantsaad.

plat: plat dak van ’n gebou.

plathoofden: spykers met plat koppe.

platvoet: benaming vir die vroegaandwag aan boord van 16:00 tot 20:00.

plechtanker: noodanker.

plechttouw: swaar tou wat gebruik is vir die noodanker.

plegen: gewoon wees; jouself met iets besig hou, dit doen.

pleij, ook palei: katrol, gebruik om beskuldigdes aan op te hys, terwyl swaar gewigte aan die hande en voete bevestig was.

ploegpeulie: hout waarop die ploegbalk rus.

plunderagie: besittings, veral van toepassing op klerasie.

plunje, ook plunjen: besittings; kleding, al die klere wat ’n persoon besit, kleding van seelui en vroeër ook van diegene wat tydelik in Oos-Indië vertoef het; vodde, lappe.

plunjen: sien plunje.

pluraliteijt: veelheid, verskeidenheid, ongelykheid.

poene: sien paene.

poespas, ook pouspas: slyk, modder; bryagtige massa, moes.

poinctille: vittery, spitsvondigheid.

pointilleuse: liggeraakte, gevoelige, spitsvondige.

pokhout: hout van die Suid-Amerikaanse pokhoutboom (Guajacum officinale) wat weens die duursaamheid en hardheid daarvan gebruik is om onderdele wat aan slyting onderworpe is, te vervaardig; so genoem toe bevind is dat dit gebruik kon word as geneesmiddel teen Ambonse (Spaanse) pokke.

pol: ploert, lummel, losbol.

policeeren: bestuur, orden, reël, kontroleer.

pompleer: stewige, dik bruin leer wat gebruik is as geleibuise vir skeepspompe of as omhulsels vir die pompsuiers en -emmers.

pompschoen: pompsuier.

pompzode, ook pompzoode: hout wat die kiel, die voet van die groot mas en die pompe teen stamp beveilig het.

pompzoode: sien pompzode.

pondeeren: sien pondereeren.

pondereeren, ook pondeeren: oorweeg, bepeins.

ponton: vlotbrug, brug van blik of koper gemaak.

poort: vierkantige opening in skip.

poortring: ring waarmee ’n geskutplaat gesluit word; ysterring waarmee ’n poortslot oopgedraai word.

porte-epée, ook port-epee, port-épée: lyf-/draagband of riem waaraan ’n degen, sabel of swaard gehang kon word.

port-epee: sien porte-epée.

port-épée: sien porte-epée.

porteren: dra, bring.

poseeren, ook poseren: plaas, stel; te berde bring, te kenne gee, beweer.

poseren: sien poseeren.

positif: sien positijff.

positijff, ook positif: klein orrel, windspeeltuig.

possessie: besit, reg van besit; besitting.

possideeren, ook possideren: iets besit, die inkomste of opbrengs van iets geniet.

possideren: sien possideeren.

post schriptum: naskrif.

posteeren: iemand vir ’n bepaalde bediening aanwys, of iemand of ’n militêre afdeling op ’n bepaalde pos stel.

postelijn 1: eetbare, groen plant; groentesoort (Portulaca oleracea).

postelijn 2: porselein.

postpositie: agterstelling.

postuur: houding; gemoedstoestand; zich in postuur stellen: ’n bepaalde houding aanneem (veral ’n houding vir selfverdediging).

poudesoy: sien pour de soij.

pour de soij, ook pourdesooy, pourdesoy, poudesoy: dowwe systof.

pourdesooy: sien pour de soij.

pourdesoy: sien pour de soij.

pouseeren: stoot, voortdryf; bevorder, ondersteun, voorthelp.

pouspas: sien poespas.

pousseeren: stoot, du, voortdryf; bevorder, ondersteun, voorthelp.

pouvoir: mag, bewind.

praaij: prei.

praaijen: verbyvarende skip aanroep om inligting in te win of om ’n boodskap oor te dra.

practicabel: uitvoerbaar, moontlik; gebruiklik.

practiseeren: in werking stel, uitwerk, bewerk, doen, oefen, uitoefen.

praeadverteeren, ook preadverteeren: waarsku, verwittig.

praeadvertentie, ook preadvertentie: waarskuwing, voorafgaande kennisgewing.

praeadvies, ook preadvies: advies wat deur een of meer persone ter voorligting oor ’n bepaalde saak aan ’n kollege of liggaam gegee word voordat dit deur dié kollege of liggaam bespreek word.

praealabel, ook prealabel: voorafgaande, voorlopig, vooraf.

praeallabele, ook preallabele: voorafgaande, voorlopige.

praecipitant: oorhaastig, voorbarig, onbedagsaam, halsoorkop.

praedecesseur, ook predecesseur: voorganger, voorsaat.

praefigeeren, ook prefigeeren: vooraf bepaal of vasstel, vooraf ooreengekom.

praefixie, ook prefixie: vooropstelling; voorstelling, bepaling.

praegnant, ook pregnant: gewigtig, dwingend, oortuigend; duidelik.

praeijen, ook preijen, prijen: praai, ’n verbygaande skip aanroep om inligting in te win.

praejuditie, ook prejuditie: nadeel; vooroordeel.

praematuur, ook prematuur: vroeg, vroegtydig; ontydig.

praemie, ook premie: beloning uitgeloof as aansporing vir die verrigting van besondere take; geskenk.

praeoccupatie, ook preoccupatie: vooroordeel, vooringenomendheid, bevangenheid.

praeseance, ook preseance: die reg van voorrang.

praeses: voorsitter.

praesideeren, ook presideeren: as voorsitter optree, voorsit.

praesidiaal, ook presidiaal: tot die voorsitterskap behorende.

praesidie, ook presidie, presidium: voorsitterskap.

praesis, ook presis: voorsitter.

praesumbti: sien praesumptie.

praesumeeren, ook presumeeren: vermoed, veronderstel; aanneem, verwag, gis.

praesumptie, ook praesumbti, presumptie: vermoede, veronderstelling, gissing.

praesumtief, ook presumptief, presumtief: vermoedelik.

praesuppositie, ook presuppositie: veronderstelling.

praetens, ook pretens: veronderstelling.

praetext, ook pretext: voorwendsel, skyn.

preadverteeren: sien praeadverteeren.

preadvertentie: sien praeadvertentie.

preadvies: sien praeadvies.

prealabel: sien praealabel.

preallabele: sien praeallabele.

precario: by vergunning, tot wederopsegging toe.

precautie: voorsorg, voorbehoedmiddel.

precaveeren: verhoed, voorkom.

precipitance, ook precipitantie: oorhaastigheid, voorbarigheid.

precipitant: oorhaastig, voorbarig.

precipitantie: sien precipitance.

precipiteeren: verhaas.

predecesseur: sien praedecesseur.

preëminentie: voortreflikheid, uitmuntendheid; bevoorregte posisie, voorreg, privilegie.

prefereeren: aan iemand of iets voorkeur gee.

preferentie: voorkeur; voorrang.

prefigeeren, ook praefigeeren: vantevore bepaal of vasstel, voorbepaal, voorbestem, vooruit ooreenkom.

prefixie: sien praefixie.

pregnant: sien praegnant.

prei: uie.

preijen: sien praeijen.

prejudiciabel: sien prejudikabel.

prejudikabel, ook prejudiciabel: skadelik, nadelig.

prejuditie: sien praejuditie.

prematuur: sien praematuur.

premeditteeren: vooraf bedink.

premie: sien praemie.

preoccupatie: sien praeoccupatie.

preparatie: voorbereiding, toebereiding; voorsorgmaatreël.

preparatoir: voorbereidend, voorlopig.

prepareeren: voorberei, gereed maak, toeberei.

preseance: sien praeseance.

presellings: sien pressenning.

present: aanwesig, teenwoordig.

presentatie: voorstelling; aanbieding van ’n saak; aanbod, voorstel; presentatie van eede: aanbod om ’n eed af te lê.

presenteeren: aanbied, voorhou; iemand iets voorhou of oorhandig; voordra tot ’n amp of waardigheid; het anker presenteeren: die anker laat val.

presentibus: in teenwoordigheid van.

presentie: aanwesigheid, teenwoordigheid (van persone).

preservatie: verhoeding, voorkoming, bewaring.

preserveeren: bewaar, behoed, behou, voorkom.

presideeren: sien praesideeren.

presidiaal: sien praesidiaal.

presidie: sien praesidie.

presidium: sien praesidie.

presis: sien praesis.

presneren: dwing.

pressant: dringend, wat spoed vereis.

pressante: dringende.

presseeren: spoedige behandeling vereis, dring.

pressen: tot krygsdiens dwing, iets vir militêre gebruik opeis.

pressenning, ook presellings, prezellings, prezenning: dekkleed van swaar geteerde seildoek, wat oor luike en goedere gegooi word om teen water te beskerm.

prestatie: die uitvoering, verrigting of nakoming van iets; prestatie van eede: aflegging van ’n eed.

presteeren: aflê, volbring, nakom, vervul, doen; gee, verskaf; een eed presteeren: ’n eed aflê.

presten: iemand tot militêre diens verplig, diere of goedere ten bate van die staat (veral vir militêre gebruik) opeis.

presumeeren: sien praesumeeren.

presumptie: sien praesumptie.

presumptief: sien praesumtief.

presumtief: sien praesumtief.

presupponeeren: veronderstel.

presuppositie: sien praesuppositie.

pretendeeren: beweer; vereis, vorder, op iets aanspraak maak; begeer; voorgee.

pretens: sien praetens.

pretense: beweerde, sogenaamde.

pretentie: aanspraak, eis, vordering; voorwendsel; aanmatiging, waan; verlange.

preterieeren: verbygaan, oorslaan, uitlaat.

pretext: sien praetext; onder pretext: onder voorwendsel.

pretexteeren: voorgee, voorwend.

preuve, ook preuves, proeve: bewys, proef, ondersoek.

preuves: sien preuve.

prevenieeren, ook preveniëren: voorkom, die uitvoering van iets voorkom of belet; verwittig, waarsku.

preveniëren: sien prevenieeren.

prevenu: sien provenu.

previlegie: voorreg.

prezellings: sien pressenning.

prezenning: sien pressenning.

prijckel: sien pericul.

prijen: sien praeijen.

prijkel: sien pericul.

primo: op die eerste dag; ten eerste.

princevlag: sien prinsenvlag.

principaal: vernaam, belangrik; hoofsaaklik; hoofpersoon, heer, meester.

principalijk: vernaamlik, insonderheid, met name.

principe: grondoorsaak, grondstelling, uitgangspunt; stelreël, oortuiging.

prinicipaal: vernaam, belangrik; oorspronklik, hoofsaaklik; heer, meester.

prinse: prys, buitgemaakte skip.

prinsenvlag, ook princevlag: vlag in die kleure van die prins van Oranje (oranje of rooi, wit en blou), wat sedert die opstand as nasionale vlag van Nederland gevoer is.

prinsenwimpel: wimpel in die Nederlandse nasionale kleure.

privatie: ontneming, ontbering, berowing.

privatief: uitsluitend; afsonderlik, afgesonderd; eiendomlik.

privative: private, tot uitsluiting van ander.

privé: privaat, eie, persoonlik; geheim; in (voor) zijn privé: in (vir) sy eie vermoë of gebruik, uit sy eie beurs.

privilegie: voorreg.

pro Deo: om Gods wil; verniet, gratis.

pro interim: tydelik.

pro rato: vir ’n eweredige deel.

probable: probable inditien: geloofwaardige aanwysinge.

probeeren: bewys; ondersoek, beproef, op die proef stel, toets; poog, trag.

procedeeren: voortgaan; beding, pleit; ’n regsgeding voer.

procedido: voortbrengsel, produk.

procreëeren, ook procreeren: teel, voortbring.

procreeren: sien procreëeren.

procuratie: volmag.

produceeren: voorlê, toon, inlewer; voortbring, maak.

productiën: stukke wat ’n beskuldigde inlewer om sy regsaak te versterk.

proeve: sien preuve.

profil, ook provil: deursnit-tekening van ’n gebou.

profitabel: voordelig, winsgewend.

profiteeren: voordeel trek uit, nuttig gebruik; vorder, win, toeneem.

progres: voortgang, vordering.

prohibeeren: verbied, belet.

projecteeren: ontwerp, planne maak.

prolegomena: inleidende opmerkings, voorrede, inleiding.

prolongatie: verlenging van ’n tydsduur, uitstel van ’n tydsbepaling.

prolongeeren: verleng, vertraag, uitstel.

promesse: belofte.

promitteeren: toesê, belowe.

promoteur: aanstoker, aanstigter.

promoveeren: na vore bring, bevorder, aanstel.

prompt: haastig, spoedig, vaardig, presies, snel, stip, noukeurig.

promptelijk: geredelik, dadelik; vlot, stiptelik, presies; stellig; kontant.

prompter: vlotter, beter, stipter.

promptitude: vaardigheid, snelheid, behendigheid, stiptheid.

pronuncieeren, ook pronuntieeren: in die openbaar uitspreek, uitspraak gee, beslis; voordra, verklaar.

pronuntieeren: sien pronuncieeren.

proponeeren: voorstel, voorhou, voordra, voorlê.

propoost: voorneme, plan, opset; voorstel, stelling, mening; geensints ten propoost koomende: glad nie te pas kom nie, nie ter sake wees nie; kwalijk te propooste: sleg te pas; ten dien propooste specteerende: met betrekking tot die genoemde voorneme besluit.

propositie: voorstel, voorstelling.

prosequeeren: vervolg, aankla.

prospereren: voorspoed belewe, bloei.

prostitueeren: tot skande maak, verneder, onteer.

prostitutie: vernedering, ontering.

protegeren: beskerm, beskerming verleen; iemand steun.

protestatie: teenspraak, plegtige versekering, voorbehoud.

provenieeren: pro venieeren van: voortkom, voortvloei uit, die opbrengs wees van.

provenu, ook prevenu: opbrengs, inkomste, bedrag, voordeel, wins.

proviandeeren: van lewensmiddele of mondvoorraad voorsien.

proviandeering: voorsiening van lewensmiddele.

provideeren: voorsien.

provil: sien profil.

provisie: voorsiening, hulp; voorraad, veral lewensmiddele of proviand vir ’n skip of persoon op reis; bij provisie: as tydelike voorsiening, voorlopig, tydelik.

provisioneel: voorlopig, tydelik; ondertussen, middelerwyl.

provoost: opsigter oor orde en tug in ’n garnisoen; onderoffisier belas met die toesig oor gevangenes aan boord ’n skip; provoost geweldige: amptenaar wat toesig gehad het oor die handhawing van die tug en oor arrestasies.

pryckel: sien pericel.

publicquelijk: in die openbaar; van owerheidsweë, amptelik.

publicus tabellion: openbare skrywer, amptelike skrywer.

pui, ook puije: stoep of balkon voor ’n stadhuis of ander regerings- of openbare gebou waarvandaan vroeër ordonnansies en ander belangrike aankondigings gedoen is, stoep of balkon voor ’n paleis of herehuis.

puije: sien pui.

pulver: buskruit.

puncteren: aanstip.

punctueel: stip, noukeurig, presies.

punctueelijk: stiptelik, noukeurig, presies.

punieeren: straf.

pupelle: sien pupil.

pupil, ook pupelle: minderjarige weeskind wat in pleegsorg is of onder voogdy staan, pleegkind; leerling.

purge: suiwering voor die gereg van ’n beskuldiging of verdenking; eed van purge: eed waardeur iemand homself regverdig, suiweringseed.

purgeeren: skoonmaak, suiwer; jouself van ’n beskuldiging of verdenking suiwer.

puriteijt: suiwerheid, reinheid; kuisheid, onskuld, suiwerheid van sedes.

puts: leer skeepsemmer.

putting touw: tou wat van die mars bo-op die mas tot by die ondermars gespan word.

puttingsbout: plat yster of staaf, waaraan die toue wat die seile aan die maste verbind, vasgemaak word.

puur: suiwer, onvermengd, onvervals; onbevlek, rein, vry van sonde.

Q

quadreren: pas, skik, ooreenkom, klop.

qualificatie: bevoegdheid, vergunning.

qualificeeren: volmag verleen, magtig; bevoeg verklaar.

qualijk: onwel, ongesteld; krenkend, honend.

qualité, ook qualite: hoedanigheid, amp, funksie, beroep.

qualite: sien qualité.

qualiteijt: gesteldheid, deugdelikheid, waardigheid, hoedanigheid; titel, stand, rang.

quant: kwant, vent, snuiter.

quarré: vierkant, vierhoekige soldatestelling.

quartier: helfte van die voorste of agterste gedeelte van ’n slagdier.

quartiermeester: aan boord was die kwartiermeester die onderoffisier van die laagste rang op ’n skip, gewoonlik onder die bootsman en moes toesig hou oor die kwartier of verblyfplek van die bemanning; aan land was hy een van die laer amptenare wat toesig moes hou oor die verblyfplek van die soldate.

quasi mode: asof.

quasie: sogenaamd, soos iemand voorgee.

quellereus: quellereus humeur (skryffout queruleus ): twissiek.

quellige: quellige processen: lastige, hinderlike prosesse.

querel: klag, beswaar, geskil, twis, stryd.

querelleus: twissiek.

questie: ondersoek; vraagpunt, vraag; geskil.

questieus: onseker, twyfelagtig.

quetsuur: sien kwetsuur.

quetsuure: sien kwetsuur.

quijt: een quijt te sijn: nie by sy volle verstand te wees nie.

quispidoor: sien kwispedoor.

quistgoed: sien kwistgoed.

quiteeren: weggaan, verlaat; afstand doen van, afsien van, laat vaar, opgee.

quod attestor: wat getuig word deur.

quoote: kwota, iemand se aandeel in die algemene laste of bates.

quoram: sien coram.

quorum: sien coram.

quotisatie: skatting van inkomste waarop belasting gehef word.

quotiseeren: iemand aanslaan vir belasting; iemand se belasting bereken; skat, beraam, takseer; ’n prys bepaal.

R

ra, ook ree, rha, rhaa: lang, ronde houtpaal/steng/spier wat haaks aan die mas hang om ’n seil op te hou; skip met drie maste het van 12 tot 15 raas gehad, elkeen met ’n eie naam.

racken: pynig.

racker (van racken ): handlanger van die beul.

radja: titel of benaming van ’n Indiese vors.

rafactie, ook refactie: korting wat verleen word na die lewering van ’n produk wat beskadig is of nie ooreenkom met die monsters wat vooraf gestuur is nie.

rafraichissement: sien refraichissement.

raisonnement: redenasie, betoog.

rakketros: tou waarmee die ra teen die mas opgehys word.

ramenassen: sien rammenas.

rammelas: sien rammenas.

rammenas, ook ramenassen, rammelas: Spaanse radys, ramenas: knol van ’n plant met ronde swart wortels en ’n sterk smaak (Raphanus sativus niger).

rampaard, ook rampaerd, roopaard: affuit van ’n skeepskanon, ook genoem rolperd, die onderstuk waarop ’n kanon geplaas is; wal, skans.

rampaerd: sien rampaard.

ranck, ook rancq: onvas, topswaar.

rancq: sien ranck.

randeeren: sien rendeeren.

rangeeren, ook rengeren: in ’n bepaalde volgorde skik, orden; in gelid of marsorde of slagorde opstel.

rank: skraal, dun, slank, sierlik.

rankheijd: skraal, dun, maer; onvas, wankelrig.

rantsoenhouten: twee oprysende/oorhellende steunbalke van die agterstewe wat op laasgenoemde rus en die omraming van die skip se spieël vorm.

ranvoijeeren: sien renvoijeeren.

raptim: inderhaas, halsoorkop.

ras 1 (s.nw.), ook rasch, rasset: stof van wol of sy.

ras 2 (b.nw.): snel bewegend; spoedig, weldra.

rasch: sien ras 1.

rasset: sien ras 1.

ratificeeren: bekragtig (veral internasionale ooreenkomste).

rato: na rato: na eweredigheid, na verhouding; eweredige of toegewese deel.

rauactie: sien rauwactie.

rauwactie, ook rauactie: saak wat die eerste keer voor die regbank dien.

ravelijn: voorskans, halwemaanskans voor die tussenwal, tussen twee bastions.

reaal: goue, koper- of silwermunt wat in die 16de tot die 18de eeue onder Spaans-Portugese invloed in Nederland in gebruik was en waarvan die waarde van land tot land en van tyd tot tyd verskil het; reaal van agten: reaal met die waarde van agt schellings of 48 stuiwers.

recepis, ook recepisse: ontvangserkenning, bewys van ontvangs of oorname, kwitansie.

recepisse: sien recepis.

receptie: ontvangs van ’n toegesonde geskrif; amptelike ontvangs van ’n hooggeplaasde persoon.

rechtevoort: op die oomblik, terstond.

recipieeren: ontvangs van geld of goedere; met eerbetoon ontvang, verwelkom; toelaat, opneem.

reclameeren: terugvorder, opeis.

recognitie: erkenning, erkentenis, belydenis; herkenning; heffing.

recognosceeren: erken, die egtheid van ’n saak erken; verken, op verkenning uitgaan.

recoleeren: sien recolleeren.

recolement: sien recollement.

recolleeren, ook recoleeren, recolleren: verdagte of getuie sy vroeër afgelegde verklaring vir bevestiging voorlê; verifieer of bevestig deur ’n nuwe ondersoek.

recollement, ook recolement: vergelyking van ’n kopie met die oorspronklike voorlesing van ’n attestasie aan die getuie, sodat hy kan byvoeg of verander.

recolleren: sien recolleeren.

recommandatie: aanbeveling, aanprysing, voorspraak.

recommandeeren: aanbeveel, aanprys.

recompens: skadeloosstelling, vergoeding van gelede skade of gemaakte onkoste; beloning, vergoeding van gelewerde diens.

reconvalesceeren, ook reconvalisceeren, reconvaliseren: na ’n siekte kragte herwin, herstel.

reconvalescentie: periode tussen ’n siekbed en volkome herstel.

reconvalisceeren: sien reconvalesceeren.

reconvaliseren: sien reconvalesceeren.

recours: toevlug; buitengewone beroep op ’n hoë geregshof.

recouvreeren: terugkry, verhaal; kry, verkry.

recouvreering: tot recouvreering van: tot herstel van, ter invordering van.

recuseren: weier, afslaan, verwerp.

redderen: in orde bring, bymekaar bring, opknap; opruim; uit ’n moeilike situasie help, na veiligheid bring, van ondergang behoed.

redimeren: loskoop, inlos, bevry.

redoubtjen, ook redoutjen: fortjie, skansie.

redout, ook reduijt, reduit, ronduijt: klein veldskans, vlugskans.

redoutjen: sien redoubtjen.

redres: herstel, vergoeding.

redresseeren: herstel, verander, goed maak, weer in orde bring.

reduceeren: terugbring; herlei, omreken; verminder, kleiner maak; afdank, devalueer, vereenvoudig.

reduijt: sien redout.

reduit: sien redout.

redundeeren: strek tot; ten bate van of ten laste van.

redutabele: gedugte.

ree: sien ra.

reede: sien rheede.

reef: smal, horisontale strook in ’n seil wat by sterk wind opgerol kan word om die oppervlakte wat aan die wind blootgestel is, te verminder.

reefen: sien reeven.

reep: swaar tou.

reeven, ook reefen, reven: een of meer van die daarvoor bestemde horisontale stroke aan ’n seil inneem en opbind om sodoende die seiloppervlak te verklein en aan te pas by die krag van die wind; gereefde zeilen: seile wat ingeneem of verkort is.

refactie: sien rafactie.

refereeren: verwys na; berig, verhaal.

reflecteeren: ag gee op iets, iets in aanmerking neem; nadink oor iets.

reflectie, ook reflexie: oordenking, opmerking, aanmerking.

reflexie: sien reflectie.

refraichement: sien refraichissement.

refraichissement, ook rafraichissement, refraichement, refrichement, refrischement: verversing, verfrissing, verkwikking.

refrecheeren: bemanningslede of soldate laat rus om hulle kragte te herwin.

refrenatie: beteueling, onderdrukking.

refrichement: sien refraichissement.

refus: weiering, weierende antwoord.

refutatie: weerlegging; afwysing, weiering.

refuteeren: verwerp, weerlê.

regael: geskenk.

regaleeren: begiftig; onthaal, vergas.

regard, ook reguard, reguarde: aandag, opmerksaamheid; eerbied, ontsag, respek; ten opsigte van, met betrekking tot; regard nemen: aandag skenk, let op, in ag neem.

regent: iemand wat deel uitmaak van die bestuur van ’n liefdadigheidsinrigting, soos ’n hospitaal, weeshuis, ens.

regeur: sien rigeur.

regneerende, ook regnerende: heersende.

regnerende: sien regneerende.

regres: teruggang, verhaal van skade.

reguard: sien regard.

reguarde: sien regard; ten reguarde: ten opsigte van, met betrekking tot.

reguleeren: reël, skik, orden, rangskik; voorskryf, bepaal, vasstel.

regulier: gereeld, reëlmatig.

reijse: maal, keer.

reijsvorderen: reis voortsit.

reiteratie: herhaling.

reitereeren: herhaal, vernuwe.

rejecteeren: verwerp.

reklijker: toegeefliker.

relaas: verhaal, berig, verslag.

relatant: rapporteur.

relateeren, ook relateren: verslag doen van, vertel, vermeld, verhaal.

relateren: sien relateeren.

relatie: betrekking waarin begrippe of sake tot mekaar staan, betrekking van een persoon tot ’n ander; vertelling, verhaal, berig, verslag.

relegeeren, ook relegeren, religeeren: ban, verban, wegstuur; verwys.

relegeren: sien relegeeren.

releveeren, ook releveren: onthef, ontslaan, vryspreek; die aandag vestig op; afhanklik wees van; ophef, verlig, van ’n verpligting bevry.

releveren: sien releveeren.

relief: opheffing, verligting, herstelling; hulp, bystand, ondersteuning.

religeren: sien relegeeren.

religie: godsdiens, geloofsleer; godsvrug.

reliqua: oorblyfsel, onbetaalde gedeelte van ’n rekening.

remarcque, ook remarque: aanmerking, opmerking.

remarcqueeren, ook remarkeeren, remarqueeren, remercqueeren, remerkeeren: opmerk, aanmerk, waarneem.

remarkeeren: sien remarcqueeren.

remarque: sien remarcque.

remarqueeren: sien remarcqueeren.

remarques (mv.): sien remarcque.

rembourseeren: terugbetaal, vergoed, dek.

remboursement: terugbetaling, vergoeding, dekking.

remedie: hulpmiddel, heelmiddel, teenmiddel.

remedieeren, ook remidieeren: verhelp, genees, beter maak.

remercqueeren: sien remarcqueeren.

remerkeeren: sien remarcqueeren.

remidieeren: sien remedieeren.

remissie: terugsending; vermindering, afslag, korting; versagting.

remitteeren: terugstuur; oorhandig, oorlewer, (geld) oormaak, vergeef, kwytskel.

remonstrantie, ook remonstratie: protes, teenvoorstel, weerlegging, teenvertoog, waarskuwing.

remonstratie: sien remonstrantie.

remonstreeren: vertoog, ’n betoog teen iets indien, teenvoorstel doen, aantoon, vertoon.

remoreeren, ook remoreren: ophou, vertraag; woon, verblyf hou, intrek neem.

remoreren: sien remoreeren.

removeren: verwyder, wegneem, verskuif, afsit.

remplaceeren, ook remplaseeren: vervul, vervang.

remplaseeren: sien remplaceeren.

rencontre: ontmoeting; onvoorbereide geveg, vyandige ontmoeting.

rendant: rekeninghouer.

rendeeren, ook randeeren, renderen: oplewer, opgee, opbring, bedra; voordeel bring.

rendement: opbrengs, wins.

renderen: sien rendeeren.

rendevous: afgesproke plek van byeenkoms; afgesproke samekoms.

renfort: versterking, hulp, ondersteuning.

rengeren: sien rangeeren.

renovatie: hernuwing, vernuwing, herstelling.

renoveeren: hernuwe, vernuwe, verbeter; ’n wissel se vervaldatum uitstel.

renoverend: herhalend.

renuncieeren, ook renuntieeren: afsien van, afstand doen, opsê.

renuntiatie: opsegging, afstand.

renuntieeren: sien renuncieeren.

renverseeren: omkeer, omverwerp, onderstebo keer, wanorde skep.

renvoijeeren, ook ranvoijeeren, renvoijeren: verwys na, in hande stel van; wegstuur, terugstuur.

renvoijeren: sien renvoijeeren.

reparabel: herstelbaar.

reparatie: herstelling, vernuwing; vergoeding, skadeloosstelling.

repareeren: herstel, vergoed.

repartitie: verdeling.

repatrieeren: na die vaderland terugkeer.

repliceeren: antwoord.

repouseeren, ook repousseeren: terugdryf, verstoot.

repousseeren: sien repouseeren.

reppen: haas; beroer.

repremenderen, ook reprementeren: berispe.

reprementeren: sien repremenderen.

represaillje, ook represalie: daad van weerwraak, vergeldingsmaatreël.

represalie: sien represaillje.

representeeren: verteenwoordig; voorstel, vertoon.

reprice, ook reprise: hervatting.

reprimendeeren: berispe, bestraf.

reprise: ook reprice.

reproche: berisping, verwyt, wraking van getuie.

reprocheeren, ook reproscheeren: berispe, verwyt.

reproschabel: afkeurenswaardig, bestraffelik.

reproscheeren: sien reprocheeren.

reputatieus: agbaarlik.

request: bede, versoek; versoekskrif, smeekskrif, klagskrif.

requesteeren: sien requestreeren.

requestrant: ondertekenaar of indiener van ’n versoekskrif.

requestreeren, ook requesteeren, requestreren: versoekskrif indien, deur middel van ’n versoekskrif iets vra.

requestreren: sien requestreeren.

requirant, ook requirent: eiser, aansoeker, versoeker, begeerder.

requireeren: verlang, versoek; vorder, eis, vereis; ondersoek, navors.

requirent: sien requirant.

requisiet, ook requisit: dit wat vereis, versoek of begeer word, noodsaaklike eienskap.

requisit: sien requisiet.

requisitie: oproep, opeising, vordering van goedere.

requisitoir: eis.

reschribtie: sien rescriptie.

reschripsie: sien rescriptie.

rescontre: ontmoeting.

rescontreeren, ook rescontreren: afreken, verreken, vereffen; ontmoet, wedervaar, teëkom.

rescontreren: sien rescontreeren.

rescribeeren: terugskryf, antwoord, besluit of bevel bekendmaak.

rescriptie, ook reschripsie, reschribtie: skriftelike antwoord (gewoonlik van die owerheid) skriftelike lasgewing tot invordering of uitbetaling van ’n geldsom; eerste poinct van rescriptie: antwoord.

reservatie: voorbehoud; bedagsaamheid, ingetoënheid.

resideeren: verblyf hou.

residentie: verblyf, woonplek, stad, setel.

resigneeren: afstand doen van, neerlê; onderwerp, skik.

resiqueeren: riskeer, in gevaar stel.

resisteeren: weerstaan, teenstaan, versit; verdra, verduur.

resistentie: weerstand, verset; weerstandsvermoë.

resolveeren: besluit, ’n besluit neem.

resoriteeren: sien ressorteren.

respondabel: aanspraaklik.

respondeeren: borgstaan, instaan; antwoord.

responsabel: verantwoordelik, aanspreeklik.

resproscheeren: sien reprocheeren.

ressort: gebied, regsgebied, ampsgebied.

ressorteren, ook resoriteeren: behorende tot ’n gebied of resort.

restant: oorskot van ’n voorraad, agterstallige skuld.

resteeren: oorbly, oorskiet, agterstallig wees.

restitueeren: teruggee, vergoed, terugbetaal.

restituendo: de restituendo: borgtog van terugbetaling.

restitusie, ook restitutie: vergoeding, terugbetaling, teruggawe.

restitutie: sien restitusie.

restrictie, ook ristrictie: beperking, voorbehoud, bepaling.

resulteeren: volg, voortvloei, ontstaan.

resumeeren: beknop opsom, bondig saamvat, kortliks herhaal, herlees en goedkeur.

resumptie: samevatting, herhaling, hervatting; na resumptie: na hervatting, na resumtie van dien: na ’n kort oorsig daarvan.

retardance: vertraging, uitstel.

retardement: oponthoud, vertraging, versuim, uitstel.

retourneeren: terugkeer, terugstuur.

retracteeren: intrek, herroep.

retraite: taptoe.

retranchement: verskansing, veldskans.

retroacta: voorgeskiedenis van ’n regsgeding, alle (argief)stukke wat op die voorgeskiedenis van ’n regsgeding betrekking het.

reukeloos: roekeloos.

reusseeren: slaag, goed afloop.

reven: sien reeven.

reverent: eerwaardig, vol eerbied.

reverentie: ontsag, eerbied; eerbetuiging.

revers 1: keersy of rugkant van ’n muntstuk of medalje.

revers 2: teenspoed, ongeval, ongeluk.

reverteeren: omwend, omkeer, wederkeer, terugkeer, terugkom.

revictualiceeren: opnuut voorsien van lewensmiddele.

revideeren, ook revideren, reviseeren: weer deurkyk, hersien, nogmaals ondersoek.

revideren: sien revideeren.

reviseeren: sien revideeren.

revisie: hersiening, nasiening.

revocatie: herroeping, intrekking; ontslag.

revoceeren: herroep, intrek; ontslaan.

revue: wapenskou, monstering; oorsig.

rha: sien ra.

rhaa: sien ra.

rheede, ook reede: gedeeltelik deur die land ingeslote see wat aan skepe ’n veilige ankerplek bied.

rheeder: die persoon wat ’n skip uitrus of help uitrus vir ’n koopvaart.

rib: vloer- of solderbalk.

ribben: dun balke onder die vloer of solder, balke wat die geraamte van ’n skip uitmaak.

riem 1: pak met 20 boek (480–500 velle) papier.

riem 2: roeispaan.

rigeur, ook regeur: strengheid, hardheid, skerpheid.

riggel: lat, smal plank.

rigoreus: baie streng; stiptelike nakoming van voorskrifte en reëls.

ringbout: staaf waaraan ’n ring bevestig is, gebruik om geskut te help verskuif of vasmaak.

ringkraag: vergulde halskraag wat die offisiere van die infanterie gedurende die l7de en l8de eeu gedra het.

riseco: sien risico.

risico, ook riseco: gevaar vir skade of verlies, gevaarlike kans.

risiqueeren: waag, op die spel plaas.

risp: rusper.

rister: onderdeel van ’n ploeg (vergelyk risterbort ).

ristrictie: sien restrictie.

ritmeester: bevelvoerder oor ruiters, rang gelyk aan kaptein.

ritserbort: rysterplaat.

roede: tak; stok, staf; staaf, stang; paal, balk wat deur die as van die koringmeul gesteek word en waaraan die vlerke vasgeheg word.

roeijriem: roeispaan.

roemael: sysakdoek.

roerhaak: haak wat die roer aan ’n vingerling vasmaak.

roerpen: hout- of ysterhefboom wat in die roer gesteek word en waarmee dit heen en weer beweeg word.

roffel, ook rouffel: snelle herhaling van gelykmatige kort slae wat afwisselend met beide stokke op ’n trom gegee word.

roijeeren: skrap, deurhaal.

rojen: sien rooijen.

rondhout: hout wat nog die ronde vorm van die boomstam het, onbewerkte hout; alle ronde hout wat tot die skeepstuig behoort, byvoorbeeld maste, stenge, ra’s, ens.

rondscharp: sien rondscherp.

rondscherp, ook rondscharp: ronde koeëls.

rondschieten: voldoende geld hê om alle uitgawes te dek; aan alle eise voldoen, tot ’n geslaagde einde bring.

rondstaan: doen rondstaan: ten volle afhandel, voltooi.

ronduijt: sien reduijt.

roode loop: bloeddisenterie.

rooijen, ook rojen: roof, steel, stroop, plunder.

roopaard: sien rampaard.

roosterwerk: houtrooster waarmee openinge in die dek afgesluit word.

rosmolen: perdemeul.

rotsgesel: soldaat wat deel uitmaak van ’n afdeling, wapenbroeder; samesweerder.

rouffel: sien roffel.

rouleeren: sien roulleeren.

roulleeren, ook rouleeren: in omloop wees; (betrekkings) agtereenvolgens deur verskillende persone beklee word, beurtelings diens waarneem, sirkuleer.

ruijters: lat of plank bo-op die nok van ’n dak.

ruin, ook ruine: verderf, ondergang, verwoesting.

ruine: sien ruin.

ruineeren: verwoes, verniel; verdelg, uitroei, vernietig; iemand sy vermoëns laat verloor, tot armoede bring.

ruineus: verlies van vermoë veroorsakende, tot armoede voerende.

rul: (van sand) los, onsamehangend sodat alles diep daarin wegsak.

run: van boombas gemaak, bevat looisuur vir leerlooiery.

rund: bees; beeste, vee.

rundvee: versamelnaam vir beeste.

ruptuur: breuk; vredebreuk; onenigheid, onmin.

rust: platform aan die buitekant van ’n skip op die hoogte van die bodek.

rusten: breë planke wat op die hoogte van die bodek aan die buitekant van ’n skip vasgeheg word.

ruzie: twis, krakeel, herrie; opskudding, drukte (veral drukte in die huishouding as gevolg van skoonmaak of verhuising).

ryge: ry, reeks.

S

saadhout, ook zaadhout: dik balk wat ewewydig met die kiel van ’n skip loop en dien tot versterking van die raam en om die gewig van die maste meer eweredig te versprei.

saai, ook zaije: ligte gekeperde wolstof wat van Europa na Indië en Japan uitgevoer is.

sabandaer: hawemeester, opsigter.

sagreijn, ook chagrin: leed, verdriet, nydige knieserigheid.

salampoeris, ook salampouris, salempoeris, zalempouris: katoen- of sisdoek of -kleed uit Voor-Indië, genoem na die stad Salemporis/Salampores of Serampore ten suide van Kalkutta op die Koromandel-kus.

salampouris: sien salampoeris.

salempoeris: sien salampoeris.

salempoerissen (mv.): sien salampoeris.

salie: welriekende kruiegewas van die geslag Salvia, waarvan die blare as geneesmiddel gebruik is.

saling: sien zaling.

salutair: heilsaam, saligmakend.

salvatien: bewaring, beskutting, behoud.

salveeren: berg, na veiligheid bring, behou, bewaar, beveilig, red.

salvum conductum: vrygeleide.

sampt: asook, benewens.

sancte: onskendbaar, heilig.

sanen: fyn materiaal uit Bengale.

sapanhout: sien sappanhout.

sappanhout, ook sapanhout, sappenhout, sjampanhout: donkerrooi hout van ’n Indiese boomsoort, waarvan rooi verf gemaak is.

sappenhout: sien sappanhout.

sargie d’ Nimes: wolmateriaal van Nimes.

sargie, ook cergie, chairge, chairgie, zargie: serge, ligte gekeperde wolstof.

sarte in sarte partye: vragbrief, akte van ooreenkoms tussen skippers en handelaars.

satisdatie: borgstelling.

satisfactoir: bevredigend.

sausen: tabak sausen: tabak in ’n vloeistof week om dit ’n beter smaak of geur te gee.

sauvegarde: sien save guarde.

save guarde, ook sauvegarde: beskerming, beskutting, vrygeleide.

schaal: stuk hout, hol aan die een kant en bolvormig aan die ander kant, gebruik om ander hout te versterk.

schaarlaken, ook scharlaken: helderrooi wolstof.

schaars: karig; ternouernood.

schaarstijl: dakbalk waarvan die bopunt aan die nok vasgeheg word, terwyl die onderpunt op die muur rus.

schaarstokken: planke wat hoër is as die res van die dek om die middelste gedeelte van die dek van die res af te sny.

schacherij: woekerwins.

schafmeester: persoon wat vir die voorsiening van maaltye sorg, hofmeester.

schaft: stok, stang.

schaften: opdis; eet, voedsel gebruik, etenstyd hou.

schag, ook schagt: stok, lat.

schaggerij: woekerwins.

schagt: sien schag.

schalmen: om ’n skip se luike by stormagtige weer met geteerde seile te bedek.

schamel: sitbank; driepoot om iets op te sit; drabalk van die onderstel van ’n wa.

schamper: spottend, smalend, skimpend.

scharbier: sien scharrebier.

scharlaken: sien schaarlaken.

scharp, ook scherp: alle ysterwerk aan boord van ’n skip; alles wat uit ’n vuurwapen gevuur word, byvoorbeeld projektiele, koeëls.

scharrebier, ook scharbier: bier wat suur of skraal of van slegte gehalte is.

schavotje: afgeslote gedeelte van ’n skip se dek, gewoonlik bo-op die stuurkajuit, waarin die standaardkompas opgestel word.

schavotteeren: op die skavot plaas, aan die kaak stel.

scheen: wielband.

scheepel: houtskop met ’n lang steel om graan mee te skep; inhoudsmaat (ongeveer 1/4 mud) vir droë ware, maatvat met die inhoud van ’n scheepel.

scheepenkennis: dokument, veral ’n skuldbekentenis, wat voor schepenen opgestel is (vergelyk schepen ).

scheerbekken: beker waarin seepskuim aangemaak word.

scheg, ook schegh: wigvormige versterking van die voor- en agterstewe van ’n skip.

schegh: sien scheg.

schei: klok, bel.

scheijwater: salpetersuur wat gebruik word om edelmetale op die toetssteen te ondersoek.

schellak: harsagtige stof wat verkry word deur die uitskeiding wat ’n sekere soort skildluis (Coccus lacca) op sommige lndiese vyesoorte teweegbring.

schellen: afskil, ontbas.

schelling: ou munteenheid, verdeel in 12 pennings; silwermunt ter waarde van 6 stuiwers.

schempen: afgee op, skimp, skel.

schepel: vierde deel van ’n mud; in die l7de eeu is ’n skepel koring op ongeveer 40 lb. gestel.

schepen: voormalige owerheidspersoon, regter, lid van ’n kollege met regspraak; stadsbestuurder.

schepenenkennisse, ook schepenkennis: skepekennis, hipoteek, gewoonlik skuldbekentenis wat vir skepene opgestel is.

schepenkennis: sien schepenenkennisse.

scherp: sien scharp.

scherpregter: persoon belas met die toediening en voltrekking van lyfstraf, beul.

schiapperen: sien echapperen.

schick: orde, reëling.

schieman, ook schijman, schiman, schimman (almal van schipman ): onderoffisier, naamlik die tweede bootsman wat die touwerk van die voorskip en die ankers versorg.

schiemannen: werk verrig aan skeepstoue ten einde die toue te versterk of te herstel.

schier: snel, skielik, gou; spoedig, weldra; kort te vore, so ewe; nouliks; byna, nagenoeg, miskien.

schietworm: insek van die orde Trichoptera, en wat baie aan ’n mot herinner.

schiev: plat, ronde voorwerp, skyf; aan ’n blok of katrol, die draaiende deel waaroor ’n tou loop.

schiften: verdeel, skei.

schifting: skeiding, verdeling.

schijman: sien schieman.

schil: verskil.

schildergast: militêr van ’n lae rang, wat verplig is om wag te staan.

schiman: sien schieman.

schimman: sien schieman.

schoenen: met looden schoenen: teësinnig.

schonk: been, groot bot.

schoof: gerf, bundel ryshout, bundel planke, gesamentlike dele van ’n uitmekaar gehaalde boot, wat genoeg duie bevat het om ’n vat van te maak; van de duigen of schoven: bondel duie.

schoor: steunbalk, balk of paal wat as stut onder of skuins teen iets geplaas word.

schoorsteenplaat: blad van die skoorsteenmantel; plaat oor die vuurherd.

schoot: tou wat aan die onderste hoek van die verskillende seile van ’n skip vasgemaak is en waarmee die seile gespan is, byvoorbeeld die bezaanschoot, marszeilschoot, bramschoot of kluiverschoot.

schootblok: katrol van die schoot.

schooven: in bondels versamel.

schop: graaf.

schorbut: sien scorbut.

schorbuttig: sien scorbutiek.

schotich: sien schotig.

schotig, ook schotich: toeskietlik, bereidwillig, goedgeefs.

schout: persoon wat in ’n stad aan die hoof van die gereg en die polisie staan.

schout-bij-nacht 1: polisiebeampte wat die skout, oorspronklik in die nag, vervang het.

schout-bij-nacht 2: bevelhebber met die taak om te sorg dat die skepe van ’n vloot in die nag in die voorgeskrewe orde voer; bevelhebber van ’n smaldeel van ’n vloot (vergelyk smaldeel ).

schouw 1: platboomskuit.

schouw 2: vlag wat waai as teken dat die skeepsvolk van land na boord moet kom.

schraal: schraal wind: nie sterk genoeg nie.

schraalen: de wint is beginnen te schraalen: wanneer die wind ongunstig waai vir ’n skip.

schrap: zich schrap stellen: vas op jou voete staan, gereed wees om jouself te verweer.

schraper: klein driehoekige, skerp yster waarmee die pik van skepe afgeskraap is.

schriftuur: geskrewe stuk, skriftelike betoog, geskrif.

schroot: klein stukkies afvalmetaal; klein, onreëlmatige stukkies yster wat as lading vir kanonne gebruik is; strook dun gesaagde hout.

schuijmleepel: skuimspaan.

schuijt: vorm waarin tin en ander metale soms gegiet is en wat aan ’n skuit herinner het.

schuijtloot: stuk lood in die vorm van ’n skuit gegiet.

schulpen: in die lengte deursaag.

schulpzaag: saag wat in ’n houtraam gespan is, en waarmee boomstamme tot houte en planke gesaag word.

schutlepel: stuk gereedskap wat gebruik is om ’n kanon mee te laai.

schutpoort: geskutpoort, vierkantige opening in die sy van die skip waardeur die mond van ’n kanon gesteek het.

scorbut, ook schorbut: skeurbuik.

scorbutiek, ook scorbutisch: onderhewig aan skeurbuik.

scorbutisch: sien scorbutiek.

scrupul: beswaar, gewetensbeswaar.

secludeeren, ook secluderen: uitsluit, afsluit, buitesluit.

secluderen: sien secluderen.

seclusie: uitsluiting, afsluiting, afsondering.

secondeeren, ook secundeeren: help, bystaan, ondersteun, begunstig.

secours: bystand, hulp, ondersteuning, onderstand.

secreet: geheim; geheime stuk; geheime bergplek.

secreete, ook secrete: geheime.

secrete: sien secreete.

secreteeren: geheim hou, verberg, verswyg.

secretesse: geheimhouding, geheim.

secundeeren: sien secondeeren.

secureeren: beveilig, verseker; red.

securiteijt: veiligheid, sekerheid.

secuur: veilig; seker, stellig; sorgvuldig.

seditieuse: oproerige, opswepende.

seduur: soldeersel.

seet: om se ter seet te helpen: om hulle te help vestig.

seffens, ook tseffens: tegelyk.

sege, ook zeegen, zegen: seën, groot, smal visnet.

segour: veilig.

seilaes: in seilaes ordre: instruksie hoe om te vaar.

sek: wyn met ’n hoë suiker- en alkoholinhoud, gepars van gedroogde druiwe; vroeër gebruik as naam vir bepaalde soorte wyn uit Spanje en die Kanariese Eilande.

sekwijn: sien sek.

Senatus Consultum Velleianum: Regsbepaling wat gevind kan word in die Corpus Juris Civilis, die Codex van Keiser Justianianus (Digeste Liber XVI, titel 1, paragraaf I). Dit bepaal dat vroue wat borg gestaan het nie in regte aangespreek mag word nie. Hierdie Senatus Consultum is verder uitgebrei deur die Authentica “Si qua mulier” wat bepaal dat borgstelling van ’n vrou vir haar eie man waardeloos is, tensy dit bewys kan word dat die geld gebruik is ten bate van die vrou.

sensibel: gevoelig, aandoenlik, baie vatbaar vir indrukke; sintuiglik, waarneembaar.

sententie: vonnis, oordeel.

sentiment: gevoel, aandoening; opvatting, mening.

separatie: skeiding, afskeiding.

separeeren: afsonder, van mekaar skei.

sequestreeren: in bewaring stel.

serbster bier: sien serbsterbier.

serbsterbier, ook serbster bier, serpsterbier: bier uit Zerbst in Duitsland.

serieus: ernstig, opreg bedoel.

serpsterbier: sien serbsterbier.

set: lang steel met ’n fuik daaraan vasgeheg, waarmee vis gevang word.

setten: toeberei, gereed maak.

seug: sien zeug.

seureti: ook seurite.

seurite, ook seureti: seurite de corps: sûreté, vrygeleide, gewoonlik net vir ’n sekere tyd geldig.

sevenderhande: allerhande.

short: kort jassie wat bo-oor die ander klere aangetrek word vir beskerming.

sieckevaer: amptenaar wat toesig oor die hospitaal gehad het.

signatuur: handtekening, ondertekening.

signeeren: teken, onderteken; beseël, stempel.

signet: seëlring, stempel.

sijdgeweer, ook zijtgeweer: sabel.

silentie: stilswye.

silentium: stilte.

simpel: eenvoudig, van weinig betekenis; argeloos, onnosel; onskuldig.

simulatie: veinsing, verskoning, skikking.

singulier: sonderling, vreemd, eienaardig; enkel.

sinister, ook sinistre: onheilspellend, duister; slinks, vals, ongunstig, boos, rampspoedig, nadelig.

sinistre: sien sinister.

sits: sien chits.

sitter: balk langs die middelstuk op die boom van die skip (vergelyk knie ).

siviel: sien civiel.

sjampanhout: sien sappanhout.

sjap: sien tjap.

sjouw, ook chauw, chiauw: vlag wat gedeeltelik opgerol aan boord ’n skip gehys word as sein dat die bemanning aan boord moet kom, of dat die skip hulp nodig het of in nood verkeer.

slaende: slaende de trop ( troup ): op die trom slaan.

slag: in slag leggen: insetprys, gebruik vir die som wat ingeset word as pagsom, voordat ’n verdere bod gedoen word.

slagboegen: saamloop.

slaken: loslaat, vrylaat.

slaper: hout aan weerskante van die voorstewe, om die raamwerk van die skip stewiger te maak.

slecht: eenvoudig.

slechten, ook slichten: moeilikheid wegneem, vlak maak, gelyk maak, glad maak; besleg, bylê, vereffen.

sleegh: sien slegt; met sleegh water word waarskynlik slecht/slegt water bedoel.

sleet: afset, omset; die verkoop by die kleinmaat.

slegt: slegt water: vlak water, kalm see.

slemphout: hout wat die verbinding vorm tussen die kiel en die voor- of agterstewe van ’n skip.

slichten: sien slechten.

slijten: verskeur; vernietig, verniel; deurbring; vereffen, besleg; beslis, besluit; by klein maat verkoop.

slim: skeef, skuins; slinks, oneerlik, boos, gemeen; verkeerd, gevaarlik; ongeleë, onaangenaam; ongeskik, ongunstig; skrander, uitgeslape, geslepe.

slingeren: swaaiende of kragtige heen en weer gaande beweging maak; die swaaiende beweging van ’n skip wat deur die golwe of wind gedryf word.

slissing: tot rus bring, bylê.

sloffig: neiging om iets te verwaarloos, te versuim of uit te stel.

sloffigheijd: neiging of gewoonte tot versuim, uitstel of verwaarlosing; handeling of toestand wat uit sodanige neiging voortvloei.

slons: (klein) handlanterntjie.

slonsje: sien slons.

slooijen: sydelings afwyk van die skip.

slooijknie, ook slooiknie, sloyknie: lang, hoekige en gekromde stuk hout wat die galjoen van ’n skip aan die voorstewe vasheg om te voorkom dat dit ’n onvaste gang kry.

slooiknie: sien slooijknie.

sloyknie: sien slooijknie.

sluijkerij: smokkelary, sluikhandel.

sluijkers: smokkelaars.

sluijtgeld: geld wat deur ’n gevangene aan die sipier betaal moes word.

sluijtknie: knie wat geplaas word in die hoek wat deur die achterslemphout en die agterstewe gevorm word (vergelyk achterslemphout, knie ).

sluijtring: ring waarmee ’n bout gesluit word.

smaldeel: aantal skepe wat saam vaar sonder dat hulle ’n deel van ’n groter geheel uitmaak; onderafdeling van ’n vloot.

smeecolen: sien smeecoolen.

smeecoolen, ook smeecolen, smeekolen: steenkool.

smeekolen: sien smeecoolen.

smeerboom: balk wat op skepe gebruik is om ongewensde wrywing te voorkom of om iets mee af te druk.

smeerkoker: koker waarin vetkerse brand.

smoorpan: pan waarin vis gesmoor word.

snaphaan: geweer wat gedurende die l7de en l8de eeu gebruik is en wat afgevuur is deur ’n haan op ’n vuursteen oor te haal.

snaphaancrasser: koeëltrekker.

snaphaen: roer met vuurslag.

snapper: dief; praatjiesmaker.

snee: vermoë van ’n skip om deur die water te sny.

snoo: waardeloos, sleg.

snuijzerij, ook snuzereij: snuistery, handelsartikel van geringe waarde.

snuzereij: ook snuijzerij.

sober: ingetoë, gering, skraal, kaal, karig, weinig, min; gebrekkig; arm, armoedig.

soberheijt: karigheid, voedselgebrek.

sockel, ook soekel, sokkel: voetstuk, plint; gevlegde baal waarin foelie verpak is; sockel foelie: baal van vlegwerk, waarin foelie verpak is; die gewig was gelyk aan 161 Hollandse ponde.

soekel: sien sockel.

soesje: Indiese weefsel van katoen en sy.

soesoehoenan: titel van die vors van Solo of Soerakarta op Java.

soja: naam van die plantsoort Soja hispida Moench waarvan die bone vir die bereiding van ekstrak en olie en, in uitgepersde vorm, ook as veevoer gebruik word; ekstrak verkry uit die boon van bogenoemde plant en wat as sous gebruik word.

sokkel: sockel.

soldatesque: krygsvolk, krygsliede.

solderveer: sien zolderveer.

solemneel: plegtig, statig; feestelik.

solemnisatie: plegtige viering.

solemniseeren: deur wettige plegtighede of formaliteite bevestig.

solemniteijt: plegtigheid, plegtige handeling of gebeurtenis, feestelikheid.

sollicitant: iemand wat op ’n bepaalde amp of betrekking aanspraak maak.

sollicitatie: aansoek, versoek, aansporing.

solliciteeren: versoek rig, aansoek doen; aanspoor, oprui.

solutie: antwoord waarmee ’n probleem opgelos word.

sommarium, ook summarium: opsomming, kort opgawe/inhoud/ontwerp/berekening.

sommatie: aanmaning om teen of binne ’n bepaalde tyd of onmiddellik aan ’n verpligting of eis te voldoen; opeising, oproeping, vermaning.

sommeeren: aanmaan om te voldoen aan ’n verpligting of eis.

somwijlen: by sommige geleenthede, soms.

sonk: laagte, diepte.

sonnetent: sien zonnetent.

sooden: sooden wallen: walle wat met grassooie uitgelê is.

sorring: sametrekking van twee kabels deur middel van ’n dunner tou.

sorteeren: behoort tot, tuishoort onder; rangskik, onderhorig maak.

sorteering: soort.

sortij poort: uitvalspoort van ’n vesting.

soulaas, ook soulaes, zoulaas: steun; verligting, ontlasting; tegemoetkoming, ondersteuning, troos.

soulaes: ook soulaas.

soulageeren: ondersteun, verligting gee, versag, draagliker maak.

soulagement: vertroosting, ondersteuning, hulp.

souteneeren: beweer, voorstaan, verdedig.

soutien: ondersteuning, steun.

spaak: wielspeek; hefboom.

spaan: dun, plat hout.

spade: spitgraaf.

spadt: naam vir verskillende kristalle, byvoorbeeld loodspaat, veldspaat.

spanrigel: dun lat wat die panlatte van die dak steun.

spante: skuins kapbalke van ’n huis se dak.

spargeeren: verbrei, uitstrooi van ’n gerug.

specificeeren: puntsgewys vermeld, uitdruklik vermeld, omskryf.

specifiek: in besonderhede.

specteeren, ook specteren: aankyk, beskou; ten dien propooste specteerende: met betrekking tot genoemde voorstel.

specteren: sien specteeren; sowel specterende: sowel ten opsigte van.

speculatie: bespiegeling, beskouing; oordenking, oorweging.

speculatief: bespiegelend, ondersoekend; merkwaardig, eienaardig.

speculeren: kyk, beskou, ondersoek.

speerhaak, ook sperhaak: klein aambeeld.

speijgat: gat in die skeepsdek waardeur water van die dek na buite vloei.

sperhaak: sien speerhaak.

spiaulter: sien spiauter.

spiauter, ook spiaulter: mengsel van tin en lood; ook sink.

spie: sien spij.

spiegel: vierkantige agterstewe van ’n skip met glasruite daarin.

spier: stok of steng, lang spar wat op skepe as ’n verlengstuk vir die ra gebruik is.

spij, ook spie: yster- of houtpen.

spijt: hoon, smaad.

spil: as waarom iets draai; werktuig, groot houtkegel wat om ’n as draai en waarop die skip se toue opgerol en die ankers opgehaal word.

spillagie: gedeelte van ’n lading wat tydens versending verlore gaan.

spiritus nitri: gees van salpeter.

spitsboor: kuipersboor, boor waarmee die boonste gedeelte van gate keëlvormig wyer gemaak word.

spitsroede: lang dun roede wat as tugmiddel gebruik is; door de spitsroede jagen: militêre strafmaatreël waarby die persoon wat gestraf word tussen twee rye tugtigers wat met spitsroedes gewapen is, deurgejaag word.

splissen: sien splitsen.

splissing: sien splitsing.

splitsen, ook splissen: verdeel; die stringe aan die end van ’n kabel of tou uitmekaar haal en met die stringe van ’n ander tou ineenvleg om sodoende twee toue te las.

splitsing, ook splissing: metode om twee toue te verbind deur die stringe ineen te vleg, plek waar so ’n las gemaak is.

spoeljeerder, ook spolieerder: plunderaar, rower.

spolieerder: sien spoeljeerder.

spolieeren: plunder, beroof; verlore gaan, verspil.

sponning: groef waarin ’n plank of balk vasgehou word.

sporreling: teenkanting, verset; twis, rusie; moeilikheid, struweling.

spreij: uitgespreide kleed, veral as sierbedekking oor ’n bed.

springen: deur inwendige druk of deur spanning uitmekaar geruk word of bars.

sprockelen: bymekaar maak, versamel.

sprong: op een stel en sprong: haastig, dadelik, onmiddellik, plotseling.

staag: sien stag.

staal: wapen wat uit staal vervaardig is, byvoorbeeld ’n swaard, sabel, degen, dolk of mes.

staande: gedurende, tydens.

staartpan: pan met ’n handvatsel.

stabileeren, ook stabileren: vestig, bevestig, bestendig.

stabileren: sien stabileeren.

stabilering: vestiging, bevestiging, bestendiging.

stabilissement: bevestiging.

stach: sien stag.

stag, ook staag, stach, stagh: sterk, dik tou gebruik om regopstaande maste van ’n skip in die regte posisie te hou en te voorkom dat dit agteroorslaan.

stagblok: katrol aan die punte van die stag (vergelyk stag ).

stagh: sien stag.

stagzeijl: driehoekige of trapesiumvormige seil wat op seilskepe gehys is.

staketsel: ry pale wat ’n beskutting vorm.

stand grijpen: van krag word, van toepassing word, geldigheid verkry, in werking tree; uitgevoer word; verwesenlik word; geskied, gebeur, plaasvind.

standaard: vaandel, banier.

standaardjonker: onderoffisier by die ruitery.

standgrijpen: van krag word, in werking tree; geskied, gebeur, voorval, plaasvind.

stang: gegote of gesmede metaalstaaf; houtstok; onderdeel van ’n geweerslot; onderdeel van die slinger van ’n horlosie, onderdeel van ’n orrel; stingel van ’n plant.

stante: stante pede: op staande voet, dadelik, onmiddellik.

stantnadel: keurnadel.

stapel: stellasie waarop die kiel van ’n skip wat in aanbou is, rus.

star: wapen, knots met yster punte.

state: in state houden: onveranderd hou; in state van wyse brengen: ’n regsaak afhandel sodat die vonnis gevel kan word.

statuatie: verordening.

statueeren: bepaal, vasstel, verorden.

steek: pompslag.

steenen: klip, rots.

steevenen: die stewe rig, koers kies, vaar.

stel: op een stel en sprong: haastig, dadelik, onmiddellik, plotseling.

stelhout: getande of gekerfde houtstroke waarmee sekere voorwerpe soos ’n siekestoel, bed of die blad van ’n lessenaar hoër of laer gestel kan word.

steng, ook stengh: stang, bo-mas, mas van die boegspriet, verlengstuk van mas, bo-mas; stenge windreep: tou waarmee die steng opgehys word.

stengh: sien steng.

sterk water: salpetersuur; spiritus, alkohol.

sterkers, ook sterrekers: tuinkers (Lepidium sativum) die kiemsaad van die sterkers word as toespys of op brood geëet.

sterrekers: sien sterkers.

stert: oorblyfsel van drank in ’n vat, restant.

steunders: verbindingshoute in skepe.

steven: op steven lopen: ’n skip teenhou, ’n skip ontmoet.

stinkpotten: stankverwekkende projektiele wat gebruik is om die vyand te verdryf.

stipuleeren: vasstel, bepaal, beding; toesê, beloof; eis.

stirpes: in stirpes: in stake of takke (van die familie).

stoel: wiellose affuit van ’n mortier.

stok: (hoog) op stok loopen: iets sal baie kos, die koste daaraan verbonde sal hoog wees.

stokebrand: aanstoker van ’n hartstog of twis.

stolpen: omslaan.

stonde: tydstip; tyd van onbepaalde duur.

stonden (mv.): sien stonde; van stonden aan: sonder uitstel, aanstonds; voortaan.

stoop: metaal- of erdevat met ’n nou bek en oor, kruik, kan; inhoudsmaat vir vloeistowwe (ongeveer 1/16 anker).

stooten: bots met die seebodem, ’n rots of sandbank.

stootgaren: de zeilen op stootgaren zetten: die seile se toue losmaak en dit slegs met dun tou aan die ra vasbind sodat dit maklik losgesny kan word.

stootkar: handkar wat gestoot word.

stortkar: kar wat geledig kan word deur die bak agteroor te wip.

stoter: ou Hollandse munt, later gebruik as rekenmunt.

stout: hooghartig, fier; ondernemend; vrymoedig; oormoedig, vrypostig, aanmatigend; brutaal; standvastig; hardnekkig; kloekmoedig; ongehoorsaam, ondeund; fors, stewig, kragtig.

stouwagie: alles wat gebruik word om die lading van ’n skip vas te laat lê.

stracx: oombliklik, terstond.

streek: een van die 32 onderafdelings waarin die kompas ingedeel is.

stribbeling: rusie, getwis, geharwar; verset, teëstribbeling; moeilikheid, onaangenaamheid.

strict: noukeurig, presies, stip, streng.

strictelijk: noukeurig, presies, streng, stip.

strijck, ook strijk: flank, kant, sy van ’n bolwerk; strykbalk.

strijk: sien strijck.

stropkous: kous wat styf om die been pas.

struwelagtige: struikagtige.

stuagie, ook stuasij, stuwage: lading, wyse waarop goedere in die ruim van ’n skip gelaai is.

stuagielijst, ook stuasielijst: lys van goedere wat in ’n skip gelaai is.

stuasielijst: sien stuagielijst.

stuasij: sien stuagie.

stuk: op/in het stuk van op die punt van.

stukken: geskut.

stutten: teëhou, stuit, verhinder.

stuurreep: tou waarvan die middelste gedeelte om die stuurrad gedraai word en die punte by die roerpen bymekaarkom.

stuuwen, ook verstuuwen: duwend voortbeweeg; opeenpak, opeenstapel; ’n skeepslading sodanig pak dat dit nie kan verskuif nie en die minste ruimte in beslag neem.

stuwage: sien stuagie.

sub dato: onder die datum van.

sub en opreptif: verkryging deur verswyging of verminking van die waarheid.

sub: onder, by, teen, om.

subaltern: van laer rang, onderhorig.

subalterne: ondergeskikte, iemand van ’n laer rang.

subiet, ook subijt, subijte, subite, subitet: plotseling, onverwags; dadelik, onmiddellik; snel.

subijt: sien subiet.

subijte: sien subiet.

subijtelijck: plotseling, dadelik, onmiddellik, onverwags.

subite: sien subiet.

subitet: sien subiet.

subject 1 (s.nw.): onderdaan.

subject 2 (b.nw.): onderworpe, onderdanig; onderworpe aan, gehoorsaam aan, verplig tot, onderhewig aan; onderwerp, punt; ten subjecte: betreffende die onderwerp van.

subliment: sien supplement.

submissie: onderwerping, onderworpenheid, ootmoed.

subordineeren: ondergeskik maak aan, onderwerp.

subrogeren, ook surrogeeren, surrogeren: in die plek stel van (iemand anders).

subschribeeren, ook subscribeeren: onderskryf, onderteken, jouself skriftelik verbind.

subscribeeren: sien subschribeeren.

subsisteeren: bestaan, lewe, lewensonderhoud vind.

subsistentie: onderhoud, lewensonderhoud; bestaan.

substantie: stof waaruit ’n voorwerp bestaan, materie; goedere, vermoëns; inhoud van ’n geskrif; kern van ’n saak, hoofsaak.

substitueeren: persoon of saak in die plek van ’n ander stel.

substitutie: vervanging, die oordrag van die uitvoering van ’n las of die uitoefening van ’n reg aan iemand anders.

substraheeren: aftrek, onttrek.

subveniëren: voorkom, te hulp kom.

subverteeren: omkeer, omverwerp, omstoot, verwoes, verniel.

succedeeren: opvolg; geluk, slaag, sukses hê.

succembeeren, ook succumbeeren: onderlê, die nederlaag ly, beswyk.

successeur: opvolger.

successief: agtereenvolgens, opeenvolgens.

successivelijk: agtereenvolgens.

succinct: beknop.

succumbeeren: sien succembeeren.

sufficant: sien suffisant.

suffiçant: sien suffisant.

sufficante: sien suffisante.

sufficieeren: genoegsaam wees.

sufficient: toereikend, voldoende.

suffisant, ook suffiçant, sufficant: voldoende, genoegsaam, geskik, in staat; sterk, solied, deeglik.

suffisante, ook sufficante: voldoende, genoegsame, toereikende.

suijd: sien zuijd.

summarium: sien sommarium.

sunderen: pols.

supediteren: toereik, verskaf.

super solutie: oorbetaling.

supercarga: persoon aan boord ’n koopvaartskip/vragskip belas met die toesig oor en verkoop van die lading.

supercedeeren, ook supersederen, supersideeren: uitstel, nalaat; stilsit, jou van ’n saak onttrek.

supersederen: sien supercedeeren.

supersideeren: sien supercedeeren.

suppediteeren, ook suppetiteren: verskaf, aan die hand doen, behulpsaam wees, meedeel.

suppetiteren: sien suppediteeren.

supplecie, ook supplesie, suppletie: aanvulling (van ’n tekort), vervulling (van ’n vakature); iets wat as aanvulling dien.

suppleeren, ook suppleren, zupeleeren, zuppleeren: aanvul, vergoed, vervang.

supplement, ook subliment: aanvulling, vervanging.

suppleren: sien suppleeren.

supplesie: sien supplecie.

suppletie: sien supplecie.

suppliant: iemand wat ’n versoek indien by of rig tot ’n owerheid, versoeker, aansoeker.

supplicatie: versoek, versoekskrif.

suppliceeren: smeek, ootmoedig versoek.

supplicq: smeekskrif.

suppoost: ondergeskikte, onderhorige, handlanger.

suppoosten (mv.): sien suppoost.

supprimeeren: verbied, vernietig.

supreneeren: verras, verbaas, verwonder.

surcheantie: opskorting, uitstel.

surcheeren, ook surcheren, sursceren, surseeren: opskort, uitstel.

surcheren: sien surcheeren.

surmonteeren: te bowe gaan, oortref.

surpriese: sien surprise.

surprise, ook surpriese: verrassing, verbasing, verbasende handeling.

surrogeeren: sien subrogeren.

surrogeren: sien subrogeren.

sursceren: sien surcheeren.

surséance: opskorting, uitstel.

surseeren: sien surcheeren.

suspecteeren: verdink, agterdog koester.

suspendeeren: skors.

suspens: sien suspensie.

suspensie, ook suspens: skorsing, opskorting.

susteneren, ook sustenteren, sustineeren, sustineren, sustuneren: staande hou, aanvoer, beroep op; ondersteun, onderhou, versorg; verdra, meen, dink, beweer.

sustentatie: onderhoud, ondersteuning, versorging.

sustenteren: sien susteneren.

sustenue: bewering, mening, gevoel, punt wat bepleit word.

sustineeren: sien susteneren.

sustineren: sien susteneren.

sustuneren: sien susteneren.

swaardveeger, ook zwaardveeger: wapensmit.

swaerd: versameling planke in die vorm van ’n skuins ovaal, wat aan die kant van ’n klein vaartuig vasgemaak word om te verhoed dat dit afdryf.

swakheijt: sien ganingh.

swaluwen: sien zwaluwstaart.

swieping: dun lat wat aan kosyne, steierplanke, ens. geheg word om dit in posisie te hou.

T

tacite: stilswyend, swygend; geheim.

taedieuse: verdrietige.

tafel: voedsel.

taffachelas, taffa cillers: fyn, wit gestreepte klede wat met swart deurstik is.

tafta: dun, gladde systof.

talie: trektou, werktuig tot verplasing van laste.

taliën: aan ’n talie of takel ophys.

talijs: takels, versameling van toue en katrolle wat gebruik word om swaar laste te verskuif.

taling: wilde eendvoël.

talstok: beukehoutstok waarop verdelings aangebring is en waarvolgens die ladings vir die verskillende kaliber vuurwapens afgemeet is.

talud: helling aan die kant van ’n pad, dyk, kade of wal.

tamarinde: geneeskragtige moes wat van die vrug van die tamanindeboom gekook word.

tamboer: trommerslaner.

tangh: sluis of horisontale balk wat op twee vertikale pale rus om die plek waar die water in die see uitvloei, te versterk.

tantieme, ook tantime: bonus.

tantime: sien tantieme.

tantum: bedrag, som.

tap 1: kraan; spy; pen van ’n skip se roerhaak.

tap 2: verkoop van wyn op klein skaal; inrigting waar drank verkoop word, herberg.

tapneringh: die verkoop van wyn, bier en ander sterk drank.

tapperij: kroeg.

taptoe: aandsinjaal (gee aan almal die reg om huis toe te gaan).

tara: sien tarra.

tardantie: vertraging.

tardeeren, ook tarderen: talm, uitstel, vertoef, agterbly, versuim.

tarderen: sien tardeeren.

tarible: sien terribel.

tarra, ook tara: verskil in gewig van goedere met en sonder verpakking.

taruwen: sien tarw.

tarw, ook tarwe, taruwen: koring, tarwe.

tarwe: sien tarw.

tax, ook taxt: taks, skatting, waardering; heffing, belasting.

taxatie: begroting, raming, skatting, geskatte waarde.

taxeeren: begroot, raam, skat; oordeel; aanslaan.

taxt: sien tax.

te mets: somtyds, miskien, van tyd tot tyd.

teegenseggen: weerspreek.

teen: voet (van ’n berg).

teffens: terselfdertyd, tegelyk; daarby, bowendien, ook.

tegenseggen: weerspreek.

tegenspreeken: tegenseggen.

teij: sien tij.

tempeest: storm, onstuimige weer.

temperament: ooreenstemming, kompromis; gesteldheid.

tenailje: vesting met twee sye wat ’n inspringende hoek met mekaar vorm.

tendeeren, ook tenderen: begeef na, koers neem, gaan in die rigting van, rig na; strewe; ’n bepaalde strekking hê; lei tot, tot gevolg hê.

tenderen: sien tendeeren.

teneur, ook tenuijre: inhoud of trant van ’n geskrif.

tentamen: poging, voorproef, voorlopige ondersoek.

tenuijre: sien teneur.

ter degen: sien terdege.

terdege, ook ter degen: behoorlik, na behore, goed.

tergiversatie: aarseling, uitvlug, omweg.

termineeren: beëindig, tot ’n einde bring.

terribel, ook tarible: vreeslik, verskriklik, ontsettend, gevaarlik.

territoir: staatsgebied; regsmag.

testamentair: op ’n testament berustende, by testament bepaal.

testeeren: testamentêre beskikking maak.

testimonium: getuigskrif.

theeboei: sien theeboeij.

theeboeij: swart tee, tee van ’n lae gehalte; Sjinese tee genoem na die berg Boe-ie of Woe-ie in die provinsie Hokkien.

therindaen: fyn moeseliendoek van sy of katoen.

thuij anker: anker waarmee ’n skip met lae gety geanker word.

thuij touw, ook thuijtouw: tou wat aan die tui-anker vasgemaak word.

thuijn: om den thuijn geleijd worden: bedrieg word, gefop word.

thuijtouw: sien thuij touw.

ticht, ook tigt: stroming wat soms op die oop see voorkom.

tigt: sien ticht.

tij, ook teij: gety.

tijdelijck, ook tijdelijk: tydig, vroeg.

tijdelijk: sien tijdelijck.

tijfferen: aftap, lek, sypel.

tijt: in der tijt: wat dan diens doen.

tilbaar: roerend.

titul: benaming, erenaam, opskrif.

tjap, ook sjap: stempel, merkteken, seël.

tobbens: houtvate met twee ore.

toedempen: opvul, toegooi.

toeduwen, ook duuwen: iets op ’n harde toon aan iemand sê.

toenaam: familienaam.

toere: bij toere: om die beurt.

toetakelingh: skip van die nodige uitrusting voorsien.

toewitzers: waarskynlik ’n skryffout vir houwitzers (sien houwitzer ).

togen 1 (s.nw.): segment- of steekboë.

togen 2 (ww.): trek, voortgaan, onderweg wees na.

tolereeren, ook tollereeren: verdra, duld, toelaat; moontlik maak.

tollereeren: sien tolereeren.

tondel, ook tonder: maklik ontvlambare stof, bestaande uit halfverkoolde katoen of linne, of die vrug van sommige kurkagtige swamme, wat vroeër gebruik is om die vonk van die vuurslag op te vang.

tonder: sien tondel.

torment: pyniging, kwelling, foltering, marteling.

torn: aanval.

toucheeren, ook toucheren, toutcheren: betref, aangaan, handel oor, verband hou met, aanraak, aanroer, beledig.

toucheren,: sien toucheeren.

toutcheren: toutcheeren.

traan: walvisolie.

tracteeren: behandel, bearbei, afhandel, verhandel; onderhandel; iemand behandel, bejeën; onthaal.

tractement: behandeling, bejeëning; onthaal; besoldiging; beloning, soldy.

traficque: handel (veral in selfvervaardigde ware), koopmansbedryf, nering; swaar arbeid.

train: gang, die loop van sake; en train: in swang, aan die gang, op dreef; in de train gediend: sleep, gevolg.

traineeren: sleep.

translaat: vertaling, vertaalde stuk.

translateeren: vertaal.

travaat, ook travaet: harde winde, rukwind; kort hewige windvlaag met stortreent.

travaet: sien travaat.

traverseeren: dwarsboom, in die wiele ry.

treeft: ysterdriepoot waarop potte in die kombuis oor die vuur geplaas is; rooster in ’n pan of ketel geplaas.

treijl: treklyn van ’n skuit; zeil en treil: tuig van ’n skip.

treijn: oorlogh treijn: alle voertuie wat gebruik word om krygsbehoeftes te vervoer.

treil: versameling van touwerk; seil ende treil: seile en touwerk van ’n skip.

trekker: sneller.

trijp: fluweelagtige stof wat uit wol geweef word.

trocque, ook troucque: ruil.

trocqueeren: ruilhandel dryf.

troep, ook troup: kudde, trop, hoop, bende.

troggelen: iets listig of met bedrog van iemand verkry.

troijs: gewig; die pond de trois was in 12 ons verdeel, wat elkeen 10 Franse greine swaarder geweeg het as die Franse ons.

trommel: roeren der trommel: trommel; trommels roeren: trommel.

tromp: voorste opening van die loop van ’n vuurwapen, mondstuk van ’n kanon.

trooijschen: sien troijs.

troonen: iemand deur aanhoudende, vleiende aandrang beweeg om êrens heen te gaan.

tros: tou wat uit drie of vier stringe gevleg is; ijsere tros: kabel van die beste hoedanigheid; wieltros: dun tou.

trosseringe: straatroof, straatskending.

trotteeren: draf.

trouble: onrus, wanorde, verwarring; volksbeweging, volksopstand.

troubleeren: vertroebel, veronrus, stoor, verwar.

troucque: sien trocque.

troup: sien troep.

tseffens: sien seffens.

tumultueus: oproerig, wanordelik.

turbateur: onrusstoker, versteurder.

turbeeren: verontrus, beroer, verwar, stoor.

turbulent: woelig, onrustig, onstuimig.

Turkse pas: seebrief of vrygeleide wat aan skepe voorsien is om te herinner dat hulle deur seerowers van Barbarye, Noord-Afrika, lastig geval word.

tutucor: tutucor dekens: komberse uit Tuticorin.

tutucorijnse: tutucorijnse deekens: komberse uit Tuticorin.

tweebak: brood wat twee keer gebak is, beskuit.

U

uijtgeschotene: geld uijtschieten: geld vir die rekening van andere of ter bestryding van koste waarin andere moet deel, uit te gee (vergelyk uitschieten ).

uijtlegger: skip wat op stroom gelê word, buite die hawe.

uijtlopen: in see loop, uitvaar; inhaal en verbyvaar.

uijtsoetelen: sterk drank verkoop.

uijtvieren: tou laat uitloop na buite.

uijtwijsens: soos aangetoon deur.

uitschieten: uitschieten der premie: geld uitgee vir die rekening van iemand anders, of ter bestryding van die koste waarin ander moet deel.

ultimo: op die laaste (dag van die maand).

unaniem: eenstemmig, eendragtig, eenparig, eensgesind.

universeel: algemeen, allesomvattend, algeheel.

urgeeren: op iets aandring.

usact: sien usantie.

usaet: sien usantie.

usage: sien usantie.

usantie, ook usact, usaet, usage: gewoonte, gebruik.

useeren: gebruik, verslyt.

usus: gebruik.

ut ante: soos tevore.

ut antea: soos eerder genoem.

ut peritur: soos versoek word, ooreenkomstig die inhoud van die versoek.

ut supra, ook utsupra: soos hierbo.

utsupra: sien ut supra.

V

vacatie: tyd wat bestee word in amptelike werk, tydbesteding of werk in iemand anders se diens.

vacatiegelden: vergoeding toegeken vir vacatie.

vaceeren: oopval, onbeset raak; ledig wees; geleentheid gee om iets te doen.

vagabond: landloper, swerwer; skelm, skurk, boef, deugniet.

vagabondeeren: swerwende bestaan voer, swerf.

valetudinair: sieklik of swak.

valideeren: as betaling toegeken word, in rekening gebring word; geld, van krag wees.

vallent: vallent water, water valt: die water daal of sak, veral by eb.

valuatie: waardebepaling, muntkoers.

value: waarde.

variabel: veranderlik, afwisselend, onbestendig.

varieeren: verander, wissel.

varkenstaart: instrument waarmee ’n geweerloop skoongemaak word; loodboor.

vastehuijt: buitewand van ’n skip.

vehement: hewig, heftig, geweldig, sterk, onstuimig.

vehementie: hewigheid, onstuimigheid, geweld.

veijl: te koop.

veltteijcken: veldteken, leërstandaard, vaan.

veneratie: verering, eerbied, aanbidding.

venereeren: vereer, eerbied betoon, eerbiedig, hoogag, aanbid.

venia aetatis: sien veniam aetatis.

veniam aetatis, ook de venia aetatis, venia aetatis: meerderjarigverklaring van iemand wat nog nie die wetlik vasgestelde ouderdom bereik het nie, verlening van handelingsbevoegdheid.

veniam: verlof, vakansie.

venten: smous, te koop aanbied.

ventileeren: deeglik oorweeg, ondersoek; in die openbaar uiting gee aan, ’n mening lug.

veragteren: agter raak, agteruitgaan.

veragtering: vermindering, agteruitgang.

veralieneeren: vervreem.

verbaal: woordeliks, mondeling; verslag, verhaal.

verbaliter: woordeliks, van woord tot woord, letterlik.

verbesigen: gebruik.

verbolgen: boos, kwaad, vertoornd; onstuimig.

verbotenus: woordeliks.

verbrot: verknoei.

vercken: watervaatjie, kleiner as die legger wat in die ruim van die skip bly lê het; die verckens is in ’n roeibootjie na land gestuur om met water gevul te word.

verdeck: sien verdek.

verdek, ook verdeck: vlak van ’n skip geheel of gedeeltelik oordek dat dit meestal as vloer gedien het; elk van hierdie vlakke is in sommige skepe bo mekaar aangebring; soms bepaald die boonste dek.

verding: verding aangaan: verdrag of ooreenkoms aangaan.

verdoen 1 (s.nw.): ten verdoen van: tot gebruik van, tot vrye beskikking van.

verdoen 2 (ww.): zich verdoen: jou eie lewe neem.

vereeren: as eerbewys aanbied, skenk.

verering: geskenk, present.

vergaderingh: skeepsvrag.

vergiettest: erdekom met gaatjies in die bodem, wat gebruik word om nat groente in te laat droog word.

vergost (verlede tyd van vergunnen ): vergun.

verhandrijken: ter hand stel, oorhandig, oorlewer.

verhijpotequeeren, ook verhipoteceeren: verpand, onroerende goedere vir geld verpand.

verhipoteceeren: sien verhijpotequeeren.

verhoetelen: verbrou.

verificatie: bevestiging, bewys.

verificeeren: sien verifieeren.

verifieeren, ook verificeeren: egtheid of juistheid van iets vasstel of ondersoek, waarmerk, bevestig, bekragtig.

veritable: waarlik, werklik; opreg, eg, onvervals.

verledigen: van ander werk onthef, besighou.

verleegen: bederf deurdat dit lank nie gebruik is nie.

verleemdt: verlam.

verlet: verhindering, beletsel; verwaarlosing, uitstel, verskuiwing; tydverlies.

verligting: steun, hulp.

verloopen, ook verlopen: verbygaan, verstryk.

verlopen: sien verloopen.

verluijden: laat bekend word; zich laten verluijden: te kenne gee, te verstaan gee, laat merk.

vermaagtschap: deur verwantskapsbande verbind.

vermaken: maak; verander, hernieu; herstel, beter maak, opknap, in orde bring.

vermangelen: verruil, verwissel van koopware.

vermeenen: hoop, verwag.

vermetenheid: vermetelheid, aanmatiging, onbeskoftheid.

vermits: aangesien.

vernoemde: voornoemde, verwys na iets wat tevore genoem is.

verorberen: eet, nuttig.

verpraeijen, ook verpreijen: verbygaande skip aanroep.

verpreijen: sien verpraeijen.

verquicking: verkwikking, versterking.

verrekken: sterf, vrek.

verschalken: mislei, fop; met lis betrap.

verschansing: versterking; vesting, bewalling, bolwerk; tralies om die kant van ’n skeepsdek; afsluiting.

verscheen: verval (geldwissels).

verscheene: vervalle.

verscheenen: verval.

verschieten: (geld) voorskiet.

verschot: geldelike inkomste, voorraad; voorskot.

verseeren: met iets besig wees, verkeer met, wees met.

verseijlen: strand.

versellen, ook verzellen: vergesel.

verseren: verkeer, oefen.

verslimmeren: vererger.

verslimmering: verergering, verswakking.

versloffen: verwaarloos.

versproken (verlede tyd van verspreeken ): verbygaande skip aanroep (vergelyk verpraeijen ).

versteeken: verberg, versteek.

verstek: versuim om te verskyn, wanneer voor die regbank gedaag word.

verstelt: verbaas, verskrik, onthuts.

verstendigen: meedeel, onderrig.

verstikt: versmoor, vergaan.

verstuijven: vervlieg.

verstuuwen: sien stuuwen.

verthogende: vertonende.

vertier: koop en verkoop, omset; ruilhandel.

vertieren: verander, verwissel, verhandel, verruil.

vertuien: een schip vertuien: ’n skip tussen twee ankers geanker laat lê.

vervaardigen: maak, saamstel.

vervaarlijk: angswekkend, skrikwekkend, vreesaanjaend.

vervoegen: begewe na, wend tot.

vervorderen: voortsit, laat vorder.

vervuuren: verteer deur vuur (gesê van hout wat deur ’n sekere soort swamsiekte aangetas word).

verwilligingh: toestemming.

verwulf, ook verwulft: gewelf.

verwulfen, ook verwulven: oorwelf.

verwulft: sien verwulf.

verwulven: sien verwulfen.

verzellen: sien versellen.

vetler: vet leer.

vexatie: kwelling, vergesel, moeite, ergernis.

vexeeren, ook fexeren, vexeren: pla, kwel, verontrus, vererg.

vexeren: sien vexeeren.

victualie, ook victualien, victualij: lewensmiddele wat op ’n reis, veral ’n skeepsreis, saamgeneem word, mondvoorraad.

victualieeren: van lewensmiddele voorsien, proviandeer; voed, spysig.

victualien: sien victualie.

victualij: sien victualie.

victualiseren: van voedsel versien.

vide: sien.

vidimeeren: afskrif vergelyk met die oorspronklike.

vierschaar: regbank; vierschaar spannen: regsitting hou.

vies: de Hottentotten sijn seer vies op die tabak: die Hottentotte het ’n walging van die tabak.

vigeeren: van krag wees.

vigelant: waaksaam, wakker.

vigeleeren: sien vigileeren.

vigeur: krag, werking, geldigheid.

vigilant: waaksaam, wakker.

vigilantie: waaksaamheid, vlyt, ywer.

vigileeren, ook vigeleeren, viguleeren: waaksaam wees, skerp waarneem, oppas, uitsien om iets te kry.

viguleeren: sien vigileeren.

vijgetouw: tou wat van vyeboombas gemaak is.

vilain: gemeen, boers.

vilipendeeren: verag, versmaai.

vilipendi: sien vilipendie.

vilipendie, ook vilipendi: minagtende uitlating, minagting, beskimping.

vilipendiën (mv.): sien vilipendie.

vindicatie: aanspraak, eis; wraak.

vingerling, ook vingerlingh, vingerlink: ysterhaak aan die roerstewe van ’n skip waaraan die roer hang.

vingerlingh: sien vingerling.

vingerlink: sien vingerling.

violeeren: skend, ontheilig, verkrag, onteer; die wet oortree.

violentie: geweld, gewelddadigheid.

vis segen, ook vis zegen, viszeegen: visnette.

vis zegen: sien vis segen.

viseerende: viseerende sijn: van krag wees, van toepassing wees op.

visitatie: ondersoek, inspeksie, besoek.

visiteeren: besoek, deursoek, ondersoek, besigtig.

viskeetel: pot waarin vis gekook word.

visser: swaar dekbalk van ’n skip waardeur die mas gaan.

viszeegen: sien vis segen.

vivres: lewensmiddele.

vlakken: gelyk maak; vlek.

vleck, ook vlek: dorp.

vlek: sien vleck.

vleugel: windwyser; klein gesplitsde vlag wat aan die mas waai.

vleugelhek: stukkie hout wat verhoed dat die vleugel op en neer skuif (vergelyk vleugel ).

vloeren: fluweel.

voedsterheer, ook voetsterheer: beskermheer.

voet: de wet met voeten treden: volstrek in stryd met die wet handel.

voetsterheer: sien voedsterheer.

voijagie, ook vojagie: reis.

voiture: voertuig, wa, koets; vervoer.

vojagie: sien voijagie.

volatiel: vlugtig, verdampend.

volhandig: veel te doen hê; volhandig weer: weersgesteldheid wat tot gevolg het dat die skeepsvolk hulle hande vol het.

volraapen: muur met klei bestryk.

volumineus: omvangryk; dik, lywig.

voluminositeit: lywigheid, dikte, grootheid van omvang.

volvaardig: volkome gereed; bereidwillig.

volveerdigh: ten volle.

voordachtelijck: opsetlik, moedswillig.

voorgeallegeerde: voorheen genoemde.

voormarszeijl: seil wat bo-aan die fokmas gehys word.

voorstander: bevorderaar, beskermer; iemand wat ten gunste van iets is of dit bepleit.

voorsteng: verlenging van die fokkemas.

voortuijg: tuig van die fokmas.

voorwagen: tweewiel-voertuig wat voor ’n affuijt gespan word (vergelyk affuijt ).

voorzaat: voorvader, stamvader; voorganger in ’n amp.

vota: stemme.

vrack: wrak, gestrande skip.

vrangen: geboë houtwerk, buikstukke van ’n skip.

vrivool: sien frivool.

vroemoer: vroedvrou.

vuijl: vuijle gronden: water wat te gevaarlik is om te bevaar of om in te anker.

vulte: volheid.

vuure, ook vuuren: vuure(n) balkdeelen: planke van vuuren-/vurenhout veral uit Noord- en Oos-Europa afkomstig.

vuurenhout: dennehout.

vuurtang: ’n lang tang waarmee die smid sy werkstuk uit die vuur haal.

vuurwerkers: vuursmid.

W

waagheschot: sien wagenschot.

waakrok: kledingstuk wat van geoliede linne gemaak is en deur seelui gedra is.

waanwijs: verkeerde manier van optrede, vreemde handelswyse, eiewys.

waarboos: sien waarlo.

waardie: sien waardij.

waardij: waarde, prys.

waarlo, ook waarloo, waarboos, waarloos: alle onderdele wat as voorsorgmaatreël as reserwe ingeskeep word om ’n voorwerp van gelyke aard te vervang.

waarloo: sien waarlo.

waarloos: sien waarlo.

wachten: oppas.

wachtmeester, ook wagtmeester: onderoffisier in die ruitery, in rang gelyk aan ’n sersant in die infanterie.

wagenschot, ook waagheschot: dun planke, gesaag uit hout wat in die lengte gekloof is; oorspronklik die sykant van ’n wa.

wagten: onthou.

wagtmeester: sien wachtmeester.

wakende: wakende anker: anker wat met ’n boei gemerk is.

waker: lont wat tot gerief van die skeepsvolk dag en nag brand.

wal: lager wal: kus waar die wind van die see in die rigting van die land waai.

walgangh: gang binne ’n wal onder die borswering waarop die geskut geplaas is.

walvisbaard: balein in die bek van ’n walvis.

wambaisje: sien wambuis.

wambuis, ook wambaisje: manskledingstuk wat die bolyf bedek.

wan 1: nutteloos, sleg, onvolkome, verkeerd, skadelik.

wan 2: mandjie gebruik om koring en kaf te skei.

wan 3: blaasbalk van ’n smid.

wan 4: lek, lekkasie; tekort wat ontstaan as gevolg van inkrimping.

wand, ook wandt, want, wanth: alle toue aan boord ’n skip; staande en lopende wand/want: alle vaste en los toue/gebruikte en ongebruikte toue aan boord.

wandevoir: pligsversuim, gebrek aan pligsbetragting, wangedrag.

wandt: sien wand.

wang, ook wangh: klamp, systuk of stut wat gebruik is om ’n mas of iets anders wat swak geword het, te versterk.

wangh: sien wang.

wannigheijt: bederf, kragteloosheid, ledigheid, leegheid, nutteloosheid.

wanschickelijck: onvanpas.

want: sien wand.

wanth: sien wand.

wapenhandel: die hanteer en gebruik van (vuur)wapens.

wapenkreet: oorlogskreet (as aanmoediging of herkenningskreet), leuse.

war-agtig: verwarrend.

warmoesland: groetetuin.

warrig: onbeheerbaar, koppig, twissiek.

wartel: bout of haak met ’n oog wat in die rondte kan draai.

wat: nommer in ’n lotery waarop ’n prys geval het.

watergang: dik eikehoutplank wat van voor na agter aan weerskante van die dek strek (vergelyk lijfhout ).

watergat: gat in ’n muur waardeur die water kan wegvloei.

waterlegger: vat waarin soet water aan boord bewaar is.

waterstag: tou wat van die stewe van ’n skip na die boegspriet loop.

wederseggen: herroep.

wederwaerdigheijt: opstandigheid, verset.

weeg: wand, muur; houtmuur of afskorting.

weegering, ook weegeringh: al die planke waarmee die romp van ’n skip van binne uitgevoer is.

weegeringh: sien weegering.

weet: kennisgewing.

wegen: wat betref.

wellen: golf, spoel, onder dryfsand bedek raak.

welneemen: goedkeuring.

werkstellig: werkstellig maken: ten uitvoer bring.

wersijde: aan die linkerkant.

weshalven: om welke rede, waarom.

wetenschap: kennis; medewete, toestemming.

wieltros: klein troslyn, met drie of vier stringe gevleg, met ’n lengte van omtrent 120 vadem.

wijders: verder, bowendien, origens.

wijgerigh: onwillig, wederstrewig.

wijngaardenier: wynbouer.

wildsang: wilde praatjies.

wimpel: lang, smal vlag wat onder die admiraalsvlag aan die mas gehys word.

windboom: vierkantige stuk hout, staaf wat deur die wen-as/in ’n spil gesteek word om dit te laat draai.

windreep: tou waarmee die steng of bo-mas opgehys word.

winkel: hoek, kronkel.

winkelknie: reghoekige knie.

wintboom: houtbalk wat gebruik is om ’n spil mee te draai.

winterlaegh: winterlaegh houden of liggen: in veilige hawe bly gedurende die winter.

wisscher: sien wisser.

wisser, ook wisscher: instrument waarmee ’n kanonloop skoongemaak word nadat dit afgevuur is.

woelagtig: woelig.

woeling: opwindsel van gebruikte draad/kettings of tou, aangewend om die boegspriet op sy plek te hou.

worp: swaar balk in die agterskip.

worst 1: uitgerafelde tou; end van ’n swaar tou wat buite ’n skip gehang word om te verhoed dat die skip teen ander voorwerpe skuur.

worst 2: fakkel waarvan die pit uit kabeltou gedraai is en aan ’n wors herinner.

wrevelig: ontstemd, misnoeg, knorrig.

wrevelmoedigh: vermetel, halsstarrig.

wrijven: sien aanwrijven.

wringen: saamdruk, saampers, ineenstrengel, knel.

wt.: lees uit.

Wtrecht: lees Utrecht.

wtsichten: lees uitsichten.

wulft: gedeelte van ’n skip se agterstewe wat oor die water hang.

wulp: voël wat tot die orde van die sleltlopers behoort.

wyck: wykplaas, toevlug.

Z

zaadhout: sien saadhout.

zaije: sien saai; zaije linten: linte van sajet.

zalempouris: sien salempouris.

zaling, ook saling: dwarshout aan die top van die mas, waarmee die mars gesteun word.

zanen: fyn materiaal uit Bengale.

zargie: sien sargie.

zayette: van sajet.

zee bouwen: die see bevaar.

zeecortijn: die muur tussen twee bolwerke aan die seekant van die kasteel (vergelyk cortijn ).

zeegen: sien sege.

zeeschuijmer: seerower.

zeffens: ’t zeffens: tegelyk.

zegen: sien sege.

zeijet: sajet, gare van gekamde wol; zaijette koussen: kouse wat van sajet gemaak is.

zeijl kooij: bergplek vir die seile aan boord ’n skip.

zeijlaes: zeijlaes ordre: seilinstruksies, opdrag aan skip in verband met die koers van die skip, lading, ens.

zeijlage: al die seile van ’n skip; die vaart van ’n skip.

zeijtgeweer: sien sijdgeweer.

zeilree: gereed om te seil.

zeug, ook seug: langwerpige staaf metaal (veral lood).

zeugh: gewig van 300 lb.

zijdereder: syfabrikant.

zijlagie: al die seile op ’n skip; die vaart of loop van ’n skip.

zijtgeweer: sien sijdgeweer.

Zirees: Zirees seck: wyn van Xeres, sjerrie.

zolderveer, ook solderveer: dun lat wat tussen die solderplanke geplaas word.

zonnetent, ook sonnetent: seildoek wat oor die dek gespan is.

zoo: sien durk.

zood: hout beskot, geplaas in die kiel van die skip asook rondom die voet van die groot mas en rondom die pompe, om dit te beveilig teen stampe en inspoelende water.

zoulaas: sien soulaas.

zucht: siekteverskynsel wat gekenmerk word deur die opswelling van ’n bepaalde liggaamsdeel as gevolg van die versameling van vog daarin.

zuijd: de zuijd: streek wat in die suide geleë is; om de zuijd varen: weswaarts vaar; om de zuijd: weswaarts; de zuijd: ’n suidelik geleë landstreek.

zupeleeren: sien suppleeren.

zupercederen: sien supercederen.

zuppleeren: sien suppleeren.

zwaardveeger: sien swaardveeger.

zwaluwstaart: verbindingswyse waarby die end van ’n stuk hout in die vorm van ’n swaelstert uitgesny en in die soortgelyke end van ’n ander gevoeg word, sodat albei ente sigbaar is (vergelyk swaluwen ).